So het dit tyd geraak dat ek die Isuzu waarmee ek die laaste 5 jaar of so jakkalse gejag het moet vervang.
Die man raak nou lank in die tand, en verloor so raps te vinnig waarde op sy huidige ouderdom en kilos.
Het darm Donderdag-aand vir oulaas 6 jakkalse geskiet van hom af. Jan-Hendrik was saam gewees.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Last_Ride.jpg
Wat ek die meeste gaan mis, is die rygemak (veral op grondpaaie), brandstof verbruik en cruise control.
Wat ek die minste gaan mis, is die lae grondvry-hoogte.
Ek glo darm die volgende voertuig sal my so paar honderd duisend probleemvrye kilometers laat CRUISE
Groete
Eugene



