JA..JA...JA.. ONS IS NOU GATVOL HIERVOOR!!!
Ek stem saam oor hierdie een.
Wouter jy het mooi gevra en ek sien jy soek na antwoorde.
As ek die wildboer was vir een oomblik.
1. As boer sou ek 'n goeie video kamera stelsel ingestel het wat my vrae kan beantwoord oor mis en kwes skote. Ek sou 'n vidoe maak en kyk wat het die skoot gedoen. Was dit mis of was dit 'n kwesskoot.
Miskkote sal ek nie oor bekommerd wees nie want nie die boer of jagter lei skade nie.
Kwesbokke kan dan opgevolg word.
2. As boer sal ek meer betrokke wees. Te veel boere boer vanuit hulle sitkamers. (My vriende gaan my seker hieroor kruisig) Te veel verantwoordelikheid en verwagtinge word aan gidse en voormanne gegee. Hulle is leef op die broodlyn en 'n bride van 'n paar rand is soos manna uit die hemel vir hom. Die regte man vir die regte job. As ek 'n werker uitvang met omkopery is hy weg. Dieselfde gaan vir die jagter ---ek het dan nie sy inkomste nodig nie.
Ek sal as boer verantwoordelik wees vir my werkers en hulle gedrag. As die jagter skade ly op my plaas soos in die geval van diefstal sal ek hom vergoed en nie hoop sy versekering sal uitbetaal nie. Dis maar net hoe ek is. As die jagter aandring om sy eie versekering te gebruik sal ek dit wardeer.
3. Niemand sal aspris miskiet of 'n dier wond nie. Ek sal nie verwag dat elke man so goed soos ek moet skiet nie maar beslis gemiddeld.
4. Niemand kan niemand forseer om iets soos oefen te doen nie. Die jagter sal beslis 'n gemiddelde skiettoets afle en dit sal bepaal of hy kan jag. Geen uitsonderings nie.
Geen geld in die wereld regverdig 10 skote op 'n dier nie. Dis totaal onaanvaarbaar. Ek hoop nie daar is manne wat se geld is belangriker as 20 skote op 'n dier nie.
5. As ek bekommerd is oor my wild se rustigheid sal ek dink om oor te skakel na boogjag of ten minste 'n gedeelte van my plaas. Geen jag plek kan suksesvol wees deur 100% van die jaar te jag vir 'n inkomste nie en dan nog verwag dat die diere mak sal bly nie.
Ek sal 'n geen skietzone he naby die huis waar die diere weet dat hulle nie hier gejag gaan word nie.