Hallo Manne,
Ek wil graag hoor by die van julle wat trailcameras gebruik, waste maak en model julle gebruik. Ek wil n paar aanskaf, maar is onervare met die goed se funksies. Hulle gaan uitsluitlik by waters gebruik word om Jakkalse dop te hou wat water suip. So ek neem aan geen flashes of iets dergliks wat jakkie skrik op die ly gaan jag nie. En kamersped is seker ook belangrik.
Sal bly wees as julle kan opsit dit maak en model, dat ek dit bietjie kan google.
Groete
Suidwes
Watse Trailcam vir Jakkalse
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Watse Trailcam vir Jakkalse
Suidwes, daar is baie kameras wat kan werk die Bushnell wat ek het neem baie mooi foto's. Dit wat ek nou al geleer het is dat battery leeftyd is baie belangrik, en dit is baie handig as n kamera n timer funksie het. Ek het n Scoutgaurd SG550 sy batt hou amper 8 mnde en hy het n timer funksie so jy kan hom gebruik by n water in kampe waar vee loop, ek stel hom om van net voor sononder tot net na sons opkoms te werk deur die dag slaap hy, ander neem jy honderde fotos van vee wat kom suip. Die bushnell se fotos is mooier en sy flash range is ook verder maar hul het nie n timer funksie nie. Onthou net dat die kameras met "black flash" se flash range word ingekort deur die swart skerm voor LEDs. Kyk op trailcampro en chasinggame dis 2 websites wat kamera toets. Groete Tjops
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Watse Trailcam vir Jakkalse
Suidwes
Praat met Wors, hy het uitsluitlik Moultrie kameras en kan jou redelik alles vertel rondom n trailcam. Hy het ook sonpanele en batt packs wat as jy dit gebruik jou kamera se batt bitter lank laat hou, deur die dag gebruik jy dan krag van die sonpaneel af en nie van jou batt,
Hy het wat wye veld kan nee, 150 grade hoek, en het ook wat GEEN lig maak in die nag nie. Gewone IR kan mens nog n dowwe rooi skynsel sien......
Praat met hom, daar is n lift wat afgaan tot in Keetmanshoop more middag.....
081tweevieragt3227
Wors
Mooi loop
Francois
Weet Willie het al n hele paar kameras by hom gekoop.

- kwagga
- Full Member

- Posts: 177
- Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Re: Watse Trailcam vir Jakkalse
Ek het van die Bushnells, Tasco's en Moultrie.
Die Moultrie werk die beste vir my - gaan google hom en jy sal sien hoekom. Die Bushnell se nag fotos nie so goed nie en die Tasco vir slegs dagfotos. Om battery lewe te verleng koop ek van daai 6v of 12v batterye van so 10Ah wat herlaaibaar is. Hy hy vir duisende fotos en ek koppel hom aan die kamera met die "external power jack". Sit die battery in 'n gepaste houer en maak dit vas so 1m van die kamera af. Maak seker jy verf die houer sodat die bobbejane hom nie verrinneweer nie.
Ek kry al die roofdier spesies op my kameras en dis nogal interessant om te sien wat hul gewoontes is.