Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Waar beplan julle om die winter te hengel?
Die vis is baie stadiger om te byt, maar as hy vat, is dit gewoonlik mooies!
Ek gaan probeer om die 10kg merk oor te steek die jaar
Ek het verlede winter 'n 9,1kg karpie gevang....
Gene, kom af Natal toe, dis tog n bietjie warmer as jy heel aan wil deursit vir n groot ou karpie ............. ongelukkig sal jy ook nie vir my kry nie, want ek sal ook erens bo in n berg wees, met roer in hand, sorry ou maat! Visvang 2 naweke n maand (kompetisies), skiet die ander twee! Op n ernstige noot, het hulle mooi vis by Buffels poort laas winter gekry, het ek by n ou gehoor...................
Nou waar gaan jy probeer om daardie mooi grote te vang. Ek dink ook daaraan om te gaan probeer. Ek het jare laas in die winter gehengel. 'n vriend van my hengel gereeld Roodeplaat, so hy ken die dam. Ek sal daar gaan probeer.
ons beplan twee hengeluitstappies een na dooringdraai dam daar kom groot karpe uit en jou 10kg sal jy gemaklik daar oorsteek, die ander plek wat julle kan probeer is klaserie dam daar moet jy net genoeg tyd he die hengel kan maar stadig wees maardaar is baie groot vis, ons ander trip is na rondevlei in die kaap daar is ook mooi vis daar
Die Tzaneendam ( Fanie Botha ) gee die laaste tyd ook nie slegte opbrengste nie. Heelwat 13Kg plus karpe die laaste paar jare uitgekom. Die afgelope tyd is hulle maar stil - weersttoestande ens. Nie 'n slegte opsie nie.
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
KLASIE wrote:
ons beplan twee hengeluitstappies een na dooringdraai dam daar kom groot karpe uit en jou 10kg sal jy gemaklik daar oorsteek, die ander plek wat julle kan probeer is klaserie dam daar moet jy net genoeg tyd he die hengel kan maar stadig wees maardaar is baie groot vis, ons ander trip is na rondevlei in die kaap daar is ook mooi vis daar
My grootse dus ver kom uit Klaserie uit 12.7 kg wil die 30 pond grens nog breek maar ek het paar vissies in die 12kg ook by Fanie Botha ook al uitgetrek.
Met genoeg tyd grondvoer en lekker kano sal 'n mens kan lekker regkom.
JPS wrote:
Geno,
Sorry maat moet met Stef saamstem tyd om daai stokke vir die vuurstokke te begin bere......
Hier is juis in JHB so bytjie in die lug die laaste drie dae
Ai winter is darrem maar lekke..Groete
JP
Niks lekkerder as winter hengel nie. Geen goggatjies of goetertjies wat byt behalwe die vis nie. Wanneer daai grote eers aan die lyn is, voel mens nie eers die koue nie.
KLASIE wrote:
ons beplan twee hengeluitstappies een na dooringdraai dam daar kom groot karpe uit en jou 10kg sal jy gemaklik daar oorsteek, die ander plek wat julle kan probeer is klaserie dam daar moet jy net genoeg tyd he die hengel kan maar stadig wees maardaar is baie groot vis, ons ander trip is na rondevlei in die kaap daar is ook mooi vis daar
ek ken rondevlei maar waar is daai ander twee damme