My 7x57 "overall length"

Post Reply
User avatar
saksarel
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Mon Apr 18, 2016 10:34 pm

My 7x57 "overall length"

Post by saksarel »

Naand mane, is hier dalk van julle wat al 154gr interlok hornady punte gebruik? En watse lading werk vir julle die beste? En ook wat is julle overall length.

Groete

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: My 7x57

Post by Williel »

Hello Sarel, welkom hier. Ladings is nie koekbak waar jy resepte kan uitruil nie. Jy sal jou totale patroonlengte self moet meet. Elke geweer se kamerdimensies verskil en maak dus elke geweer uniek. Dit sal die beste wees om op die Quickload draad te gaan lees oor wat presies behels al die metodes. Laai ook altyd die minimum lading en skiet om spoed te meet. Daarna begin jy op laai met die ladings of gee al jou data soos versoek in die QL draad, dan kan ons help om n nodespoed te bereken vir jou.
Groete, Willie
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: My 7x57

Post by Ashley »

Môre Sarel

Wat Willie hierbo sê is waar en hoogs aanbeveel.
Die vinnigste manier om jou geweer (en dalk jouself) op te blaas is om n lading van iemand anders net so te copy.

Begin veilig en werk hom rustig op. Dan weet jy wat jou geweer se afmates is. Dit verseker jou veiligheid en gaan in elkgeval jou lading akkurater maak.

Ek gebruik (seker soos meeste) Somchem se tabelle om n veilige begin te bepaal. Daarna is hier baie manne op die forum wat jou met QL kan help fine tune..
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
saksarel
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Mon Apr 18, 2016 10:34 pm

Re: My 7x57 "overall length"

Post by saksarel »

Dankie julle. Ashley skiet j ook 7x57? En waste grein punt

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: My 7x57

Post by THOMAST »

saksarel, ek het eenkeer die toets gedoen met Hornady Interlocks (170gr) in my 7mm Rem Mag. Die geweer se keel was al redelik weggebrand en ek het die lang koeëls so geseat dat hulle baie na-aan die lande van die loop was.Groepering was nie waffers nie. Ek het toe op die baan stelselmatig die koeëls dieper geseat met 0.010" inkremente. en groeperings geskiet.
Ek het agtergekom dat my beste groepering was op die lengte waar die koeël se "cannelure" ring net halfpad sigbaar was in die nek van die dop.
Het dit met ander kalibers probeer en dit was altyd 'n goeie beginpunt vir my.
User avatar
saksarel
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Mon Apr 18, 2016 10:34 pm

Re: My 7x57 "overall length"

Post by saksarel »

THOMAST wrote:saksarel, ek het eenkeer die toets gedoen met Hornady Interlocks (170gr) in my 7mm Rem Mag. Die geweer se keel was al redelik weggebrand en ek het die lang koeëls so geseat dat hulle baie na-aan die lande van die loop was.Groepering was nie waffers nie. Ek het toe op die baan stelselmatig die koeëls dieper geseat met 0.010" inkremente. en groeperings geskiet.
Ek het agtergekom dat my beste groepering was op die lengte waar die koeël se "cannelure" ring net halfpad sigbaar was in die nek van die dop.
Het dit met ander kalibers probeer en dit was altyd 'n goeie beginpunt vir my.
Dankie THomast so net om eers ladings te toets kan mens hom eers "seat" tot basies op die "cannelure" om veilig te speel?

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: My 7x57

Post by THOMAST »

Dis 'n veilige beginpunt.
As jou geweer 'n magasynkas het, sou ek my TPL daarvanaf bereken: trek 0,75mm-1mm van die magasynkas se lengte af.Maak dan net seker dat die punt van jou koeël nie in die lande vasgedruk is nie, want sommige magasynkaste kan aan die lang kant wees.
Kyk onder die herlaai afdeling hoe om jou maks TPL te bepaal.
User avatar
saksarel
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Mon Apr 18, 2016 10:34 pm

Re: My 7x57 "overall length"

Post by saksarel »

THOMAST wrote:Dis 'n veilige beginpunt.
As jou geweer 'n magasynkas het, sou ek my TPL daarvanaf bereken: trek 0,75mm-1mm van die magasynkas se lengte af.Maak dan net seker dat die punt van jou koeël nie in die lande vasgedruk is nie, want sommige magasynkaste kan aan die lang kant wees.
Kyk onder die herlaai afdeling hoe om jou maks TPL te bepaal.
Dankie Thomasr wat is jou tpl as ek mag vra? Ek het myne gemeet maar dit is hier by 80mm(is dit moontlik) en dit lyk net baie lank so gaan maar eers veilig spel

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: My 7x57

Post by THOMAST »

Ek het ongelukkig nie 'n 7x57 nie
M98mauser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am

Re: My 7x57

Post by M98mauser »

Saksarel probeer maar begin by n TPL van 76mm en gebruik 45gr S365. Gaan skiet dit meet alles wat nodig is en gee die spoed deur dan sal iemand vir jou sommer gou n lading kan gee.
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
User avatar
saksarel
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Mon Apr 18, 2016 10:34 pm

Re: My 7x57 "overall length"

Post by saksarel »

M98mauser wrote:Saksarel probeer maar begin by n TPL van 76mm en gebruik 45gr S365. Gaan skiet dit meet alles wat nodig is en gee die spoed deur dan sal iemand vir jou sommer gou n lading kan gee.
Kan ek eers my ladings toets en dan eers na dit my tpl uitwerk of is dit beter om eers jou tpl te kry voor j begin herlaai en dan met dit somer die ladings toets... as j verstaan wat ek bedoel?

