Ek weet oom Wouter is ñ man wat weet waarvan hy praat, nou raak ek deurmekaar oor die teleskoop.... hehe
Thanks manne.






Baie dankie Johan, ek sal dit defnitief in gedagte hou in die toekoms, jy's die tweede man wat Reminton Safari Grade bo African Elite aanbeveel, ek was netnie bewus van hulle toe ek so rukkie terug die koeels gekoop het nie.Johan van Wyk wrote:Dit lyk of jy reeds die regte advies gekry het. Ek kan net byvoeg dat die Remington Safari Grade defnitief die beter opsie is as jy dit met PMP se African Elite vergelyk. Ek het `n paar jaar terug van die African Elites oor die chronograaf geskiet en die gemiddelde snelheid was onder 2 300 vps. Met `n Swift is dit bietjie min en die Remingtons sit so 200 vps by.
Ek het al so halwe handjievol buffels met die .375 geskiet. Eerste skoot was elke keer met `n 300-grein Swift gewees wat ek self gelaai het teen 2 540 vps. Die Swifts het elke keer deur die hart en beide longe gepenetreer en aan die ander kant onder die vel vasgesteek. Gewigretensie op die eerste bul was 294 uit die oorspronklike 300 grein en hy lyk soos iets uit `n Swift advertensie - perfekte werkverrigting.
Ek sou ook die teleskoop op los. Op 1,5x of so kan jy gemaklik op baie kort afstande nog steeds goeie skote skiet.

Hehe.... Thanks Deon, ja, ek moet eerlik wees, ek kry nou second thoughts.... Al wat my bangmaak, is as 'n buffel 'n mens sou moes bestorm, wat seker nie onmoontlik is nie, sou ek nie graag deur 'n teleskoop wil sukkel nie. Maar, wat baie sin maak uit die skrywes hierbo, is dat jou eerste skoot die een is wat moet tel, en miskien moet ek mar die ou scopie laat terugsit....DWB wrote:Arnold,
Soos jy nou al gelees het, ek het die ding ook oop visier aangepak, en ek het 100+ skote op die baan geskiet voor ek my buffel gaan jag het en steeds aangejaag.
Die eerste skoot is die een wat tel, daarna kan jy jou scope afhaal soos die res van die manne vir die fotos![]()
![]()
Daai swart lyf in die skaduwee kan jou bietjie bol!

Hemel Kallie, jou broer het daai hart reg raakgeskiet!Kallie404 wrote:Arnold,
Geniet jou voorbereiding, dis amper net so lekker as die groot oomblik self. Alhoewel ek persoonlik die .375 as marginaal beskou op buffel is daar niks fout met hom as skoot plasing reg is en goeie patrone gebruik word nie. Op hierdie foto het n klieent van my laas jaar n groot ou bul op die blad geskiet met sy .375 met gewone PMP solids............die resultate spreek vanself.



Hallo Wouter,Wouter Roets wrote:Hallo Arnold
Wat se teleskoop het jy gehad op jou geweer? Jy het gese Leoplold, maar wat se model?
Groetnis
Wouter


Frederik, nee, ek hoor wat jy se en stem heelhartig saam. Die jag kos my baie geld, en ek wil baie graag he dit moet suksesvol wees. Ek het al 100'e diere in my lewe gejag/geskiet, maar nog nooit een van die groot 5 nie. Waar kan mens inskryf vir hierdie BASA skietdae? Al baie van dit gelees en gehoor, maar weet nie rerig hoe dit werk nie.Frederik wrote:Arnold met die regte teleskoop sal jy baie ver kom die jaar het ek besluit om sonder 'n teleskoop BASA te skiet maar die vorige jare het die teleskoop glad nie gepla nie en dit op bewegende teikens en stormende teikens. Asook teikens op 5 meter leer jou toerusting het my teleskoop op 2.5 vergroting gebruik so sonder moeite.
Dit lyk nou maar net goed as jy grootwild kan jag met oop visier maar dit sit nie in almal nie dit is 'n duur jag en mense kan seerkry. Oor die algemeen verkies ek teleskoop op alle groot wild met die uitsondering van olifant. As jy nou regtig voel jy wil oop visier jag kom join ons Saterdag by BASA en kyk of dit vir jou werk onder bietjie druk en tyd skiet.











