Arctic skietlig
-
seekoegat
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Sun Jun 28, 2009 12:13 pm
Arctic skietlig
Wil graag weet of iemand ondervinding het van die HID Arctic skietlig. Ek weet die hid ligte kan nie dim nie maar wil die lig meer gebruik as n soek lig en vir bokke oes in die nag.Hy prys rondom R2400 vir die 55w Dankie
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: Arctic skietlig
Ek het onlangs met n 100w 240mm lens gamepro lig gejag. Dink dis baie dieselfede tipe lig as joune?
Kan jou se hy laat n lightforce 240mm sleg afsteek!
Hy is op my inkopie lys.
Kan jou se hy laat n lightforce 240mm sleg afsteek!
Hy is op my inkopie lys.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Arctic skietlig
Het jy die 2 teen mekaar laat skyn??Armand9 wrote:Ek het onlangs met n 100w 240mm lens gamepro lig gejag. Dink dis baie dieselfede tipe lig as joune?
Kan jou se hy laat n lightforce 240mm sleg afsteek!
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Arctic skietlig
lewensduur, en taaiheid, koop maar LF. jy gaan tog nie verder as 4000m oes in die nag nie?
HOU HOM DAAI DIKTE
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: Arctic skietlig
Saam met lightforce gelig ja. Ek sal hom nie vir jakkalsjag gebruik nie.
Maar dis tog lekker as jy bokke uitskiet en jy kan die vergroting opdraai om te sien of daar ramme in n troppie doer ver staan. Die wit lig wys hulle lekker uit.
Elke man moet mos maar sy aanwending vir homself regverdig!

johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Arctic skietlig
nee wat,ekt ook al baie ligte gekoop en skoolgeld betaal.ek koop liewer n lightforce 170 as wat ek n 240 in enige ander maak koop
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Arctic skietlig
Manne, jammer ek val nou sommer hier in, maar watter flits sal jul aanbeveel vir bosvarke soek vanaf 'n bakkie?
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Arctic skietlig
ledlensordouw wrote:Manne, jammer ek val nou sommer hier in, maar watter flits sal jul aanbeveel vir bosvarke soek vanaf 'n bakkie?
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Arctic skietlig
johans wrote:ledlensordouw wrote:Manne, jammer ek val nou sommer hier in, maar watter flits sal jul aanbeveel vir bosvarke soek vanaf 'n bakkie?
Hoekom Ledlensor?
HID ligte is al wat my een pel gebruik vir bosvarke. Hy het verlede jaar 109 varke geskiet...
Goed, beter, 6millimeter!
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Arctic skietlig
hoekom nie ledlensor nie?behalwe as jy jou krag vanaf die bakkie wil trek sal ek lightforce koopGeno wrote:johans wrote:ledlensordouw wrote:Manne, jammer ek val nou sommer hier in, maar watter flits sal jul aanbeveel vir bosvarke soek vanaf 'n bakkie?
Hoekom Ledlensor?
HID ligte is al wat my een pel gebruik vir bosvarke. Hy het verlede jaar 109 varke geskiet...
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Arctic skietlig
Want 'n HID lig skyn die rook uit 'n Ledlensor uit.johans wrote: hoekom nie ledlensor nie?behalwe as jy jou krag vanaf die bakkie wil trek sal ek lightforce koop
Douw soek juis iets om vanaf 'n bakkie te gebruik.
Sal jy jakkals jag vanuit 'n skietstoel met 'n Ledlensor?douw wrote:Manne, jammer ek val nou sommer hier in, maar watter flits sal jul aanbeveel vir bosvarke soek vanaf 'n bakkie?
Goed, beter, 6millimeter!
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Arctic skietlig
Geno.
Wat is HID ligte? Ek ken nie die maak nie?
Wat is HID ligte? Ek ken nie die maak nie?
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Arctic skietlig
PS Ek skiet nie self jakkalse nie so ek kan nie kommentaar lewer nie.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Arctic skietlig
Frikkie,
HID is ligte wat 'n ballast in het. Vir oge soek en so aan werk hy baie lekker.
http://en.wikipedia.org/wiki/High-inten ... harge_lamp
HID is ligte wat 'n ballast in het. Vir oge soek en so aan werk hy baie lekker.
http://en.wikipedia.org/wiki/High-inten ... harge_lamp
Goed, beter, 6millimeter!
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Arctic skietlig
Ek gebruik die Nitecore Sa flitse vir hand gebruik. Hulle is tops!
Ek wil graag weet vir vanaf die bakkie, so dit beteken krag van sigaretaansteker. Moontlik een of ander tyd vanuit 'n skietstoel.
Geno, is die HID 'n beskrywing van 'n spesifieke tipe flits of is dit die maak?
Groete
Douw
Ek wil graag weet vir vanaf die bakkie, so dit beteken krag van sigaretaansteker. Moontlik een of ander tyd vanuit 'n skietstoel.
