Bool Smuts begin alweer

User avatar
Termiet
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Fri Dec 11, 2009 12:53 pm

Bool Smuts begin alweer

Post by Termiet »

Manne, gaan kyk bietjie op die Getaway web blad en dit selfs in die boek vir die maand ook. Bool Smuts alweer besig met sy streke om ons gatte toe te stop. 'n Mens kan op die web blad onder die artikel iets se daaroor. Ek sien daar paar manne wat se dat van daai foto's gesteel is en nie waar is nie. Ek wil net julle laat weet want daai man piss my af by die dag.

Die boesmans se mos ons kom terug na ons dood as 'n dier........ek wens Bool kom terug as 'n jakkals want hy is een.............sommer voor die loop inbeweeg.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Eugene »

Aim small, miss small
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Marc »

Dankie Eugene
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Jake1 »

Bool is 'n baie goeie bemarker. Bemarking weet ons is 'n gewetenlose wereld, die fotos is na bewering gesteel deur Bool en die foto met die Bruin Hyena op is glo nie eers in ons land geneem nie, maar in Namibië waar hulle wel geskiet mag word-dus uit en uit mis-informasie. Landmark Foundation word gefonds deur skenkings. Ek sal geen skenking aan 'n organisasie maak as hulle steel en onwaarhede verkondig nie. Hoe kan Getaway so 'n artikel plaas met gesteelde en mis-informasie? As Getaway dit nie regstel nie is hy ook van nou af van my boekrak af. Al is dit 'n nie winsgewende organisasie wonder ek of hy ook gratis sy dienste lewer vir die organisasie......

Ek kan aan soveel ander gebiede dink waarop hulle (Landmark Foundation) ernstig kan fokus en regtig 'n verskil maak aan die natuurlewe, en bewaring kan afdwing, maar sensasie verkoop nog altyd goed. Is hulle doel dan nou om die natuur te bewaar of om geld in te samel, ek verstaan nie so mooi nie.

Dis gevaarlik om te krap waar dit nie regtig jeuk nie, veral nie aan 'n onskuldige boer en sy skape nie. As Bool so aangaan word hy sommer binnekort in die publiek se oë ongeloofwaardig, "give him rope"- hy is besig om homself op te hang. Hy moet eenvoudig ontbloot word.

J1
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Jean Marais »

Dis maklik. Die jakkalsjagters sal ophou jakkalse en ander ongediertes skiet as Bool se stigting elke boer se skade 100% sal vergoed.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by martinf »

Gee hul gas.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by cassie_calvinia »

daai man is mal.
hy weet mos nou al, hoe slegter hy die boere se, hoe meer $$$ rol in vir sy nuwe range rover(seker sonder seats, want hul seats kom mos van dooie beeste af).
so hy gaan ons nog sleg se dat dit bars.
of dit nou in ons land is of nie, hy worry nie, daai misinformasie foto is alweer geld in sy sak.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by theedge »

Het so bietjie gaan lees - die manne gee hom gas hoor, dink hy moet bietjie wakker skrik
Tallies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Sat Aug 18, 2012 10:04 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Tallies »

Kerels ek boer self en op my inkomstestaat is daar geen bydra van die jakke nie.So daar is ook nie plek vir hulle in my boerdery nie.Maar ek wil 'n klip in die bos gooi.Is ons(jagters/boere) nie deels verantwoordelik vir die gemors wat Bool kwytraak nie.My stelling is: as daar nie foto's is nie het hy nie bewyse nie!
Ek vra mooi.Moet asb nie julle trofee's aan die trallies hang en voor die koperasie stilhou dat almal dit kan sien nie,die jakke aan die drade ophang vir die wereld dit moet sien nie en die foto's links en regs op sosiale media plaas nie.Ek wil so ver gaan om die moderators te vra om die foto's op die forum te vebied.
Twee weke gelede was daar 'n kursus waar die RPO(rooivleisprodusente organisasie) en NWKV(nasionale wolkwekers vereniging) betrokke was wat gehandel het oor ongediertebeheer.Op die kurses is gepleit juis oor die foto's wat in die "groenes" se hande beland(onwetend), wat meer skade veroorsaak as wat dit goed doen.
Dit het op 'n stadium so ver gegaan dat die 4 groot kettingwinkels 'n vergadering bele het met die RPO om te protesteer teen die manier van jag van ongediertes.
Onthou jou jagplek(speelplek) is op die boer se grond,respekteer hom en dink aan die gevolge van jou optrede.

Groete
Tallies
User avatar
Bulvegter
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Bulvegter »

Tallies wrote:Kerels ek boer self en op my inkomstestaat is daar geen bydra van die jakke nie.So daar is ook nie plek vir hulle in my boerdery nie.Maar ek wil 'n klip in die bos gooi.Is ons(jagters/boere) nie deels verantwoordelik vir die gemors wat Bool kwytraak nie.My stelling is: as daar nie foto's is nie het hy nie bewyse nie!

Ek stem saam.
Boskamper
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Boskamper »

Waarheid oor die foto's, en dis ongelukkig so dat die groen ouens ons eie foto teen ons kan gebruik.
Gebruik maar die wysheid waarmee Tallies ons vermaan.
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico

Llama 38 spesialtjie

WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by cassie_calvinia »

bool weet hoe sukkel ons met jakkalse. hy weet die problem raak net erger. dan sal hy wragtag se die goed gaan uitsterf!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by G-force »

Help nie almal kla hier nie.Gaan los n "comment" daar,baie mense lees Getaway.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Geno »

Tallies wrote:Kerels ek boer self en op my inkomstestaat is daar geen bydra van die jakke nie.So daar is ook nie plek vir hulle in my boerdery nie.Maar ek wil 'n klip in die bos gooi.Is ons(jagters/boere) nie deels verantwoordelik vir die gemors wat Bool kwytraak nie.My stelling is: as daar nie foto's is nie het hy nie bewyse nie!
Ek vra mooi.Moet asb nie julle trofee's aan die trallies hang en voor die koperasie stilhou dat almal dit kan sien nie,die jakke aan die drade ophang vir die wereld dit moet sien nie en die foto's links en regs op sosiale media plaas nie.Ek wil so ver gaan om die moderators te vra om die foto's op die forum te vebied.
Twee weke gelede was daar 'n kursus waar die RPO(rooivleisprodusente organisasie) en NWKV(nasionale wolkwekers vereniging) betrokke was wat gehandel het oor ongediertebeheer.Op die kurses is gepleit juis oor die foto's wat in die "groenes" se hande beland(onwetend), wat meer skade veroorsaak as wat dit goed doen.
Dit het op 'n stadium so ver gegaan dat die 4 groot kettingwinkels 'n vergadering bele het met die RPO om te protesteer teen die manier van jag van ongediertes.
Onthou jou jagplek(speelplek) is op die boer se grond,respekteer hom en dink aan die gevolge van jou optrede.

Groete
Tallies

Hoekom moet ons nie fotos neem van iets wat ons wettiglik, vir die beskerming van vee, wild en kleinwild doen?
Dit net om nie die liberale af te pi$ nie?
Wanneer gaan ons ophou jammer voel oor dit wat ons doen, as ons weet ons doen die regte ding?

Sodra jy voel jy moenie wys wat jy doen nie, net om ander partye tevrede te stel, het hulle alreeds gewen.
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Eugene »

Geno wrote:

Ek wil tog hier saam met Geno stem! Ek is een van die ouens wat bepleit het dat grusame jagfotos met uitpop oë en erg baie bloed, nie op die sosiale media soos facebook geplaas moet word nie, want dit kan ander mense moontlik ontstel. Ek dink egter ook dat die fotos wat veral deur G&G geplaas word, net 'n tentoonstelling van hulle sukses is en dat alles daarop wettig gedoen is en daarom is daar geen rede om skaam te voel of dit weg te steek nie.

Ek dink natuurlik ons moet baie meer fotos van verskeurde skape en bokke op die sosiale media plaas op alle plekke waar Bool en sy trawante besig is. Ek is van oordeel dat jakkalse baie beter daaraan af is met een loodpil, as die skaap of bok wat basies lewend gevreet word....

