Roep van jakkalse in Oop vlaktes

Post Reply
Arno

Roep van jakkalse in Oop vlaktes

Post by Arno »

Ek wil mar net bietjie jul mening hoor oor die oop vlaktes hier by my.Ek hou niks daarvan om in 'n oopstuk te roep nie.Hou daarvan om altyd teen 'n bos te stop of iets wat my bietjie kan laat insmelt.Warry ek verniet of moet 'n man maar die oop vlaktes aanvat?
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Roep van jakkalse in Oop vlaktes

Post by jaracal »

Arno
Ek kies weer die grootste vlak uit wat ek kan. As jou voertuig donker van kleur is sal dit nie saak maak nie.
op ligte maan aande sal ek langs 'n bos trek. Hier by ons in die grasvlaktes vermy ek helder maanlig aande.
Lekker jag
Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Arno

Re: Roep van jakkalse in Oop vlaktes

Post by Arno »

Dankie oom vir die terugvoering.Nou gan ek hul seermaak.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Roep van jakkalse in Oop vlaktes

Post by JACQUES BOTHA »

arno:
onthou net jakkals roep en gholf het een ding in gemeen..hulle albei kan jou mooi laat aarde toe kom.. net as jy se more speel ek daai baan aan die brand ....danis dit daai dag dat jy op jou swakste speel.
en net as jy besluit vanaand skiet ek die blou rook uit daai 2 skelm jakkalse ....dan kom daai lorrie leeg terug huis toe ......
geduld broer geduld... moetie al die jakkalse op jou plaas in een aand opskiet nie, wat gaan jy die res van die jaar doen  ;D ;D ;D ;D
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Roep van jakkalse in Oop vlaktes

Post by Caller »

Ja nee Meso

Onthou jy die aand van die afsliuting by die dieretuin se lapa wat jy ges? het jy het nog nooit vir jakkie gemis nie toe jy verskoning maak om te gaan jag, en die oproep wat ek toe later van jou af gekry het. He he he he.

caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
tafjak

Re: Roep van jakkalse in Oop vlaktes

Post by tafjak »

EK HET GELEER

Jou eie jakkalse skiet 'n ander jagter en sy prys is altyd reg!!!

Taffie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Roep van jakkalse in Oop vlaktes

Post by JACQUES BOTHA »

CALLER:
Ek onthou daai dag soos gister, Ek sien nog daai teef deur my teleskoop,  sy staan dwars, ek sien hoe haar spene hang teen die lyf soos n ou hond teef.
en ek laat lees, skoot klap en ek weet dis weskus toe met haar... ek twyfel nie eens nie, want ek skiet mos nie sommer mis nie....(grootbek botha mmmmmmm)
ek roep nog  en nog en nog, niks gebeur nie... ok ouens kom ons gaan tel haar op, sy le net regs van daardie boompie....sowat 180 220 meter voor ons,,
start die Isuzu  ons ry....en soek en soek.. nee man dit kan mos nie wees nie... ok kom ons gaan huis toe...
dit was saterdag aand...mmmmmmmmmm
sondag oggend laat ek die gesin aleen kerk toe gaan, ek gaan gou daai jakkals soek, ek weet sys daar en ek is seker ek het haar morsdood geskiet...
mmmm dis nou sondag middag 2 uur  ek kom terug huis toe,.... GEEN JAKKALS GEKRY.....EN KAN DIT NIE GLO NIE....maar dis waar
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply