Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit manne
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Gebruik die Swart -kruit manne ook gietpunte of koop julle winkel punte?
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Ek het die Lee REAL bullet mould gebruik om 250gr (ek dink) koeels te giet vir my .50cal. Hulle was moeilik om te seat omdat die riwwe gemaak is om in die groewe van die geweer te graveer as jy hom seat. Hulle was baie akuraat tot 50m en val dan uit die boot. Die spesifieke geweer is maar bedoel vir sabbots skiet. Maar dit was toe en nou is daar nie meer kruit beskikbaar om die goed te skiet.
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Hallo Gert,
Ons giet ook maar self alhoewel daar seker skuts is wat koop. Die punt wat jyself giet is gewoonlik beter afhangende van wie jou gietstuk gemaak het. Ook meer bevredigend. n Persoon met die naam van Mike Neumann (in Kempton Park woonagtig) was altyd die beste persoon om jou gietstuk te maak en was self n Springbokskut op sy dag. Hy het die kuns verstaan. Weet nie of hy dit nog doen nie en het ongelukkig nie sy nommer nie.
Oorsee is Lyman, Lee, RCBS, SAECO, Nei, gietstukmakers. Dan is daar ook spesialiste soos oa, Paul Jones, Steve Brookes, LBT etc. Almal goeie vakmanne met goeie produkte. Google en jy sal baie gietstukmakers kry. Weet ongelukkig nie wie anders in RSA gietstukke maak nie.
Groete
Ferdi Bam

Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Hi daar Gert
Wat se ding is 'n punt?
Koeel?
Wat se ding is 'n punt?
Koeel?
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
470 Rigby
Ek wou toe net `n punt maak omtrent `n koeel wat ek wil laat giet....
Die manne wat weet het my mooi verduidelik, nou weet ek wat om te doen en alle punte is baie duidelik gemaak om `n goeie projektiel te kry met `n ronde punt.
Dit is nou as ek my eie gietwerk doen...
Ek wou toe net `n punt maak omtrent `n koeel wat ek wil laat giet....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Goeie dag FerdiFerdi Bam wrote:Hallo Gert,
Ons giet ook maar self alhoewel daar seker skuts is wat koop. Die punt wat jyself giet is gewoonlik beter afhangende van wie jou gietstuk gemaak het. Ook meer bevredigend. n Persoon met die naam van Mike Neumann (in Kempton Park woonagtig) was altyd die beste persoon om jou gietstuk te maak en was self n Springbokskut op sy dag. Hy het die kuns verstaan. Weet nie of hy dit nog doen nie en het ongelukkig nie sy nommer nie.
Oorsee is Lyman, Lee, RCBS, SAECO, Nei, gietstukmakers. Dan is daar ook spesialiste soos oa, Paul Jones, Steve Brookes, LBT etc. Almal goeie vakmanne met goeie produkte. Google en jy sal baie gietstukmakers kry. Weet ongelukkig nie wie anders in RSA gietstukke maak nie.
Groete
Ferdi Bam
Ek het toevallig my gietblok by Mike Neumann laat maak, ek behoort die blok volgende week te kry. Ek het Mike se besonderhede by manne van die White Smoke forum gekry, hulle almal het net goeie dinge oor Mike Neumann se werk vertel.
Dit is regtig `n lekker vertakking van gewere die gietwerk rondom punte/koeels wat ek self wil doen. Dit help `n mens net meer verstaan van wat punte doen en wat nodig is om die tipe punte/koeels te laat werk.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Hallo Gert,
Mike sal vir jou die beste doen wat hy kan en jy sal nie spyt wees nie. Jy sal moet rondspeel met die loodmengsel vir jou geweer. In my 45-70 gebruik ek n 1:20 mengsel, in die Martini gebruik ek weer linotype wat heelwat harder is. Sommige gebruik weer wielgewigte. Jy moet ook ingedagte hou dat gewere wat met buskruit skiet nie dieselfde smeermiddel(lube) gebruik as nitro gewere nie. Ek dink Lee maak n Alox lube wat goed is vir nitro. So maak Lyman ook n goeie produk, en dan is daar ook n SPG lube wat goed is. Wanneer jy die lood aanmaak onthou om die loog gereeld af te haal en aanhoudend die lood skoon te maak met Marvalux(flux), n Brownells produk. Vir interessantheid kan jy dit ook doen met n geskilde aartappel, maar moet die aartappel net nie eet daarna nie, dis dan letterlik n loodpil wat jy sal sluk. n Ou boereraad wat nogal goed werk.
