Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dankie vir die lys, indrukwekkend as jy dink dit is fabrieks-ammo en nie "custom loaded ammo" nie. Sien die Du Randt's van Mareetsane se name op 'n paar plekke. Oom Jannie, sy vrou, hulle seuns met hulle vrouens doen ook glad nie sleg nie. As ek reg onthou het Jaco 2 jaar terug die Nationals gewen.
Ek het nogal gewonder watter ammo word vir die kompetisie gebruik.
Ek sien julle praat van fabrieks ammo.
Word die ammo random gekies of darem bietjie uitgesoek?
Die rede vir my vraag is die volgende.
Indien fabrieksammo so presteer en jy herlaai met proamm punte behoort jy mos teoreties net so goed en beter te kan doen.
My ondervinding is dat proamm punte goed in die jagveld presteer.
My bekommernis was "akkuraatheid", maar met sulke resultate behoort daar mos nie 'n problem te wees nie.
Ek vermoed hulle bc is maar swak, maar met sulke resultate moet jy jou dan veel oor bc bekommer?
Ek herlaai gewone PMP en proamm punte. Tot op 100m kry ek baie goeie akkuraatheid, nog nie verder probeer nie. Ek gebruik hulle wel net vir jag doeleindes.
Dit is weer tyd vir hierdie kompetisie. Daar is egter graag iets wil weet t.o.v. die beperkings.
Onder andere, word genoem dat knaldempers nie toegelaat word nie.
Met toenemende beperkings wat deur jagplase gestel word, n. dat knaldempers verpligtend is, wonder ek waarom knaldempers verbied word by hierdie kompetisie.
Weet iemand hoekom?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.