2014 S.A. skole skiet

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

2014 S.A. skole skiet

Post by Verkenner »

Middag al die trotse manne...
Wie se kinders neem deel in die SA's wat Saterdag by Florida Hoerskool begin?
Vertel ook watter ouderdomsgroep en of hulle sporter, presisie, veer of pistool klas deelneem.

Groete

Verkenner
Last edited by Verkenner on Tue Sep 30, 2014 3:43 pm, edited 1 time in total.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by JPS »

Hi verkenner,

My seun gaan volgende jaar hoeerskool toe. Ek het solank vir hom CZ 200T gekoop aangesien hy wil skyfskiet vir skool.

Kan jy my dalk in regte rigting help met skiet posisies, afstande ens. Wat hulle skiet asb. Ek neem aan dit sal sporter klas wees met die CZ 200t gewere?

Dalk ook detail van klub aan oos rand of so iets waar hy al kan gaan skiet?

Groete
Jan
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Verkenner »

Jan, ja hy gaan met die T200 in die sporter klas val.
By die klubs skiet laerskool kinders al, maar die learskole bied dit nie as n sport aan nie.
Hulle skiet 3 posisies, le, staan en kniel
Afstand wat hulle skiet is 10m
3P beteken 3 posisies
Elke posisie tel uit 200 punte, 600 groot totaal.
Dan skiet hulle ook n kompetisie waar hulle net staan doen en dit tel uit 400 uit.
Die groot komp skiet hulle oor 2 dae dan skiet hulle n 3P (600) en n 10m staan (400) die een dag, volgende dag weer n 3P (600). Groot totaal 1600 punte.
Ek is van die Wesrand en ken nie die klubs daar in die Oosrand nie, maar sal vir jou kan uitvind.
Sal goed wees as jy hom kan bring om die kompetisie te kom beleef.
http://www.flexiweb.za.net/sanssu/Home.aspx
Verkenner
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by RUPERT »

Net jammer baie skole is deesdae te slapgat om skiet vir die kinders aan tebiet. Ek wil graag he my dogter moet ook die skiet op skool prober maar die Hoerskool waarheen sy gaan bied dit nie aan nie en nee ek gaan nie n ander skool gaan soek net sodat sy kan skiet nie.

Toe ek op hoerskool was kan ek nou aan amper geen Hoerskool dink wat nie n skiet span gehad het nie.Kry mens nog kadet orkeste? Jammer ek dwaal van die spoor af
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Verkenner »

Rupert, daar klubs wat hulle ook buite skoolverband kan deelneem.
Sal uitvind of daar in die Oosrand n klub is wat hulle kan by gaan skiet.
Onthou hulle skiet nou met luggewere en nie meer .22's nie.

By ons in die Wesrand is daar Florida skiet Klub, asook by Durban Deep nog n klub..
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by FCLoretz »

Verkenner,

Het jy kind/kinders wat deelneem die naweek?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Verkenner »

Ja, baie trots.... 2 kinders wat deelneem...
Seun in o/16 sporter klas en n dogter.
Sy is 11 jaar oud en dit is haar eerste jaar wat sy skiet ;D

Gelukkig word die SA's hier by ons klub aangebied.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by FCLoretz »

Tot hoe laat skiet hulle Saterdag?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Verkenner »

Saterdag is dit inskiet dag. Gee geleentheid vir al die skuts wat hulle gewere vervoer het om seker te maak hy skiet nog waar hy moet.
Sondag is wapeninspeksie en amptelike opening
Maandag en Dinsdag skiet hulle van 07:30 en die laaste aflossing begin skiet om18:30
Woensdag weer van 07:30 en die laaste aflossing 17:50.
Donderdag is dit die uitskiet soos gesien op die Statebondspele..

