Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am
Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Ek doen so bietjie huiswerk oor Trackers en het gewonder wat gebruik julle manne en hoe is julle ervaring.
Tracker
Cartrack
Ek sien daar is ouens wat die goedkoop Beam-e ook aanbeveel.

SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Ek kan ongelukkig net van Tracker praat, het nie die ander op my voertuie nie.
My een bakkie gesteel die vroee oggendure by die huis. Gerapporteer om 7h15. Tracker hom opgespoor 7h45
My niggie se bakkie verlede week in Naboomspruit gesteel. Tracker hom die volgende dag opgespoor in Johannesburg.
Moet ook by se dat beide voertuie se opsporingstelsel deur onself geskuif is van waar Tracker dit geinstalleer het, omdat te veel kere gehoor het dat die eenhede maklik gevind word.

- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Cartrack voertuig gesteel met tracker nooit gekry nie diens uiters swak
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
maxboostsa1 wrote:Ek doen so bietjie huiswerk oor Trackers en het gewonder wat gebruik julle manne en hoe is julle ervaring.
Tracker
Cartrack
Ek sien daar is ouens wat die goedkoop Beam-e ook aanbeveel.
As mens na Helopeter gaan kyk, lyk die statistieke nie goed nie vir almal
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
My Fortuner ook gevat met Tracker in die 18e Junie. Nog nie n word gehoor nie...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Het 'n Tracker in my voertuig al vir 4 jaar. Die voertuig se alarm het al baie afgegaan en die battery was al 'n paar keer ontkoppel en ek het nog nooit 'n oproep van hulle ontvang om te hoor of alles reg is nie. Miskien verstaan ek die opset verkeerd en moet ek hulle in kennis stel as daar nood is.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Al hoekom ek dit in my Cruiser het is om die versekering se gewete te sus. Sonder hom is die bybetaling op n Toyota baie, so ek betaal maar die R159 n maand....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Goeienaand Maxboosta1
Ek is nou al 11 jaar in die " Fleet Management / Vehicle Tracking " bedryf.
Alhoewel ons spesialiseer in " management of fleet vehicles" het ek al letterlik duisende " Vehicle Tracking & Recovery units" gedoen vir die "consumer" mark.
Die 1ste om in gedagte te hou, is wat is persoonlike behoeftes ? maw. Wie gaan meeste met die voertuie ry, jy , jou vrou en kinders ? Ek kan vir jou n produk bied, wat sal waarsku wanneer n ongemagdigde persoon jou voertuig ry, sou jou voertuig in n ongeluk is, dadelik n "EMS" diens dispatch word.Jy kan dit ook op die internet of n " smart phone track". Daar is ook " panic buttons" ens.
Dan natuurlik wat is jou versekering se boehoeftes of sal ons eerder se vereistes. Dit speel ook natuurlik n rol.
Sou jou versekering en jou behoeftes slegs n " recovery device" vereis, is daar slegs een produk in my oe, BEAME-E. Ek gebruik dit vir al my Korporatiewe kliente as n " backup unit" en ons het nog nie een voertuig met n BEAME-E verloor nie.
So n kort beskrywing.
" Beame is so much more than just another vehicle tracking and recovery service. It’s going to shake up the mobile asset tracking and recovery services in South Africa and change the way you keep your vehicle safe.
What’s Beame all about?
Beame is the smallest, wireless stolen vehicle tracking system and recovery service on the market. It’s lightweight, has radio frequency technology and is powered by a battery that lasts for a minimum of 3 years, after which we’ll replace it for you – FOR FREE*! Beame is super quick to install, because it’s wireless, which makes it easy to hide, without affecting your vehicle’s electronic warranty.
Now that’s amazing quality at an affordable price, can I hear a Whoop Whoop!!
* Terms and conditions apply
Sou jy meer wou weet is jy welkom om my te kontak, of n pm te stuur met jou kontak besonderhede, dan kontak ek jou more oggend, en raak so bietjie meer tegnies.
Ek sal jou natuurlik ook assisteer om n produk te bekom, alhoewel ek van n agent in jou omgewing sal gebruik maak, sal ek die proses oorsien, alhoewel ek glad nie daarby sal baat, finasieel nie.
Groete,
Michiel

