P14 .303 175gr Rhino Ladings

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Melckman »

Dagse!

Ek het hulp nodig, asb.: ek skiet tans 175gr Rhinos met die kettie met die volgende resultate:

S341 43.9gr en kry gemiddeld 2,380fps en teleurstellende groepe. Ek vermoed dat ek op nie op die regte node ingestel is nie. Ek sal 'n QL-hupstootjie ontsettend baie waardeer.

Looplengte: 26" (gemeet met die slot in en toe)
Draaitempo: 1:10
Dopvolume (PMP): 59.35gr
Koeellengte: 28.76mm
Koeel: 175gr Rhino
TPL: 77.264mm
Primer: CCI250

Laat weet as ek iets uitgelaat het. Byvoorbaat dank!

Marnus
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by tripodmvr »

Jou lading is nog baie laag en daarom kan die ladings wat ek voorstel dalk meer spoed gee as wat ek bereken het. Die spoed is wat jy moet kry. Laai 3 patrone en skiet vir groep oor chrony 5 meter vanaf loop se punt. Ons kan daarna fyner verstellings maak.

45,9 = 2485vps
48,3 = 2605vps

Laasgenoemde lading is op 48K van maks 53K.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Giepie »

Die dopvolume is nogal groot, nogal naby aan 'n Epps. Kyk bietjie na hierdie draad waar dit oor Jean Marais se geweer gaan.
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=72&t=40203

As ek reg onthou is die standaard volume so by 55gr water. Jean se doppe was so 58gr water. Volgens Quickload is die Epps 63gr.

Hoe lyk die doppe wat jy al gebruik het en gevorm is in jou geweer se kamer. Jy kan dalk ook met 'n aangepasde kamer vir die 303 sit.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by tripodmvr »

Het my ook opgeval dat dit groot was vir PMP. Het egter gedink dat dit met die proefskote se resultate sal uitwys en ek dit dan sal opneem. Goed om net daaroor seker te maak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Melckman »

Dankie manne! Die dopvolume wat ek daar aangehaal het, is die gemiddeld van 14 vuur gevormde doppe. van hulle was oor die 60gr en van hulle net oor die 58gr.

Moet ek bekommer oor druk met die 45.9gr lading? Wat sal die dopvulling wees, want met my huidige 43.9gr lading le die kruit alreeds aan die onderkant van die nek en kry ek 'n ligte kompressielading.

Ek sal verseker dink aan Winchester of ander, dunner, doppe - nie seker of die PMP's daardie ladings kan vat nie.

En as ek nog een laaste lastige vraag mag vra: hoe ver is ek van 'n node af met my huidige lading? Ek dink my barrel time is 1.315ms as ek reg onthou.

Weer eens baie dankie!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by tripodmvr »

Dan wil ek raai dat jy nie die volume reg bepaal het nie of die koeël lengte is te kort. Iets rym nie synde die 48.3gr dui op 91% dopvul. Jy gebruik nie dalk S361 nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Melckman »

Nee, definitief S341. Wat interessant is, toe ek die goed die eerste keer by 'n pel op QL gegooi het, het dit voorspel dat ek omtrent 2,400fps sal kry, met 'n dopvulling van oor die 90%, as ek onthou en dit het so uitgewerk, so ek het nie gedink dat iets nie pluis is nie.

Nou moet ek bieg: ek het nounet gekyk, en die eerste klompie doppe se watervolume (gemiddeld van 4) was 58.35gr, wat tien teen een nou hierdie verskil teweeg bring. Het egter die naweek 'n klomp rondtes gelaai met die 59gr-doppe en mooi dopvulling gekry.

Wat my egter bietjie dwars in die krop steek, is dat ek met 174gr SP PMP-winkelammunisie maar net 50fps minder kry, met omtrent dieselfde slegte groep. Ek kry nie 'n konstante groep onder 2" op 100m met of die PMP's of die Rhino's nie. Bv. skoot 1 en 4 sny mekaar, 2 sit regs bo, 3 sit links onder.

Is dit nou maar .303 se kind, of is my lading en komponentkombinasie SO sleg? Dis hoekom ek gou die QL-data wou nagaan. Nou het ek meer vrae as antwoorde en gaan oor 2 weke jag :):
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by tripodmvr »

Laat gaan jou loop na by 'n geweersmid. Ek dink hy is uitgeskiet as selfs fabrieksammunisie sulke lae spoed gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Melckman »

Die outjie was by 'n smid na ek hom gekry het, en volgens hom was die loop nog goed(erig). Hy is mooi geblou en liggies gerestoureer, so ek was opgewonde om te sien waaroor spog al die P14-manne so...

Ek sal probeer kyk hoe vol lyk daai doppe met die 45.9gr en 48.3gr ladings en dit van daar af neem. Ek sal julle op hoogte hou.

Baie dankie vir die hulp - ek waardeer dit opreg!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Louis Kriel »

Skakel oor na S355 en al jou pyne sal weggaan. 46gr S355 het presies 2600fps gegee sonder druk. pmp doppe en 175 Rhino. Hy sit n koedoe mooi neer.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by tripodmvr »

Louis Kriel wrote:Skakel oor na S355 en al jou pyne sal weggaan. 46gr S355 het presies 2600fps gegee sonder druk. pmp doppe en 175 Rhino. Hy sit n koedoe mooi neer.
Wens ek kan met soveel selfvertroue ladings deurgee. Hierdie is nie koekresepte nie en alle gewere verskil al is dit gering. Daarom begin mens met beginladings. S355 kan dalk beter resultate gee, maar daarvoor moet mens die veilige pad loop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Melckman »

Dankie manne. Ek wil darem ook se dat die spoed nie op hierdie stadium my belangrikste mikpunt is nie - dis meerendeels die groepering.

Ek sou maklik kon vrede maak met 2,400fps met daai 175-greiners, mits ek konstant 'n sub-MOA groep kon skiet. Nou kry ek nie een van die twee nie :laugh:

Tripod: kan my huidige opset (al is dit teen laer spoed) verantwoordelik wees vir die swak groepe, of is die loop die geneuk in jou opinie. Met ander woorde: as ek naby aan 'n node op 'n laer spoed laai, sal dit nie dalk die akkuraatheid aanspreek nie?
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Jean Marais »

Miskien moet jy 'n toets doen. Probeer vir jou Hornady 174gr Interlock in die hande kry. Hulle diameters meet 0.312, en nie 0.311 nie. As jou loop wel uitgeskiet is, behoort hierdie koeëls beter te presteer as koeëls met 'n 0.311 diameter.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by tripodmvr »

Ek sou kyk of die ekstra 2 grein S341 kan inpas en dit skiet en sien of daar 'n verandering is. Jean se aanmerking oor die 174gr Hornadys is baie geldig. Die ander een is om van GS Custom se 140gr HV koeëls te probeer. Hulle is die enigste koeëls wat in my 303 werk - en ek bedoel dit - geen loodkern wil kleiner as 4 duim op 100m skiet nie. Die GS het 3 skoot 7mm groepeer met eerste lading.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Melckman »

Jis, vreeslik dankie vir die raad en tyd. Ek gaan my bes probeer om daai lading op te stoot met die 2gr. Die ergste wat kan gebeur, is dat ek Winchester-doppe moet kry. Ek hou julle op hoogte!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Louis Kriel »

tripodmvr wrote:
Louis Kriel wrote:Skakel oor na S355 en al jou pyne sal weggaan. 46gr S355 het presies 2600fps gegee sonder druk. pmp doppe en 175 Rhino. Hy sit n koedoe mooi neer.
Wens ek kan met soveel selfvertroue ladings deurgee. Hierdie is nie koekresepte nie en alle gewere verskil al is dit gering. Daarom begin mens met beginladings. S355 kan dalk beter resultate gee, maar daarvoor moet mens die veilige pad loop.

Ja sorry ek moes seker bygese het dis Andre Fouche se lading wat uit sy artikel oor S355 uit kom. Hele paar jaar gelede. Nie n koek resep nie, maar bitter naby aan die beste lading vir n 175gr Rhino.
archer
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 60
Joined: Fri Sep 20, 2013 12:43 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by archer »

Stay away from winchester brass for .303 its rubish, best brass I have found for .303 is privi. American .303
brass is not made to spec and will give head seperation, thats been my experiance anyway.
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Melckman »

More kerels.

Net so bietjie verdere inligting: na ek die onderwerp oor Jean se geweer gelees het (vroeer in hierdie draad deur Giepie geplaas), het ek intussen wel bevestig dat my geweer se kamer aangepas is. Die vorm van die gevuurde doppe lyk omtrent identies aan Jean s'n, en is minder taps, met 'n baie ronder skouer as die standaarddop.