Hier is die link na die program :
http://www.flexiweb.za.net/sanssu/Compe ... S2014.aspx
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by RUPERT »

Dankie Verkenner

Ek was regtig onder die indruk dat hulle met .22 nog skiet.Hel wys jou hoe agter die tyd ek is.
Ek sal dit wardeur as jy daai inligting vir my kan kry. Skiet hulle springers of PCP
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by JPS »

Verkenner dankie vir die informasie.
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Verkenner »

More Rupert en Jps..
Sal oor die naweek gou uitfind en besonderhede kry.

Rupert, hulle skiet met byde... Pcp is net soveel akuraater maar die gewere is ook soveel duurder.
Intree lever Air Arms Mpr kos so R13000 nuut en dan moet daar nog so paar goedjies bykom.

Maar as jy eenkeer Pcp skiet wil jy nooit weer aan n springer raak nie ;D
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Koos Barnard »

My broer, Deon Barnard, se seun Adriaan is 0/14 en sal seker ook Saterdag skiet. Ek dink hy het onlangs 'n telling van 530 in 'n oefening geskiet. Het hom onlangs met my .375 laat skiet en die laaitie is nie bang vir groot gewere nie. Ongelukkig kan ek nie Saterdag gaan kyk as hulle skiet nie.
Mooi loop
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by RUPERT »

Dankie Verkenner

Gee jy ook nou al die springers opdrane? Neeman hoe sleg voel ek nou :-[ :laugh:
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Verkenner »

More Koos
Veels geluk aan jou broer se seun se prestasie.
As die ouens net besef hoe klein is daai teiken op 10m met daai peep sight dan sal hulle skrik.
530 uit 600 is n goeie telling.

Watter ouderdoms groep skiet hy?
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Verkenner »

Rupert, dit is soos om n Toyota Lancruiser te vergelyk met n Mazda F1000 op n gronpad ;D ;D
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Koos Barnard »

Hy is 0/14 en skiet vir een of ander Gautengspan span maar ek weet nie in watter provinsiale afdeling hulle val nie. As ek reg onthou is sy hoogste amptelike telling 514 of 520. Hy het ook met springers begin skiet maar gou opgang gemaak en ek het my broer oortuig om vir hom 'n CZ 200 te koop. Dit lyk regtig of die mannetjie talent het want hy het maar hierdie jaar vir die heel eerste keer begin skiet.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by RUPERT »

Nee wat my maat nou draai jy daai mes nog dieper in my wond. Ek ry n Mazda BT50 dan se jy nog dit is n Mazda :laugh: F100.

Was dit nie die Ford F100 daai jare nie.
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Verkenner »

Koos, vir n onder 14 kind is dit regtig goed.
Veral ook vir n eerste jaar.
Met daai telling gaan hy dalk n medalje kry...
Sal bietjie uitkyk vir sy telling..

My dogter skiet met die Cz T200, maar die Mpr is die volgende stappie op.

Groete
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Verkenner »

Rupert n Mazda F1000 bakkie is n ou klein bakkie gewees met n 1000cc engine. Soortgelyk aan n 1200 Datsun bakkie...
Daai Bt 50 is darm nie in die F1000 klas nie..
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Verkenner »

Middag julle.
Vandag is dag 1 van die kompetisie..
Ek moet eers bietjie spog.... my dogter het vandag haar beste ooit geskiet.
Dit is haar eerste jaar wat sy skiet. Sy is 11 jaar oud en neem deel in die onder 14 ouderdomsgroep.
Haar beste tot dusver was 509 uit 600.
Vandag het sy dit 523 uit 600 geskiet. ;D
My seun skiet onder 16 en dit is sy 3de jaar wat hy skiet. Sy beste kompetisie telling is 557 uit 600.
Hy het vandag 543 uit 600 geskiet, le tans 2de.. (daar is nog spanne wat tans skiet)

Laat weet hoe julle kinders doen as daar nog ouers is op die forum wat kinders het wat deelneem.

Groete
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: 2014 S.A. skole skiet

Post by Verkenner »

Koos Barnard se broerskind Adriaan het 526 geskiet uit 600.
Hy le sover 2de... 1 punt agter die voorlooper..

Groete
Post Reply