Dra maar jou beskermde klere en pasop vir n sweet druppel wat in die warm lood val terwyl jy giet. Baie hou n bakkie met water naby waarin die koeëls gegooi word om te temper maar wees versigtig dat daar nie druppels na die warm loodpot se kant toe spat nie.
Jy weet seker al die goed maar dis net n bietjie goeie advies. Lekker giet.

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Ferdi
Vertel tog asb die aartappel resep?
Groete,
338LM
Vertel tog asb die aartappel resep?
Groete,
338LM
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
En moenie jou warm lepel in die water laat afkoel en dan in die warm lood druk nie........
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Mars67
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Daar is verskillende maniere om te flux. Nog 'n resep is om houtskaafsels op die gesmelte lood te gooi. Dit verkool en laat 'n lagie koolstof/houtskool op die lood wat oksidasie verhoed.
Ek gebruik 'n smeltkroes met 'n tuitjie onder (bottom pour) wat geskik behoort te wees hiervoor maar ek gebruik net kers-was om te flux. Ek gooi so elke nou en dan 'n stukkie so groot soos 'n ertjie in en roer behoorlik. Wees versigtig want die dampe wat afgegee word kan vlam vat as die lood warm genoeg is. Ek hou daarvan om die lood elke nou en dan te roer want dit verseker dat die mengsel eenvormig bly. Vir ons is dit belangrik dat die gewig van die koeëls so naby as moontlik aan mekaar moet wees en ons kry dit redelik goed reg. Vir my langafstand koeëls "swage" ek die koeëls nadat ek dit gegiet het maar dit is nog steeds belangrik om te begin met 'n goeie koeël as basis. Nadat die koeëls geswage is weeg hulle 583.4 grein plus of minus 0.1 van 'n grein met die oorgrote meerderheid presies 583.4 gr.
Ek het letterlik al duisende koeël punte gegiet en het nog altyd uitstekende resultate op hierdie manier gekry.

- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Gert ek maak my eie nitro lube vir die lube-o-matic. Werk goed vir my gewere en my pistool.
Moet nie te duur daarvoor betaal as jy wil koop nie, maak self en spaar sommer klompie rande.
Waar beplan jy op gas checks te kry vir daai 404 van jou??
Moet nie te duur daarvoor betaal as jy wil koop nie, maak self en spaar sommer klompie rande.
Waar beplan jy op gas checks te kry vir daai 404 van jou??
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
338LM,
Sny die aartappel in die helfte en skil. Druk dan n staalpen van ongeveer 300mm lank in die aartappel en druk dan in warm lood. Wees net versigtig want die vog in die aartappel borrel vir n oomblik en dan kan jy die aartappel gebruik om die lood te roer soos wat jy giet. Jy sal sien die aartappel word swart van die loog. Gebruik elke helfte so 3x. Jy gebruik maar n paar aartappels in so sessie maar as jou ander flux klaar is kan dit uithelp.
Dis belangrik om die lood gereeld te roer. Dit gaan oor eenvormigheid want soos met alle skiet-aktiwiteite is dit ook maar n kwessie doen alles dieselfde elke keer, elke dag tot in lengte van dae vir die beste resultate.
Groete
Ferdi Bam
Sny die aartappel in die helfte en skil. Druk dan n staalpen van ongeveer 300mm lank in die aartappel en druk dan in warm lood. Wees net versigtig want die vog in die aartappel borrel vir n oomblik en dan kan jy die aartappel gebruik om die lood te roer soos wat jy giet. Jy sal sien die aartappel word swart van die loog. Gebruik elke helfte so 3x. Jy gebruik maar n paar aartappels in so sessie maar as jou ander flux klaar is kan dit uithelp.