NEGE3 wrote:Het 'n Tracker in my voertuig al vir 4 jaar. Die voertuig se alarm het al baie afgegaan en die battery was al 'n paar keer ontkoppel en ek het nog nooit 'n oproep van hulle ontvang om te hoor of alles reg is nie. Miskien verstaan ek die opset verkeerd en moet ek hulle in kennis stel as daar nood is.
Mens stel hulle inkennis sodra die voertuig vermis word. Party ander verskaffer het 'n "early warning system" wat jou en die verskaffer waarksu as met jou voertuig gepeuter word, maar nie Tracker nie.
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
My versekering gee my 'n korting wat gelykstaande is aan die premie van die TrackerStefan764 wrote:Al hoekom ek dit in my Cruiser het is om die versekering se gewete te sus. Sonder hom is die bybetaling op n Toyota baie, so ek betaal maar die R159 n maand....
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Onthou dat met baie kapings en voertuig diefstal en rowe daar signal blockers gebruik word wat hulle aanlos totdat die opsporings stelsel gevind is en onklaar gemaak is. Die eenhede word sommer in jou sigaret aansteker ingeprop....
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Ek het 'n "early warning sisteem" in en my bakkie het al agterop 'n "carrier" 1250 km gery, oornag, sonder sy sleutel in. Met ander woorde hy het in die nag beweeg sonder dat sy "ignition aan was" en die manne het my nie een keer gebel nie. Elkgeval. Dit werk vir my belasting se logboek en ek kry afslag op versekering gelykstaande aan die premie.
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Ek moet se dat ek het ongelukkig n grief teen Tracker.
My voertuig het Tracker in gehad en is n paar jaar gelede in n ongeluk af geskryf.
Omdat daar n stop order geteken was vir die maandelikse fooi het Tracker dit nog steeds net aanhou aftrek al het ek nie meer die voertuig gehad nie.
Nie my bank of Tracker was bereid om die stop order te kanselleer nie en die enigste manier wat ek die aftrekkings kon stop was om my rekening by die bank toe te maak en te skuif na n ander bank.
Tracker het geensins in my probleem belang gestel nie en net gehamer op die kontrak wat ek voel was swak diens van hulle. My vraag is hoe kan hulle my charge vir n diens wat nie gelewer kan word nie. Ek het op daardie stadium ook nie n ander voertuig gekoop nie omdat ek was op pad oorsee waar ek 3 jaar gaan werk het.
Nooit weer Tracker vir my nie, dankie.
Groete
Henning

300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Goeiemore manne,
Jinne, dit is vir my sleg dat so baie manne sulke ervarings gehad het in die bedryf.
Wat JPS hierbo se is baie waar, alhoewel dit nie altyd so eenvoudig is om dit net by n sigaret lighter in te prop nie, maar sulke "mediocre" "jammers" bestaan wel. In 80% van my vloot kliente waste voertuie gekaap is die jaar, is daar wel sulke jammers gekry. Almal hardloop van n "power inverter" af wat sy krag kry van meestal n 24v battery af. Hulle jam "GSM en GPS" seine.
Henning ongelukkig in die bedryf en ek veralgemeen nou baie, is n kontrak vir so n toestel meestal 36 maande, veral op die "rental" opsie. Sekere maatskappy bied n kontant opsie waar jy die stelsel koop, en dan is die kontrak periode slegs 12 maande.Met BEAM-E het jy die opsie om te huur vir 36 maande, en dan n kontant opsie, wat jou kontrak met 1 maand kennis ge-kanseleer kan word.
As ek enigsins kan raad gee, uitgesluit vir persoonlike behoeftes soos n "tax logbook" ens. moet die volgende bokse getiek wees.
Klein.
Minimale of geen konneksie na jou voertuig se bedrading nie.
Kan funksioneer en/of geaktiveer word sonder dat GSM seine gebruik hoef te word.
Geen panic button ens wat sigbaar is in die voertuig nie, tensy daar nog n ekstra "backup" stelsel in is.
Ongelukkig is geen stelsel n waarborg dat jy jou voertuig gaan terug kry nie.
Sako75, soos wat jy beskryf het hierbo, en weereens gaan ek baie veralgemeen en ek weet natuurlik nie waste stelsel jy in het nie, asook dat die maatskappy nie die inligting bekend maak nie, wat ek wel kan verduidelik is dat die stelsels op verskillende reels werk aangaande die "early warning" sommiges sal wees dat jy eerstens n voertuig moet aktiveer om in n "early warning state" te wees, dan ook maak van die stelsels gebruik van n "Geo Lock" met ander woorde sou die voertuig beweeg en hy is ge-aktiveer n sein behoort gestuur te word, afhangende aktiveering. Dan ook n voertuig n sein moet stuur as die ignition aan is en hy beweeg. Daar is ook n "remote" en did kaarte, maw, as die voertuig beweeg, en die remote of kaart nie in die voertuig wees nie n sein gestuur behoort te word, en so kan ek aangaan.
Omdat hierdie n openbare forum is, gaan ek nie verder kan tegnies raak nie, vir "obvious reasons".
Ek rig n ope uitnodiging na enige iemand, wat dalk meer inligting sou wou gehad het om n ingeligte besluit te maak, my kan kontak.

