6mm Musgrave Ladings

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

6mm Musgrave Ladings

Post by Alvar »

Middag manne

Ek is in die proses om 'n 6mm Musgrave te bekom en ek het gedink om die 85gr Barnes X TSX te skiet. Het enige iemand vir my raad oor ladings en spoed wat ek kan min of meer kan verwag met die geweer?

Die geweer is op die Lee Enfiled aksie gebou.

Dankie

Alvar
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: 6mm Musgrave Ladings

Post by Jean Marais »

Hallo Alvar

Ek het nog net 'n maat van my gehelp met ladings op sy geweer met dieselfde aksie as joune. Al wat ek jou kan sê is sterkte. Ons het oneindige probleme ervaar met "case head separation" en kon nie meer as 3 ladings per dop kry nie, selfs met minimum ladings. dis maar 'n algemen probleem van die Enfield aksies.

Hier is die skakel na die draad: http://jaracal.com/index.php/topic,1038 ... #msg137620 tesame met moontlikhede hoe om van jou probleme te oorkom.

Sterkte

Jean
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 6mm Musgrave Ladings

Post by tripodmvr »

Alvar wrote: Middag manne

Ek is in die proses om 'n 6mm Musgrave te bekom en ek het gedink om die 85gr Barnes X TSX te skiet. Het enige iemand vir my raad oor ladings en spoed wat ek kan min of meer kan verwag met die geweer?

Die geweer is op die Lee Enfiled aksie gebou.

Dankie

Alvar
Jy behoort gemaklik 3000vps te kry en dit is voldoende vir goeie werkverrigting.

Kopspasie kan 'n probleem wees so laat dit nagaan voor jy begin skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
FrancoisBotha32
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Fri Jul 18, 2014 9:00 am

Re: 6mm Musgrave Ladings

Post by FrancoisBotha32 »

Die Lee Enfield se kamer het n probleem. My lamer het n probleem gehad en hulle het hom regemaak. Die kamer was te lank gewees en dit net veroorsaak dat mens we dop agter rek en breek. Na die verbetering is my doppe beter en kon groepeering uitwerk. Met gameking sierra 85gr het ek op 36.1 landing gekom. Maar ek skiet tans met 90gr lapua. Ek get op 36.2 lading gekom met n groepeering van 25 mm op 200m. TPL is baie belangrik en doplengte. Wand van nek en kamer en primer gatjie. Sterkte en hoop jy kom reg.
Post Reply