In die laaste week was daar heelwat manne wat self kolwe wil en kan bou, maar net so 'n hup-stootjie nodig het.
Ek het die laaste twee weke so 'n projek tussen my werk deur aangepak en my self verbaas met die uitkoms. Ek het heelwat foute gemaak, maar as jy 20 jaar in die "shopfitting" bedryf is weet jy hoe om "pleisters" te plak op die "oepsies".
Ek gaan op hierdie draad foto's opsit van die projek soos ek gevorder het.
Ek het met Deserthunter ooreen gekom dat ons sy draad sal gebruik vir besprekings en almal is welkom om insette te lewer.
Ek sal nie al die foto's op een slag kan plaas nie en daarom vra ek mooi dat julle nie op die draad sal post voordat die projek klaar is nie. Dit sal verhoed dat die draad onnodig uitgerek word.
Ek is nie 'n kenner of spesialis nie. Ek bou net kolwe vir my self omdat ek nie duur "winkel-kolwe" kan bekostig nie en omdat ek die gereedskap het.
Insette is welkom.