Dankie manne
Ek het n Beam-e in gesit...
Solank die versekering happy is, is ek happy...
En vandag kom ek agter een %&£¥ het die spaarwie onder die bakkie uit gesteel...
Ek het n Beam-e in gesit...
Solank die versekering happy is, is ek happy...
En vandag kom ek agter een %&£¥ het die spaarwie onder die bakkie uit gesteel...
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
maxboostsa1 wrote:Dankie manne
Ek het n Beam-e in gesit...
Solank die versekering happy is, is ek happy...
En vandag kom ek agter een %&£¥ het die spaarwie onder die bakkie uit gesteel...
Eish. Jammer om te hoor. Ek het ook al 'n spaarwiel geskenk. Het maar 'n ketting met 'n slot op die nuwe bakkie se spaarwiel gesit.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Ja Max,
Myne het presies 4 dae gehou toe is hy gesteel deur 2 wit laaities en een dame. Hulle so 2 weke later gevang wasr hulle besig was om ander een af te probeer steel by East rand retail park se ondergrond parkering....

Speen
- Jr. Member

- Posts: 62
- Joined: Sun Nov 24, 2013 9:04 am
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Ek wil 'n voorstel maak. Ekt in my voertuie en trokke 2 tracking units.
1.) Duurder soort: Tracker of Autotrack eenheid.
die 2de een is 'n goedkoper een wat jy net aktiveer as jou voertuig gevat word. Ons gebruik trace tech, hy kos R80 'n maand en kan hom op jou trailers ook sit. Mens het meer gemoedsrus en die kos jou nie 'n arm en 'n been nie.