Dis belangrik om die lood gereeld te roer. Dit gaan oor eenvormigheid want soos met alle skiet-aktiwiteite is dit ook maar n kwessie doen alles dieselfde elke keer, elke dag tot in lengte van dae vir die beste resultate.
Groete
Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Dankie Ferdi
Ek hou daarvan om my "sprue" elke keer direk terug in die pot te gooi. Ek glo dit help ook om so 'n bietjie te roer. Kry goeie eenvormigheid van gewig en hardheid, deur die hele sessie.
Groete,
338LM
Ek hou daarvan om my "sprue" elke keer direk terug in die pot te gooi. Ek glo dit help ook om so 'n bietjie te roer. Kry goeie eenvormigheid van gewig en hardheid, deur die hele sessie.
Groete,
338LM
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Manne , dit is nou lekker om so baie inligting van julle manne te kry. Mike Nuemann het vandag laat weet dat die gietblok klaar is, ek sal so gou moontlik die gietblok in die hande kry.
Ek gaan die gietproses werklik geniet, my groot vriend Chris Moolman het Vrydag vir my `n gietpot gebou nadat ek hom presies verduidelik het wat ek nodig het. Ek sal nou begin fotos neem van die giet pot en van daar af fotos oplaai soos ek in die nuwe aspek van skiet inbeweeg. Wat ek verseker weet is dat ek skielik `n hele paar mede giet-entoesiaste het wat my alles sal vertel soos wat ek aanbeweeg.
Groot dankie vir julle bydrae, die entoesiasme word werklik verwelkom. Ek het besluit om my eie gascheck punch te draai op die draaibank, daaroor sal ek ook fotos oplaai onder die Selfmaak projekte.
Ek het ook ingedagte om my eie "swage" die op die draaibank te draai wat ek in die RCBS herlaai pers gaan inskroef en soedoende lube in die gleuwe in te smeer. Ook gaan ek `n die maak wat die gas-checks op die koeels aanbring....
Ek hoor nog steeds graag van julle manne, baie dankie....

Ek gaan die gietproses werklik geniet, my groot vriend Chris Moolman het Vrydag vir my `n gietpot gebou nadat ek hom presies verduidelik het wat ek nodig het. Ek sal nou begin fotos neem van die giet pot en van daar af fotos oplaai soos ek in die nuwe aspek van skiet inbeweeg. Wat ek verseker weet is dat ek skielik `n hele paar mede giet-entoesiaste het wat my alles sal vertel soos wat ek aanbeweeg.
Groot dankie vir julle bydrae, die entoesiasme word werklik verwelkom. Ek het besluit om my eie gascheck punch te draai op die draaibank, daaroor sal ek ook fotos oplaai onder die Selfmaak projekte.
Ek het ook ingedagte om my eie "swage" die op die draaibank te draai wat ek in die RCBS herlaai pers gaan inskroef en soedoende lube in die gleuwe in te smeer. Ook gaan ek `n die maak wat die gas-checks op die koeels aanbring....
Ek hoor nog steeds graag van julle manne, baie dankie....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Gert die eenvoudigste is om 'n die vir jou Lube resizer te maak en met hom size en plaas jy die GC met 1 slag.
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Pvwd
Ek het nou `n ou 450 Lyman sizing/lube press gekry maar het net `n .385 die, ek sal die die groter draai na .421 wat my punte/koeels sal size en lube gee, ek moet net eers Mike Neumann se gietblok kry en my nuwe punte giet wat dan die presiese mates vir my sal gee om mee te werk....
