PROTECTA vs POMPAKSIE
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
PROTECTA vs POMPAKSIE
ek soek so paar menings asb,ek twyfel tussen die 2,dit gaan meestal maar in die kluis staan en is meer vir veiligheid
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: PROTECTA vs POMPAKSIE
Johan,
Hael is 'n goeie opsie vir wanneer dinge skeef loop en jy bietjie meer lood wil gooi. Hou in gedagte jou toepassing gaan soms binnehuis wees, dus sal die Protecta dalk 'n voordeel hou. Maar
* Hoe betroubaar is hulle?
* Kan jy hulle maklik lisensieer? Haelpomp kan maklik onder jag val of sport skiet. Ek glo nie die P is toelaatbaar vir sport nie.
Ek kyk op Gun Site en die manne is nie baie + nie (ander dink weer dis fantasties) http://www.gunsite.co.za/forums/showthr ... ecta/page2, gaan soek elders vir die Protecta se betroubaarheid. Hel dis 'n lelike ding ;-) Hoeveel kos hulle?

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: PROTECTA vs POMPAKSIE
Koop n semi outo. Indien hy slegs n vier skoot magasyn het, kan jy n extender tot 9 koop. Dan sit jy vir albei bogenoemde ore aan.
Veiligheid eerste manne!
-
Chrisjan
Re: PROTECTA vs POMPAKSIE
Ek het al met die protecta geskiet, hy skiet alles mis op 25m. Gaan eerder met iets met 'n langer loop wat jy meer mee kan doen. Die pomp aksie is 'n beter bet.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: PROTECTA vs POMPAKSIE
Carl die protecta gaan my n slagskaap kos,die semi auto Mossberg kos 6500.dit het my net afgesit dat hy net 4patrone vat maar pierre se plan kan werk.vriend van my het altwee met toegewyde jagters gekry
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: PROTECTA vs POMPAKSIE
Kom ek gee maar my mening. Dis net dit, my mening. Ek sal nie beweer dat ek al die feite onder die knie het nie.
Ek het al met verskeie Protecta's geskiet. Hulle skiet lekker. Die met die "Armson OEG" op, is nogal akkuraat met slugs ook. Betroubaarheid is goed. Vuurtempo is goed, vir die eerste 12 skote. En daarna kom die probleem - by die herlaaislag. Die ding vat jaaarrre om weer vol te kry. Daarmee saam, moet jy KYK waar jy laai. En jy moet hom klaar vol laai, voordat daar weer 1 patroon met die loop oplyn. Jy moet hom ook dolleeg skiet, voordat jy weer kan laai. Nee, jy kan volmaak voordat hy dolleeg is, maar dit vat ten minste net so lank.
As jy met 'n pompaksie werk, kan jy leer om te laai, sonder om te kyk. Vir sekerheids-werk, hier in en om die huis, werk dit die beste om 2 te skiet en dan weer 2 te laai. (Jy kan ten enige tyd ekstra patrone instop, as daar plek in die magasyn is.) Die res in die pyp is daar vir noodgevalle. Leer om vinnig te laai, sonder om jou oë van die teiken of bedreiging af te haal.
Gewoonlk is pompaksies ook makliker om te dra en vervoer, omdat hulle baie platter is as die Protecta se dik silinder. Ek verkies ook die instinktiewe hantering van 'n gewone pompaksie, met gewone kolf. Haelgewere met metaal voukolwe lyk dalk "cool" op die TV skerm, maar hanteer nie juis lekker vinnig (en pynloos) nie.
Dra spaar ammo op die geweer (ammu-houers op kant van aksie of kolf) en op jou lyfband. Die tipe band wat 25 patrone (of meer, afhangende van jou omtrek) in lussies hou, is dalk beter as die tipe wat 4 op mekaar stapel in 'n kassie. (Vir sportskiet, is die 4 patroon kassies seker beter, maar die patrone mag dalk rondval in die houer, as jy nie al 4 gebruik nie.)
As jy vir enige rede 'n kompakte haelgeweer sou verkies, sou ek aanbeveel dat jy een van die pompaksies met die korter 5-skoot magasyn aanskaf. Laat jou vriendelike wapensmid die loop afsny, gelyk met die magasyn se voorkant, en die korrel terugskuif. Hou die gewone kolf! Pistool-greep, i.p.v. 'n kolf is kompak, maar ek kan niks raakskiet daarmee nie.
Dus, volgens my ondervinding, is die Protecta die vinnigste vir die eerste 12 skote (mits hy klaar gelaai was). Daarna, steek die gewone pompaksie hom verby. As jy die haelgeweer leeg moet stoor, omdat hy nie op 'n Sec 13 lisensie is nie, is die pompaksie natuurlik blitsig, om 1 in die kamer te kry. Die magasyn vat ook nie baie lank nie. Die Protecta moet jy weereens vol laai, voordat 1 oplyn.
Ek hou ook nie van die tipe pompaksie, waar jy 'n knoppie moet inhou, om die magasyn te kan aanvul nie. (Bv Musler, Beretta.) Niks fout met hulle kwaliteit nie, maar ekstra knoppies is ekstra moeite en konsentrasie.
Miskien sal dit 'n goeie idee wees, om by 'n klub uit te kom, wat "prakties" skiet (IPSC of IDPA), met haelgewere. Leen van jou vriende, wat daar deelneem, se haelgewere en skiet 'n paar bane. Dis nogal 'n "eye opener"! Ek sê nie jy moet alles op die haelgeweer vasplak, wat die prakiese manne (en meisies) gebruik nie, maar daar sal jy sien wat werk en wat nie. Nogal 'n goeie leerskool vir jou ook.

- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: PROTECTA vs POMPAKSIE
As jy oefen met die Protecta sal hy bobaas wees vir huis beveiliging. Dis maklik om hom te "short stroke" as jy vinnig wil skiet. Maar as jy oefen en jy ken sy nukke wil ek nie by jou huis inbreek nie!
Ek wil my verstout om te se as 12 skote nie jou probleme gaan oplos nie, is jy in groot K...

- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: PROTECTA vs POMPAKSIE
johans wrote:Carl die protecta gaan my n slagskaap kos,die semi auto Mossberg kos 6500.dit het my net afgesit dat hy net 4patrone vat maar pierre se plan kan werk.vriend van my het altwee met toegewyde jagters gekry
Jy kry semis wat 6+1 vat en as jy die extender buis opsit kry jy hom 11+1.
Ek en G-Force het dit saterdag oggend gesit en bepreek.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: PROTECTA vs POMPAKSIE
Johan
Ek het laas week een van neef Lomon daar in Dewetsdorp se lammers geëet, julle lam is baie beter as die ding ;-)
Soos 338LM hier bo noem
Ek weet dis goedkoop maar einde van die dag is dit jou lewe, en wanneer jy jou arm uitsteek vir 'n hael geweer, dan is dinge al redelik erg. Tensy jy met die intrap slag wil stem dik maak. Ek het so vinnig gelees wat skryf sommige op Gunsite. Sy grootste nadeel is herlaai, akkuraatheid en gewig. Ek dink nie dit is 'n oplossing buite die huis nie, maw as jy op die werf 'n man moet aanvat. Een persoon het ook genoem jy kan 'n pomp aksie vinniger herlaai terwyl jy beweeg of in dekking is.
My gevoel is as ek kon sou ek eerder 'n AR vat maar die goed is net te duur.
Ek het laas week een van neef Lomon daar in Dewetsdorp se lammers geëet, julle lam is baie beter as die ding ;-)
Soos 338LM hier bo noem
Ek weet dis goedkoop maar einde van die dag is dit jou lewe, en wanneer jy jou arm uitsteek vir 'n hael geweer, dan is dinge al redelik erg. Tensy jy met die intrap slag wil stem dik maak. Ek het so vinnig gelees wat skryf sommige op Gunsite. Sy grootste nadeel is herlaai, akkuraatheid en gewig. Ek dink nie dit is 'n oplossing buite die huis nie, maw as jy op die werf 'n man moet aanvat. Een persoon het ook genoem jy kan 'n pomp aksie vinniger herlaai terwyl jy beweeg of in dekking is.
My gevoel is as ek kon sou ek eerder 'n AR vat maar die goed is net te duur.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: PROTECTA vs POMPAKSIE
Een van my pelle het 14 jaar terug n inbreker in sy broer se huis geskiet met SSG, op die naeltjie. Ou is dood voor die ambulans kon opdaag.
http://152.111.1.87/argief/berigte/dieb ... /5/15.html
http://152.111.1.87/argief/berigte/dieb ... /5/15.html
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: PROTECTA vs POMPAKSIE
carl ek ken vir lomon en daniel goed.eks nie baie gepla oor die protecta wat moeilik herlaai nie,jy sal nie meer as 12 haelpatrone nodig he nie.wat ek vergeet het om te se is dat ek reeds n enkeloop het,so as ek die protecta vat twyfel ek of ek later n pompaksie ook sal kan motiveerCarl wrote:Johan
Ek het laas week een van neef Lomon daar in Dewetsdorp se lammers geëet, julle lam is baie beter as die ding ;-)
Soos 338LM hier bo noem
Ek weet dis goedkoop maar einde van die dag is dit jou lewe, en wanneer jy jou arm uitsteek vir 'n hael geweer, dan is dinge al redelik erg. Tensy jy met die intrap slag wil stem dik maak. Ek het so vinnig gelees wat skryf sommige op Gunsite. Sy grootste nadeel is herlaai, akkuraatheid en gewig. Ek dink nie dit is 'n oplossing buite die huis nie, maw as jy op die werf 'n man moet aanvat. Een persoon het ook genoem jy kan 'n pomp aksie vinniger herlaai terwyl jy beweeg of in dekking is.
My gevoel is as ek kon sou ek eerder 'n AR vat maar die goed is net te duur.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: PROTECTA vs POMPAKSIE
Mens kan seker so redeneer, dat as die 12 skoot uit kom is dit vir die laaste staan plek. Dit is beslis baie beter as lee hande verdediging. Maak seker elke skoot tel.
Stuur groete vir die neefs.
Stuur groete vir die neefs.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: PROTECTA vs POMPAKSIE
My 2c pomp aksie al die pad met LG niks maak iemand se oe en ore so mooi oop soos die span va n pomp aksie nie volgens my baie vinnig as jy gereeld skiet en oefen vat die lang loop.
Beretta
Beretta