CZ 550 LUX .308
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Michiel, my probleem is dat dit is duidelik dat Tracker jaag net profeit en stel nie belang in kliente diens en dit sit my heel af van hulle produk. Wat is hulle operating procedure as n voertuig afgeskryf word of is dit nie deel van hulle policy nie.MichielC wrote:Goeiemore manne,
Jinne, dit is vir my sleg dat so baie manne sulke ervarings gehad het in die bedryf.
Wat JPS hierbo se is baie waar, alhoewel dit nie altyd so eenvoudig is om dit net by n sigaret lighter in te prop nie, maar sulke "mediocre" "jammers" bestaan wel. In 80% van my vloot kliente waste voertuie gekaap is die jaar, is daar wel sulke jammers gekry. Almal hardloop van n "power inverter" af wat sy krag kry van meestal n 24v battery af. Hulle jam "GSM en GPS" seine.
Henning ongelukkig in die bedryf en ek veralgemeen nou baie, is n kontrak vir so n toestel meestal 36 maande, veral op die "rental" opsie. Sekere maatskappy bied n kontant opsie waar jy die stelsel koop, en dan is die kontrak periode slegs 12 maande.Met BEAM-E het jy die opsie om te huur vir 36 maande, en dan n kontant opsie, wat jou kontrak met 1 maand kennis ge-kanseleer kan word.
As ek enigsins kan raad gee, uitgesluit vir persoonlike behoeftes soos n "tax logbook" ens. moet die volgende bokse getiek wees.
Klein.
Minimale of geen konneksie na jou voertuig se bedrading nie.
Kan funksioneer en/of geaktiveer word sonder dat GSM seine gebruik hoef te word.
Geen panic button ens wat sigbaar is in die voertuig nie, tensy daar nog n ekstra "backup" stelsel in is.
Ongelukkig is geen stelsel n waarborg dat jy jou voertuig gaan terug kry nie.
Sako75, soos wat jy beskryf het hierbo, en weereens gaan ek baie veralgemeen en ek weet natuurlik nie waste stelsel jy in het nie, asook dat die maatskappy nie die inligting bekend maak nie, wat ek wel kan verduidelik is dat die stelsels op verskillende reels werk aangaande die "early warning" sommiges sal wees dat jy eerstens n voertuig moet aktiveer om in n "early warning state" te wees, dan ook maak van die stelsels gebruik van n "Geo Lock" met ander woorde sou die voertuig beweeg en hy is ge-aktiveer n sein behoort gestuur te word, afhangende aktiveering. Dan ook n voertuig n sein moet stuur as die ignition aan is en hy beweeg. Daar is ook n "remote" en did kaarte, maw, as die voertuig beweeg, en die remote of kaart nie in die voertuig wees nie n sein gestuur behoort te word, en so kan ek aangaan.
Omdat hierdie n openbare forum is, gaan ek nie verder kan tegnies raak nie, vir "obvious reasons".
Ek rig n ope uitnodiging na enige iemand, wat dalk meer inligting sou wou gehad het om n ingeligte besluit te maak, my kan kontak.
Groete,
Michiel
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm
Re: Voertuig opsporings stelsel (Tracker)
Goeiemore Henning,
Soos hierbo gestel het ek veralgemeen. Ek het geen verbintenis met die betrokke maatskappy nie, inteendeel hulle is ons opposisie. Ongelukkig gaan ek nie met sekerheid vir jou kan se wat hul "policy" is nie.
Deel van my verantwoordelikhede is om ons verkoop-span te bestuur, en een van ons grootste uitdagings is om n klient oor te skuif van n ander maatskappy, net oor die feit dat hulle nog onder n kontrak is met n ander verskaffer. As jou voertuig onder kontrak is, skuif hulle dit net dood eenvoudig nie, maak nie saak of jy hom vervang, n afgekryfte een vervang, of jou vloot kleiner maak en sonder n voertuig sit, dit word nie geskuif nie. Jy bly betaal vir die "konneksie" totdat jou kontrak uitgeloop het, of jy sou besluit om dit af te koop.
Let wel, ek gee net n verduideliking oor hoe dit werk, en dit is nie my opinie van reg of verkeerd nie.
Dit is baie soos n selfoon kontrak, jy baie keer is vas vir n tydperk. Somtyds is die insit van die stelsels n "grudge purchase" en word jy gedwing deur bv jou versekering.
Maak net seker van die kontrak tydperk, voor jy jou hand op papier sit, soos met enige iets.
Hoop dit plaas dit vir jou in perspektief.

MichielC, my probleem was dat my versekerings maatskappy het my in kennis gestel dat as ek Tracker laat installer sal hulle die installasie koste betaal en my maandelikse fooi sal heelwat minder wees en daar was toe nie veel twyfel by my of n gevoel dat ek verder moet ondersoek instel wat nou in "hindsight" n fout was. Eindelik was ek op n subtiele manier mislei, want ek was onder die indruk dat my versekerings maatskappy sort dit uit.
Ek sien dit as redelik eenvoudig, kar koop is nie selfoon koop nie, die prys verskil is darem net te veel.
Wat my aanbetref het dit Tracker nie n sent gekos om te installeer want my versekering het daarvoor betaal, nou hoekom moet hulle aandring op n kontrak periode.
Ongelukkig het ek n groot probleem met Tracker, hulle sal my nooit weer sien nie en ek sal nie aarsel om vir ander mense my grief te verduidelik nie, met elke geleentheid wat ek kry.
Ek se weer dat ek sien Tracker net in een lig en dit is dat hulle jaag geld en gee nie n flenter om vir jou probleem nie.
Maar ek het hulle n punt gewys om my bank rekening te verander en ek is baie gelukkig by die bank waar ek nou is.