Ek het nou `n ou 450 Lyman sizing/lube press gekry maar het net `n .385 die, ek sal die die groter draai na .421 wat my punte/koeels sal size en lube gee, ek moet net eers Mike Neumann se gietblok kry en my nuwe punte giet wat dan die presiese mates vir my sal gee om mee te werk....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
FerdiFerdi Bam wrote:Hallo Gert,
Mike sal vir jou die beste doen wat hy kan en jy sal nie spyt wees nie. Jy sal moet rondspeel met die loodmengsel vir jou geweer. In my 45-70 gebruik ek n 1:20 mengsel, in die Martini gebruik ek weer linotype wat heelwat harder is. Sommige gebruik weer wielgewigte. Jy moet ook ingedagte hou dat gewere wat met buskruit skiet nie dieselfde smeermiddel(lube) gebruik as nitro gewere nie. Ek dink Lee maak n Alox lube wat goed is vir nitro. So maak Lyman ook n goeie produk, en dan is daar ook n SPG lube wat goed is. Wanneer jy die lood aanmaak onthou om die loog gereeld af te haal en aanhoudend die lood skoon te maak met Marvalux(flux), n Brownells produk. Vir interessantheid kan jy dit ook doen met n geskilde aartappel, maar moet die aartappel net nie eet daarna nie, dis dan letterlik n loodpil wat jy sal sluk. n Ou boereraad wat nogal goed werk.
Dra maar jou beskermde klere en pasop vir n sweet druppel wat in die warm lood val terwyl jy giet. Baie hou n bakkie met water naby waarin die koeëls gegooi word om te temper maar wees versigtig dat daar nie druppels na die warm loodpot se kant toe spat nie.
Jy weet seker al die goed maar dis net n bietjie goeie advies. Lekker giet.
Groete
Ferdi Bam
Verduidelik asb. die term "Lino type" vir my, ek het al baie daarvan gelees, dit is een of ander produk wat die mense gebruik by die drukkerye, ek is net nie seker wat dit presies is nie....
Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
PvwdPvdw wrote:Gert ek maak my eie nitro lube vir die lube-o-matic. Werk goed vir my gewere en my pistool.
Moet nie te duur daarvoor betaal as jy wil koop nie, maak self en spaar sommer klompie rande.
Waar beplan jy op gas checks te kry vir daai 404 van jou??
Kan jy jou lube mengsel vir nitro/nuwe kaliber gewere met my deel asb? Ek sal graag die lube self wil maak.
Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- Mars67
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Gert
Linotype is 'n mengsel van 4% Tin, 12% Antimoon en 84% Lood. Die drukkerye het dit in die ou dae gebruik om die druk pers se letters uit te giet. Dit is baie hard vir 'n lood mengsel en mens kan dit boonop "quench" deur die warm koeël uit die gietblok in koue water te laat val.
Kyk ook hier http://en.wikipedia.org/wiki/Type_metal, http://www.theantimonyman.com/testingmetals.htm en hier http://www.lasc.us/castbulletalloy.htm
Ek sal graag foto's van jou smeltkroes wil sien. Wat het julle gebruik as element en hoe reguleer julle die hitte?
Linotype is 'n mengsel van 4% Tin, 12% Antimoon en 84% Lood. Die drukkerye het dit in die ou dae gebruik om die druk pers se letters uit te giet. Dit is baie hard vir 'n lood mengsel en mens kan dit boonop "quench" deur die warm koeël uit die gietblok in koue water te laat val.
Kyk ook hier http://en.wikipedia.org/wiki/Type_metal, http://www.theantimonyman.com/testingmetals.htm en hier http://www.lasc.us/castbulletalloy.htm
Ek sal graag foto's van jou smeltkroes wil sien. Wat het julle gebruik as element en hoe reguleer julle die hitte?
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling Swart kruit mann
Gert,
Lyman het ook n boek uitgegee wat alles van die gietproses behandel. Het dit al by S&O gesien. Ek het ook al Paul Matthews se boeke gelees wat hierop van toepassing is maar hy(Matthews) se boeke gaan hoofsaaklik oor hoe om met die doppielaaiers te skiet(black powder cartridge rifle oftewel BPCR). Goeie leesstof is altyd die moeite werd want nadat jy gelees het kan jy dit dan prakties probeer toepas.
Ek het byvoorbeeld my eie temperatuurmeter gekoop waarsonder ek nie kan klaarkom nie. Die temperatuur van jou mengsel moet reg wees. Te koud n te ligte koeël en weer te warm te swaar en die lood maak dan "frosting" wat die koeël bros en swak maak.