Geno, is die HID 'n beskrywing van 'n spesifieke tipe flits of is dit die maak?
Groete
Douw
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Arctic skietlig
So dit beteken dit is 'n tipe flits, wat mens waarskynlik in verskillende make gaan kry?
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Arctic skietlig
Vergeet van HID ligte totaal. Vir wild oes is dit totaal uit, geen bok staan wanneer daardie lig op hom val nie. Ek praat van ondervinding.
Daardie goed se lig is so wit dat geen kleur sigbaar is nie, en waarvoor dit bruikbaar is, weet geen mens nie, of die wat weet wil nie sê nie.
Vir jakkalse, vergeet daarvan.
Kry 'n nege led spot lig, dis so 25 watt, en sit daar 'n geut op om die lig te beperk. Gebruik 'n dimmer, my Henk Ellis dimmer werk fantasties. Gebruik met 'n 12v gel alarm battery op die stoel.
Kry 'n 500m flits van Crelant SA. Dit werk met 2 18650 batterye. Jy sal nie spyt wees nie. Die ingeboude dimmer is goed.
Jy sal nooit weer kyk na ander ligte nie.
Groete
Daardie goed se lig is so wit dat geen kleur sigbaar is nie, en waarvoor dit bruikbaar is, weet geen mens nie, of die wat weet wil nie sê nie.
Vir jakkalse, vergeet daarvan.
Kry 'n nege led spot lig, dis so 25 watt, en sit daar 'n geut op om die lig te beperk. Gebruik 'n dimmer, my Henk Ellis dimmer werk fantasties. Gebruik met 'n 12v gel alarm battery op die stoel.
Kry 'n 500m flits van Crelant SA. Dit werk met 2 18650 batterye. Jy sal nie spyt wees nie. Die ingeboude dimmer is goed.
Jy sal nooit weer kyk na ander ligte nie.
Groete
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Arctic skietlig
Geno wrote:Frikkie,
HID is ligte wat 'n ballast in het. Vir oge soek en so aan werk hy baie lekker.
http://en.wikipedia.org/wiki/High-inten ... harge_lamp
Geno
Daai link is nogal intresant. Ek het nie geweet daar is al soveel ligtegnologie daarbuite nie. Ek sien smitjs se dit werk nie vir skiet nie.
EK het so 600Lumens handheld spotlight vir my gekoop as n algemene gebruik lig. Ek tel wel moeiliker oe op met hom. Ek het gedink dis omdat hy so mooi spot gooi of omdat die CREE se lig so wit is ivm my gewone spotlight (cheap knock of van Lightforce). LW dis nie n lig wat ek gekoop het vir jag nie.
-
seekoegat
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Sun Jun 28, 2009 12:13 pm
Re: Arctic skietlig
Dankie vir al die raad. Smitjs die 9 LED spotlight is dit die wat jy kry vir Bakkies ens?
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Arctic skietlig
Ek is nie seker van watter jy praat nie.seekoegat wrote:Dankie vir al die raad. Smitjs die 9 LED spotlight is dit die wat jy kry vir Bakkies ens?
Nee, 600 Lumen is te min.
As jy Jason by Lumiled in die Kaap vra na die een wat ek vir hulle getoets het, sal dit die regte een wees, maar hulle is redelik oral beskikbaar. Moet net nie die spreilig een koop nie. Hulle lyk eners, maar die spreilig een het riffels op die glas voor. Die goed is vierkantig, en pas mooi in 'n plastiese vierkante geut.
Dis noodsaaklik dat jy die lig beperk om nie op die voertuig te val nie, en ook nie te wyd nie. Dis oorgenoeg lig, en omdat dit maksimum 25 watt trek, kan jy 'n klein battery op die skietstoel sit, en dit sal meer as 'n nag hou. Borsels op die stoel en konneksie na die voertuig se battery is dan onnodig.
Natuurlik moet mens ook 'n plan B hê, en ek weet van niks beter as die Crelant flits nie. Dis dan jou plan A as jy met 'n draagbare stoel weg van die voertuig af gaan sit. Met daardie flits tel jy maklik oë op op 500 meter, en dit dim lekker. Gebruik dan 'n 12 volt laaier vir die 18650 batterye, en ook 'n spaar paar batterye, en jy sal nie terug kyk nie.
Koop liewer die sagte wit een as die helder wit een, meer lig is nie nodig nie, en die sagter lig is makliker op die oë.
Ek het eintlik nagelaat om te noem daar is dan net een tipe lig waarna jy weer sal kyk, en dis infrarooi, as jy gaan na nagsig.
Groete
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Arctic skietlig
nee,dis hoekom ek gese het lightforce vir die bakkieGeno wrote:Want 'n HID lig skyn die rook uit 'n Ledlensor uit.johans wrote: hoekom nie ledlensor nie?behalwe as jy jou krag vanaf die bakkie wil trek sal ek lightforce koop