Watter motivering vir tweede 12br
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1882
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Watter motivering vir tweede 12br
Ek vra bietjie raad asb. Het reeds 'n enkel loop 12br vir duiwe en tarentale en wil nou pompaksie bykoop. Ek het toegewyde jag en sportskiet op my naam. Ek het gedink aan motivering soos die skiet van probleem diere (ystervark) in die mielies waar soms vinnige opvolg skote geskiet moet word. Vraag is of dit alleen voldoende sal wees aangesien ek reeds enkel loop het. Julle opinies asb.
Maak 'n verskil
-
Landy
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sat Jul 06, 2013 7:18 pm
Re: Watter motivering vir tweede 12br
Ratel sit dit op vir kleiduif skiet aangesien jy toegewyde sport status het
Hoeveel gewere is genoeg?
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 727
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: Watter motivering vir tweede 12br
Kry een van die ouens wat op www.guntree.co.za adverteer om jou motivering te doen, hulle kleim 100% sukses en die fooi is slegs R250.
Met jou toegewyde status sal jy geen probleem hê nie.
As een persoon lisensies kon kry twee SxS's, drie O/U's en drie Semi-outo's hoef jy nie te bekommer nie.
Met jou toegewyde status sal jy geen probleem hê nie.
As een persoon lisensies kon kry twee SxS's, drie O/U's en drie Semi-outo's hoef jy nie te bekommer nie.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Watter motivering vir tweede 12br
Looplengte verskil...
Op een het jy Reddot vir bosvarke en ystervarke, ander een gebruik jy net vir voels of kleiduif...
Een is te swaar vir in die veld ronddra en ander een is lig vir loop en voels jag....
Een is meer geskik vir een doel en ander een weer meer vir ander doel....
Daars baie moontlikhede!

Aim small, miss small
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Watter motivering vir tweede 12br
Motiveer een vir probleem diere en die ander vir kleiduif. Die vinnige opvolg is dan vir daai tweede skoot op die klei en die enkeloop is die vir probleem dier beheer
Ek het myne so gedoen, Semi Auto vir Kleiduif en Pompaksie vir probleem diere
Ek het myne so gedoen, Semi Auto vir Kleiduif en Pompaksie vir probleem diere
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner