Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
willemakou
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Mon Jan 30, 2012 8:19 pm

Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by willemakou »

More kerels,

'N pel van my het met die idee gekom om hoender mis te gebruik as voerplek! Siende dat ons al mooi gevang het op plase waar die melk stalle en hoender hokke se afloop water in die dam of rivier loop wil ek nie die idee heeltemal afskiet nie! Enige advies of raad van die slim manne sal baie help! Wil nou nie die goed gaan ingooi en die vis heeltemal skrik op die lyf jaag nie! Maroek is so skaars soos hoender tande en soms belaglik duur! En hoekom betaal vir maroek as mens die mis verniet kan kry!
Kingy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Sun May 11, 2014 10:35 am

Re: Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by Kingy »

Kan dit dalk wees dat die plaas dam vis klaar gewoont is aan die hoender mis? Dalk kry hulle nog voedings waarde in die mis. Stukkies chick chick, mielies en dalk meel wat nog in die mis is?

Ons het gewoontlik voerplek gemaak met n groot sak chick chick heel mielies en maroek. Al probleem is die klein vissies raak baie lastig na n ruk.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by tripodmvr »

Ons drink daardie water een of ander tyd. Gooi liefs nie giftige produkte asomblief.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by Jake1 »

Het al wel gehoor in Loskop dam gooi ouens sand met papies in van miershoop om onderbek en karp te lok
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by Dawie Malan »

Enige warmbloedige dier se mis veroorsaak Ecoli in water, en dit maak skade vir dié wat die water drink. Mense wat kurpers grootmaak op hoendermis is baie bewus van die feit dat daardie water nie weer gedrink kan word nie en net vir die besproeiing van sekere gewasse gebruik kan word. Maroek in 'n uiesak is goedkoop en baie effektief.

Groete

Dawie
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by RUPERT »

Gebruik eerder Wild Bird seed as voer plek. As jy n bom wil bou meng n bietjie morvite pap met daai bird seed. Glo my daai pap bint baie goed.Het al van my grootste karpe al so gevang.

Die spesie manne glo so dat jy sit niks in daai water as jy dit nie in jou mont sal sit nie. As hy reg is vir menslike gebruik is hy reg vir die vis.
User avatar
willemakou
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Mon Jan 30, 2012 8:19 pm

Re: Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by willemakou »

Dankie baie! Sal voorstel dat die hoender mis nie gaan werk nie! Die ecoli ding maak nogal sin! Ons vis nogal gereeld en die seuns slaap vroeg as die klein vissies byt deur die dag! Gee my kans om te rus en met hulle vissies die babers in die aand te tacle! Weet die SA Rekord vir baber is 42 Kg of so iets. Weet iemand van groter wat al in van ons damme gevang is?
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 277
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by Polla1983 »

Willemakou.
Jy kan jou eie maroek maak, very easy.!Ons het n week voor ons die blou kurpers gaan aanvat, die konkoksie aan die gang gesit en in n drom in die son gelos laat hy lekker 'gis'.. Baie maklik en glad nie duur nie.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by Rasmus »

Gooi asb die maroek resep
Last edited by Rasmus on Thu Aug 27, 2015 8:40 am, edited 1 time in total.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by Jake1 »

Rasmus mens kry by baie supermarkte die 1kg pakkies te koop, die naam is King Korn. Jy gooi net water by en hy gis self. Ons gooi sommer ekstra gis by om dit vinniger te laat gis. As jy die bier afgegooi het en dit gedrink het (as jy regtig voel jy moet) .... ;D is dit die maroek wat agter bly.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
willemakou
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Mon Jan 30, 2012 8:19 pm

Re: Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by willemakou »

Het hom al self gemaak en oorweeg dit maar wil so 300+kg saamvat na die dam! Probleem is dat ek dit nie buite kan los om te gis nie. Olifante, seekoeie en zebras gaan die goed ruik en my draad om die huis vertrap! Mammie my vanoggend 1 uur uit die bed geskop om die zebras te verwiller wat haar heilige groen gras kom vreet het! Bere mens die goed in die stoor suip die slawe dit uit voordat jy by die water kom!
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by Rasmus »

:laugh: :laugh: Dankie Jake. Ja nee mag n man nooit so dors word nie.
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 277
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: Hoender mis I.p.v Maroek as voerplek????

Post by Polla1983 »

Netso Jake1.
Sorghum wat deur n hammermeul gegooi is saam "tlokwe" bier gemeng in die son doen wonders en het n lekker reuk aan hom na n paar dae.. Die blou kurpers in Moltedi dam kon dit nie weerstaan nie..

Makou, ek dink jy gaan jou hande vol he as jy my roete volg, dink olifant sal daai reuk waardeer!
Post Reply