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: My 7x57

Post by Ashley »

saksarel wrote:Dankie julle. Ashley skiet j ook 7x57? En waste grein punt

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Ja ek doen.
Huidiglik laai ek 140gr TTSX teen so 2695fps , maar het laas jaar 175gr Interlock gelaai. Hulle het teen 2400fps beweeg.

My TPL op die Interlock was 77.5mm, en die TTSX is 77.75mm.
Dis n 2.7mm sprong.

S355 werk baie lekker met die 7x57. Ek het 40.1gr gelaai met die Interlocks, en nou 43.1gr met die TTSX.

Maar soos genoem, moenie net my of enigiemand se ladings copy nie, begin laer en werk veilig op.
Geniet hom!
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: My 7x57

Post by Ashley »

saksarel wrote:
THOMAST wrote:Dis 'n veilige beginpunt.
As jou geweer 'n magasynkas het, sou ek my TPL daarvanaf bereken: trek 0,75mm-1mm van die magasynkas se lengte af.Maak dan net seker dat die punt van jou koeël nie in die lande vasgedruk is nie, want sommige magasynkaste kan aan die lang kant wees.
Kyk onder die herlaai afdeling hoe om jou maks TPL te bepaal.
Dankie Thomasr wat is jou tpl as ek mag vra? Ek het myne gemeet maar dit is hier by 80mm(is dit moontlik) en dit lyk net baie lank so gaan maar eers veilig spel
My max TPL/kamer dimensie vir die 175gr Interlock is 80.8mm, so 80mm klink reg.
Onthou die 7x57 het n lang keel, oorspronklik ontwerp vir lang 175gr ronde neus punte.

Met die Barnes punte steek 2 van die groewe op my punt skag uit die dop uit as hy gelaai is.
So hy kan lank vertoon...
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: My 7x57

Post by 375fanatic »

Saksarel

ek laai myne soos volg Hornady interlock 154gr , 42gr S355 my COL was altyd 80mm dan het ek n groep van so 13.5mm gekry teen 2560f/sec

nou die dag het ek hom per ongeluk dieper geseat na 78mm ek het toe maar 4 gelaai en getoets tot my verbassing het die groep gekrimp na 8mm toe so my 7 x57 hou van n lekker jump ek het dit op my Rhino penetrators ook getoets met dieselfde resultate.

die blokkies op die teiken is 10mm die rhinos is die groep met die 1 flyertjie (baas se skuld)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: My 7x57

Post by Ashley »

375, netjiese groepe daar...
Was dit op 100m of op 25m gewees >:+ >:+ >:+

Nee trek net jou been. Daai is mooi.
Ek het ook agter gekom my 7x57 soek so 2.7mm+ sprong vir mooi groepe
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
M98mauser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am

Re: My 7x57

Post by M98mauser »

As jy n OAL gauge het is dit better om te meet want om te meet is om te weet. My geweer se kammer is baie lank en ek laai niks naby die lands nie is net amper onmoontlik, Van die Barnes punte kan ek 85mm maak, Met die Hornady s het ek altyd laat daai "krimp ring" ( Cannalure) net in die dop ingaan en hulle daar geseat en dan het hulle mooi geskiet.

375 daai is mooi geskiet, man teen n matigge spoed skiet 7*57 lyk my net better.
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
User avatar
saksarel
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Mon Apr 18, 2016 10:34 pm

Re: My 7x57 "overall length"

Post by saksarel »

Dankie julle hoop maar myne peform ook so : D Toets mens ladings op die afstand wat scope in gestel is of op water afstand?
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: My 7x57

Post by THOMAST »

saksarel, waar bly jy?
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: My 7x57

Post by 375fanatic »

ek het altyd daai 175gr hornadys geskiet maar hy val baie op die lang skote . maar nou skiet ek 154 hornadies op die baan en jag met die Rhino penetrators en ek moet se ek is baie impressed met die penetrators kon nog nie 1 recover nie
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
M98mauser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am

Re: My 7x57

Post by M98mauser »

ek dink nie ek het al ooit n punt recover nie . Altyd nosler partitions gebruik en laasjaar Barnes ttsx en hulle gaan deur, ek verkies maar die skoot net agter die blad.

Ashley ek dink nie jy gaan teleurgestel wees in daai 140gr Barnes nie, neem bietjie foto's van die vleisskade en post.
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
User avatar
saksarel
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Mon Apr 18, 2016 10:34 pm

Re: My 7x57 "overall length"

Post by saksarel »

THOMAST wrote:saksarel, waar bly jy?
Ek bly in waverley Pretoria... dankie julle hierdie gee my net bietjie meer agtergrond.... ek het nie n oal gage nie so het somer self probeer meet maar ek kom ook hier net oor die 80mm OAL uit en dit het vir my baie lank gelyk..... ek dink ek sal maar eers hom op n veilige lengte seat en net eers met die ladings speel ... sal dan met tyd n toestel kry om die OAL te meet.... my twist is 1:9... ek gaan maar by so 42.5 begin en dan op werk tot so 46 met .5 intervalle, Wat dink julle?
Post Reply