Maak jou eie mes

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by 243Songdaug »

Hys nogal ietwat pricey, maar nadat ek die wiskunde gedoen het en die koste bereken het wat dit my sou kos om my draaibank, freesmasjien en myself natuurlik uit produksie te haal om 'n skuurder te bou sou ek verloor op die deal - toe hoes ek maar.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Jake1 »

Ek het hulle gou gebel, die 3 wiel belt grinder kos nou R7600. Vir my is dit bietjie rof op die stadium.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Julle pros maak die pap nou suur met daardie hoë kostes wat geen beginner kan bekostig nie.

Die draad is juis om die rookie diy mesmakers uit te daag om self iets te probeer maak wat na n mes lyk.

Kom ons deel tegnieke en raad wat dit bevorder en hou dit so eenvoudig moontlik.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Jake1 »

Viking ek glo Rookies sal wil weet wat kos die regte masjinerie.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by 243Songdaug »

Jake1 - net om jou baie moeite, navoring en tyd te spaar - betaal die ekstra R3000 en bestel die 3 wiel met die verstelbare spoed opsie. O ja, moenie vergeet dat jy nog skuurbande ook moet koop nie teen R30 elk en jy gaan 'n paar nodig kry.

Sorry man Viking - my bedoeling was nie om enigeen te ontmoedig om self 'n mes te wil bou nie - elkeen van ons doen maar 'n ding op sy manier, omrede ek 'n uiterste perfeksionis is en 'n redelik pyn in die g@t kan wees as dit by my werk kom is dit my motto om die regte tools te koop, want ek ken myself - as ek 'n mes bou moet hy soos Dries101 se messe lyk of ek gaan nie tevrede wees nie.

Net vir ingeval enigeen dalk belangstel: Herbst knives bied 'n 2 dag kurses aan om messe te bou - jy kan ook die litteratuur van hulle aankoop indien jy belangstel. Hulle bied verskillende kursesse aan - vaste lem asook vou lem kursesse.

Mesmaak is 'n ongelooflike lekker tydverdryf - ek ken manne wat met die mees basise gereedskap messe gou en hulle is baie tevrede met wat hulle uitsit.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Jake1 »

Meneer 243 jy lei my in die versoeking... ;D
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

Die realiteit is toe ek 7 jaar terug tools gekoop het was dit duur. Dit is nogsteeds duur en gaan nie goedkoper word nie. My advies koop n verharde blank van oorsee af aan. Gaan deur die handvatsel maak en skede maak proses. As jy nogsteeds dink jy hou daarvan gaan doen n kursus by the Harveys of Herbsts.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Hein M. »

Hier is 'n paar lekker mooi templets en tips:

http://dcknives.blogspot.co.za/p/blog-page_13.html
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JJV »

Myne is work in progress, sukkel om gate te boor, so dis hopelik goeie teken oor die hardheid vd saaglem. Sal beslis volgende keer ordentlike staal koop en selfde stappe volg.[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/2016081 ... fe6a73.jpg[/IMG]


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

Try tapping/cutting oil- as daai winkel nie werk nie. Gaan koop n teel boor by builders of as jy n dremel het kan jy deurgrind met daai rooi klippies- hou net die staal koud.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Andre308 »

JJV wrote:Myne is work in progress, sukkel om gate te boor, so dis hopelik goeie teken oor die hardheid vd saaglem. Sal beslis volgende keer ordentlike staal koop en selfde stappe volg.[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/2016081 ... fe6a73.jpg[/IMG]


Sent from my iPhone using Tapatalk
Gaan na n engineering winkel toe soos nesco of mesco, en koop vir jou n cobalt boor punt.

Cobalt boor punte kom in verskillende grade van hardheid. 8% cobalt is die hardste, maar ek glo n 5 tot 6% cobalt sal werk vir daardie lem.

N drill press met n baie goeie cutting fluid sal jou help om nie die boorpunt te straf tydens die proses nie.

As jy is die kaap was, dan het ek hom gou vir jou geboor, maar sterkte.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Net 'n vraag in my onkunde. Hoe moeilik is dit om koolstof staal soos die saaglemme wat jy gebruik Viking, sag te maak deur dit te verhit in 'n gasvlam en dan te skuur, sny en boor tot 'n bepaalde punt en dan daarna weer te verhard en te te temper?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

Johan dit is nie baie moeilik nie in prinsiep. Praktyk sal n mens die hele lem verhit tot non magneties en laat afkoel tot swart hite- mens doen dit drie keer om die grein struktuur van die staal te verfyn. Met die laaste verhit slag druk jy hom in cement poeier of hout as en laat hom daar le tot hy yskoud is. Dit vat n hele paar ure.
Dan is is so sag soos hy gaan kom. Dan om te verhard maak jy hom weer warm tot non magneties en gee hom bietjie meer hitte na daai punt vir so 30 sekondes.
Dan gaan hy in die olie in of die hele lem of net die edge so halfpad die breedte van die lem, as die lem se kleur swart is na so paar sekondes dan gaan die hele storie in die olie in todat hy klaar verhard het, vat gewoonlik so 20 sekondes.