Ek gaan die naweek by 'n maat op QL rondspeel en kyk hoe lyk die ladings wat Tripod voorgestel het, veral die 45.9gr, in die dop. Ek hou julle op hoogte.

Dinge raak nou interessant...
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Louis Kriel »

archer wrote:Stay away from winchester brass for .303 its rubish, best brass I have found for .303 is privi. American .303
brass is not made to spec and will give head seperation, thats been my experiance anyway.
You are dead right about that. Winchester brass is very thin and doesnt last very long in certain Enfield Chambers. I only use PMP in my 303, because PMP cases are built like tanks. They still head separate, but give between 5-6 more reloads than Winchester.

When I see the light ring starting to form just above the webb I know the seperation will occur within the next 2 reloads. I then use the cases for low pressure loads with 308 lead bullets. They then last indefinetly. If you look close you can see the ring just above the webb.

https://m.ak.fbcdn.net/sphotos-b.ak/hphotos-ak-xap1/v/t1.0-9/s480x480/1919659_10152916609106235_7780542558832499840_n.jpg?oh=d0c64e6e6283c33aaf12bcbf24c39a7d&oe=55F1A7F5&__gda__=1443654861_b301140d678484eff441b17eb38d0012
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Jean Marais »

Melckman wrote:More kerels.

Net so bietjie verdere inligting: na ek die onderwerp oor Jean se geweer gelees het (vroeer in hierdie draad deur Giepie geplaas), het ek intussen wel bevestig dat my geweer se kamer aangepas is. Die vorm van die gevuurde doppe lyk omtrent identies aan Jean s'n, en is minder taps, met 'n baie ronder skouer as die standaarddop.

Ek gaan die naweek by 'n maat op QL rondspeel en kyk hoe lyk die ladings wat Tripod voorgestel het, veral die 45.9gr, in die dop. Ek hou julle op hoogte.

Dinge raak nou interessant...
Die heel belangrikste beginsel van hierdie herlaaioefening is om NIE die doppe weer met 'n vollengte matrys te vorm nie. Jy verloor al die voordele wat jy met die vuurvorm van die dop verkry het deur dit te doen. Kry vir jou 'n matrys wat slegs die nekke vorm. Dit gaan al klaar 'n verskil maak in jou spoede en die konstandheid van jou groepe.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by tripodmvr »

Lee Collet Die!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by Melckman »

Dankie manne. Nadat ek vreeslike run-out (van tot 25 - 30thou) gekry het met die Lee full length sizer, het ek intussen die collet dies in die hande gekry. Twee vliee met een klap...
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by LoopSoosStroop »

Ek het ook 'n P14 .303 en alhoewel ek nog nie verskriklik baie verskillende koeels geskiet het nie, is die meeste van hulle se gebrek aan akkuraatheid nie a.g.v. ladings nie maar vanwee die toestand van die loop.

Meeste van ons P14's wat van die weermag af kom het een of ander tyd baie kordiet rondtes gesien. Myne defnitief, want hy het omtrend nie groewe oor in die eerste helfde van die loop nie. Ek het die loop ge-"slug" want ek wou cast koeels in hom skiet.

Ek kry met meeste jag koeels maar so 2-3" op 100 m, maar dit is heel voldoende vir bosveld jag en ek het nog nie nodig gehad om verder as 60-70 m met hom op wild te skiet nie.

My huidige lading is 'n 150 gr Barnes TSX met 44 gr S335 wat hom aanjaag. Werk goed op enige iets wat in ons bosveld voorkom.

My dop se skouer is ook baie ronder en verder vorrentoe as 'n vol-lengte hervormde dop. Ek vuur-vorm my doppe met behulp van 'n spacer tussen die rim en kamer, en vorm daarna met 'n gewone Lee vol-lengte matrys slegs 70% van die nek, sodat die skouers nie terug gedruk word nie. Remmington doppe hou baie lank as hierdie metode gevolg word.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: P14 .303 175gr Rhino Ladings

Post by tripodmvr »

Nou net vir 'n vriend sit en ladings bereken vir sy P14 Epps. S355 werk baie mooi met 150 TSX en die PMP 174 FMJBT.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply