Hello almal
Ons plaas is geleë in die hartjie van die Bosveld - ongeveer 280 km uit Pretoria, 80 km noordwes van Thabazimbi, op die Cumberland pad. Dis 1500 hektaar groot.
Ons het nog enkele jagnaweke beskikbaar hierdie seisoen.
Die jagkamp beskik oor 'n lapa, sitkamer, eetkamer, volledig toegeruste kombuis en slaapgeriewe vir 7 persone: 4 persone in 'n eenheid met 'n volledige badkamer, en 3 persone in 'n ander eenheid met 'n badkamer wat 'n stort, toilet en wasbak het.
DSTV kan op versoek aangeskakel word. Daar is ook 'n koelkamer en slaggeriewe beskikbaar.
'n Addisionele 7 persone kan in die woonhuis slaap. Die woonhuis en jagkamp is omtrent 100m van mekaar af.
Die pryse, BTW uitgesluit, is soos volg:
Akkommodasie: R350 per persoon per dag/nag
Wild (nie volledige pryslys):
Rooibokram - R1 500
Blouwildebeesbul - R3 500
Rooihartbeesbul - R4 500
Vlakvark - R600
Elandbul - R8 500
Zebra - R5 000
Indien enigiemand belangstel, of meer inligting verlang, e-pos ons by brakbult31@gmail.com. Ek sal dan vir julle die volledige pryslys en foto's stuur.
Groete
Johan
Thabazimbi Jagplek beskikbaar
-
kudu375
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
Re: Thabazimbi Jagplek beskikbaar
Hi Johan,
Welkom op Jaracal! Ek hoop jy het jouself mooi voorgestel en dat jy 'n aktiwe lid gaan word op Jaracal, hier leer mens BAIE!
Manne ek het nie geweet dat Johan hier aansluit nie, maar kan vir julle brakbult met vrymoedigheid aanbeveel!
Ek jag al die afgelope twee seisoene by Johan en is klaar geboek vir volgende jaar einde mei.
Daar is genoeg bokke en in goeie kondisie, die veld is op sy beste as jy op die voete is, en skote is selde oor 60m.
Ek het 3 Rooibokke by Johan geskiet laasweek waarvan die kleinste een 37 kg was en die grootste een 42 kg
ons het elke dag elande, blouwildebeeste , rooihartebeeste , Zebras en genoeg rooibokke gekry, ek het ook 'n ou blouwildebees koei geskiet en n varkie.
Julle sal nie spyt wees nie.
Mooi dag

Court Schilbach
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 614
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Thabazimbi Jagplek beskikbaar
Hi Johan,
Dankie vir n lekker naweek - almal wat daar was het dit terdee geniet
Julle slag/koel kamer geriewe is eerste klas
Gidse is ook goed - die manne mag maar spoor sny
Sien julle definitief volgende jaar - daar is n hartebeest of eland met my naam op

Skiet bly maar lekker
-
michaelsmit
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Sun Jul 24, 2016 7:44 am
Re: Thabazimbi Jagplek beskikbaar
Ons wil graag n jag naweek bespreek,waar en hoe kan ek met jou in kontak kom.My naam is Michael Smit en my epos adres is msmit@mailzone.co.za. Telefoon nommer 083 677 5078.
-
Komasu
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Sat Jul 23, 2016 7:35 am
Re: Thabazimbi Jagplek beskikbaar
Dagsê Johan
Stuur asseblief vir my jul volledige pryslys met alle kostes na gerritvz@absamail.co.za
Het julle dalk waterbokke?
Hoor graag van jou.
Gerrit
Stuur asseblief vir my jul volledige pryslys met alle kostes na gerritvz@absamail.co.za
Het julle dalk waterbokke?
Hoor graag van jou.
Gerrit