Dan sou ek hom in die kombuis oond sit teen 180 grade vir n uur- uithaal en los tot kamer temp- herhaal 2-3 keer. Die was die proses vir 5160- nou ek kan nie vir jou se watse tipe olie jy moet gebruik of teen watter temp en hoe lank hy ge temper moet word in die oond nie-aangesien dit onbekende staal is.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Johan as jy die saaglem wil temper is Dries se beskrywing en metode die beste opsie.

Ek geniet dit meer om met die saaglemme te speel en verskillende tipe mes profiele te oefen aangesien jy nie nodig het om die lem te temper nie. Dit help my ook om verskillende goedkoop hout handvatsels te pas.

My ervaring met die round head mes (vir leerwerk) het my oortuig die saaglemme KAN n edge hou. Ek strop net die lem gereeld as ek leerwerk doen en hy is vlymskerp.
20160806_090505_resized.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Viking on Sat Aug 13, 2016 8:59 pm, edited 1 time in total.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Viking wrote:Het in my agterkop nog n idee vir n diy temper oondjie van gewone koffieblik uitgevoer met sement en gips mengsel...
Hier het ek n eenvoudige "furnace" gekry...nou moet hy net gemaak word

https://youtu.be/jBVa2bw3r_k
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Dankie Dries en Viking. Dalk byt ek meer af as wat ek kan kou, maar ek wil tog probeer en kyk wat gebeur. Ek het gedink om vir eers met vyle weg te spring en sien hoe vorder ek. Aansienlik stadiger as met elektriese skuurmasjiene, maar ook goedkoper (en as ek fout maak, doen ek dit stadiger.. ++>: ). Niks jaag my nie, maar dan wil ek die staal probeer versag sodat ek nou nie heeltemal vir ewig vyl nie.
Sal laat weet as ek wegspring.
Ek het al na verskeie van die manne se youtube DIY oondjies gekyk en ook gedink dis hoogs uitvoerbaar.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Die staal wat ek wil gebruik is ook maar 'n saaglem en grassnyer lem . Ek dink egter ek gaan binnekort 'n kursus by een van die mesmakers vasmaak. Ek glo ek het die vermoë om 'n mes te bou, dit sal egter help om die nodige vaardighede so gou moontlik onder die knie te kry.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Hein M. »

Hierdie ou het duidelik ook sy eie masjien gemaak om die mes se "bevel" mee te grind. Werk baie mooi.

https://www.youtube.com/watch?v=D6-1EJuJj_E

Daar is ook ander baie oulike videos op die blad. Ek leer baie en raak nou baie entoesiasties ><)
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by 243Songdaug »

Die man laat dit so maklik lyk!
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Hein M. wrote:Hierdie ou het duidelik ook sy eie masjien gemaak om die mes se "bevel" mee te grind. Werk baie mooi.

https://www.youtube.com/watch?v=D6-1EJuJj_E

Daar is ook ander baie oulike videos op die blad. Ek leer baie en raak nou baie entoesiasties ><)
Hein

Jy het my opgewonde gemaak oor die SAPCO lem...en nou is jy stil?
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Hein M. »

Viking wrote:
Hein M. wrote:Hierdie ou het duidelik ook sy eie masjien gemaak om die mes se "bevel" mee te grind. Werk baie mooi.

https://www.youtube.com/watch?v=D6-1EJuJj_E

Daar is ook ander baie oulike videos op die blad. Ek leer baie en raak nou baie entoesiasties ><)
Hein

Jy het my opgewonde gemaak oor die SAPCO lem...en nou is jy stil?
Het 'n PM gestuur. Sal later 'n foto opsit van my "poging" ><)
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Jake1 »

Weet iemand of hierdie belt grinding wheels met rubber op n universal tipe wiel is of word dit net vir mesmaak gebruik?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

Jake dis maar n mesmaak ding- jou wiele is jou duurste uitgawe- budget maar op so 3000-4000 rand vir wiele. Gooi 1800 in vir n motor en skielik is dit goedkoper om n masjien te koop by Herbst en hy werk....
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Jake1 »

Dries jys reg ek het hom alle kante toe bekyk, Hy kos R7600, my probleem is as ek n paar rand bytel by dit dan kan ek n 6.5 koop, en ek probeer myself hard oorreed ek het nie nou die geld vir een van die 2 nie ...... :laugh:
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

So bietjie weer tyd spandeer en verder aan die hef gewerk. Ek is amper reg om hef te begin epoxy en dan te begin vorm.
14713732184730.jpg
14713732305611.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
Post Reply