Miskien sal dit mense se koppe bietjie swaai!
Aim small, miss small
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by cassie_calvinia »

geno
ek stem saam.
hul loop en raas, en dreig. maar...bv pick 'n pay, wat is hulle wins uit vleis? miljoene!
hul sal nooit vleis boikort nie, want hul verloor miljoene.
so, ou bool, en sy rooinek tjommies kan maar raas. vee jou af aan hul, en post jou fotos.
en, al verban hul jakkalsjag, sal middelpos se polisie nog vir my ry ook saans. niks wat 'n slagding nie kan regmaak nie
HOU HOM DAAI DIKTE
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by jamalley »

Ek stem saam oor die plasing van fotos op elektroniese media, wat teen ons gebruik word, maar kan nie met die "boolshit", wat die man verkondig saamstem nie.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by NicoSmit »

Niemand mag mos 'n foto van jou gebruik sonder jou toestemming nie ?
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Mac »

en sy rooinek tjommies
Iets teen ons rooinekke Cassie? Of leef jy nog in die voortrekker era
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by cassie_calvinia »

Mac wrote:
en sy rooinek tjommies
Iets teen ons rooinekke Cassie? Of leef jy nog in die voortrekker era
ai tog! oom weet wat ek bedoel! sorry
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Chevvy SS »

Die foto-ding op Facebook bv. is walglik. En dis nie soseer net ongediertes nie, maar wild ook. Dis net bloed en derms waar jy kyk. Ek het juis om daardie rede daardie forums verlaat.

Ek het 2 moontlike oplossings:
1. Maak die ongediertedeel net vir lede.
2. Plaas oral op die sosiale media fotos van alle vee wat vermink is.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Capt. Yoda »

Geno wrote:
Tallies wrote:Kerels ek boer self en op my inkomstestaat is daar geen bydra van die jakke nie.So daar is ook nie plek vir hulle in my boerdery nie.Maar ek wil 'n klip in die bos gooi.Is ons(jagters/boere) nie deels verantwoordelik vir die gemors wat Bool kwytraak nie.My stelling is: as daar nie foto's is nie het hy nie bewyse nie!
Ek vra mooi.Moet asb nie julle trofee's aan die trallies hang en voor die koperasie stilhou dat almal dit kan sien nie,die jakke aan die drade ophang vir die wereld dit moet sien nie en die foto's links en regs op sosiale media plaas nie.Ek wil so ver gaan om die moderators te vra om die foto's op die forum te vebied.
Twee weke gelede was daar 'n kursus waar die RPO(rooivleisprodusente organisasie) en NWKV(nasionale wolkwekers vereniging) betrokke was wat gehandel het oor ongediertebeheer.Op die kurses is gepleit juis oor die foto's wat in die "groenes" se hande beland(onwetend), wat meer skade veroorsaak as wat dit goed doen.
Dit het op 'n stadium so ver gegaan dat die 4 groot kettingwinkels 'n vergadering bele het met die RPO om te protesteer teen die manier van jag van ongediertes.
Onthou jou jagplek(speelplek) is op die boer se grond,respekteer hom en dink aan die gevolge van jou optrede.

Groete
Tallies

Hoekom moet ons nie fotos neem van iets wat ons wettiglik, vir die beskerming van vee, wild en kleinwild doen?
Dit net om nie die liberale af te pi$ nie?
Wanneer gaan ons ophou jammer voel oor dit wat ons doen, as ons weet ons doen die regte ding?

Sodra jy voel jy moenie wys wat jy doen nie, net om ander partye tevrede te stel, het hulle alreeds gewen.
Stem ook saam met Oom Geno.Die goed word wettig gedoen so niemand hoef enige iets weg te steek nie.Dit is tyd dat jagters ook wys hul is trots op wat hul doen.
Sit net n "watermark" op jou foto soos wat G&G doen dan 1.11.1 daai man as hy jou goed gebruik.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Jake1 »

Die watermark idee sal beslis werk, goeie plan. Sit 'n ordentlike een op, dis nie te moeilik om 'n kleintjie te verwyder met photoshop nie.

J1
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Capt. Yoda »

Jake1 wrote:Die watermark idee sal beslis werk, goeie plan. Sit 'n ordentlike een op, dis nie te moeilik om 'n kleintjie te verwyder met photoshop nie.

J1

Tegnies het jy nie eers n watermark nodig op n foto nie...
"All photos are copyrighted the minute they're created, whether the photographer takes steps to protect the image or not. These rights are international by agreement, treaty and the Berne Convention. The copyright is the exclusive property of the "author", artist, or photographer."
maar as iemand dit verwder sonder dat jy daar van weet is dit net bq makliker om hom te piets.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Bool Smuts begin alweer

Post by Jake1 »

Oblivious ja, tegnies het jy nie een nodig nie, maar 'n ou sal 2 keer dink voor hy jou foto steel as hy 'n watermark op het.

J1
Post Reply