Wie is ook oppad jagveld toe?
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Geniet dit en sterkte
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
-
LouisC
- Full Member

- Posts: 206
- Joined: Sat Aug 02, 2014 11:39 am
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Ons ry saterdag bq Namibië toe, Aranos.
Slaap saterdagaand in Molopo lodge, sondag vroeg deur.
Geniet julle jag
Slaap saterdagaand in Molopo lodge, sondag vroeg deur.
Geniet julle jag
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Ry ook more bietjie Thabazimbi se kant toe vir 'n lekker blouwildebees, rooibok, vlakvark en vlekkies in die nag. Hoop maar alles loop soos beplan.
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
- Sean3006
- Sr. Member

- Posts: 478
- Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Dankie julle. Duimvas daai kant ook. Stuur asb n foto of twee van julle pryse.
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
- Geno
- Administrator

- Posts: 13654
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Julle manne moet dit geniet. Ek is more op n dag jag by Wildevykrans.
Goed, beter, 6millimeter!
-
willers
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Mon May 21, 2012 6:43 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Hoop Tripod word nie weer siek nie. Geniet dit myne is verby.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5026
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Uiteindilik amper gedink dit gaan nooit kom nie maar dis my beurt om bietjie vir die Vrystaat cheetahs te gaan kuier en kyk of ek iets kan om gooi met stukkie lood.
Op my lys is eland koei gaan nuwe spesies wees vir my. Sal hopelik met goeie nuus terug rapporteer dit is ook die heel eertse keer dat ek en my broer gaan saamjag.
Op my lys is eland koei gaan nuwe spesies wees vir my. Sal hopelik met goeie nuus terug rapporteer dit is ook die heel eertse keer dat ek en my broer gaan saamjag.
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Ry ook namiddag veld toe. My 2de laaste trip vir die seisoen.
Jobkaart; koedoe, vlakvark en moontlik waterbok.
Jobkaart; koedoe, vlakvark en moontlik waterbok.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Ry bietjie later vandag vir n jaarlikse pelle jag al van student dae af.ons jag vanjaar bietjie korter as gewoonlik maar almal is deesdae maar ver en besig met hul eie familie.
Hoofsaaklik vir springbok maar sal sien wat loop voor die groot roere in.
Hoofsaaklik vir springbok maar sal sien wat loop voor die groot roere in.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1995
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Daarsy manne (en dames)...
Dis weer sulke tyd met die jagseisoen wat n paar dae weg is.
Wie is oppad jagveld toe? Waarheen ry julle en wat is op die spyskaart? Watter roere word ingespan?
Met n vleisie...
Dis weer sulke tyd met die jagseisoen wat n paar dae weg is.
Wie is oppad jagveld toe? Waarheen ry julle en wat is op die spyskaart? Watter roere word ingespan?
Met n vleisie...
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Joe Rocket se gat brand nou al so, hy is onhebbelik! Ry Donderdag!!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Saderdag oggend oppad Aranos toe vir so een of vyftig springbokkies. 22-250 AI en 243 AI gaan saam.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Donderdag oppad Prince Albert toe vir enige bok wat verby kom.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1995
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Wouter,Wouter Roets wrote:Saderdag oggend oppad Aranos toe vir so een of vyftig springbokkies. 22-250 AI en 243 AI gaan saam.
Vertel bietjie hoekom daai spesifieke roere seblief? Eks sommer nuuskierig.
Dankie.
Met n vleisie...
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1995
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Watter bokke is daar Joe? Watter roere gaan saam?joe rocket wrote:Donderdag oppad Prince Albert toe vir enige bok wat verby kom.
Dankie.
Met n vleisie...
- skollie
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Ry volgende week Maandag, Kimberley se kant toe (Waterval Safari's)
Ons is 3 ouens wat saam gaan met 30-06, 243, 270, 6.5x55 en 9.3x62
Plan is 3x Gemsbokke, 2x BWBste, 8x Springbokke, 1 x Rooihartbees, paar vlakvarke en dalk 'n Eland
Kan nie meer wag nie!
Sent from my SM-T815 using Tapatalk

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Ons ry einde Junie Karoo (Middelburg en Steynsburg, Oos-Kaap) toe en gaan blesbok, springbok, ribbok en koedoes skiet waar moontlik. .308 en .270 is reeds gereed vir die ervaring.
Ek neem ook sommer my vrou en albei getroude kinders saam - as die dames hulself kan besig hou, kan die manne bietjie meer tyd in die veld deurbring.
Ek neem ook sommer my vrou en albei getroude kinders saam - as die dames hulself kan besig hou, kan die manne bietjie meer tyd in die veld deurbring.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Springbok, blesbok, koedoe,gemsbok, rooihartebees, eland en swartwildebees. Gaan die 243 ackley en die 300 WM saam neem.Mellies wrote:Watter bokke is daar Joe? Watter roere gaan saam?joe rocket wrote:Donderdag oppad Prince Albert toe vir enige bok wat verby kom.
Dankie.
Met n vleisie...
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Ry Donderdag oggend vroeg na plaas teen Limpopo naby Steenbokpan. Vaaldriehoek komiteejag. Ek het die 7x64 en 30-06 die naweek laat praat en gaan nou-nou herlaai. Waterbok en miskien rooibok wat moet plat.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Vroeg Woendag oggend val ons in die pad Phillipolis toe vir vyf dae. Kry vir Johan en Jean weer daar. Sien uit om n paar bokke huis toe te bring. Klaar gelaai en getoets, net die pakwerk om te doen.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- goodstuff
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Sun Oct 05, 2014 4:34 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Ons ry Donderdag oggend vroeg helmeringhausen toe.
Gemsbok, springbok en dalk n wilde wees.
.308 gaan saam
Groetnis
Gemsbok, springbok en dalk n wilde wees.
.308 gaan saam
Groetnis
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Burris Eliminator
Silent Hunter Silencer
Boyds Pepper Laminated Stock
Burris Eliminator
Silent Hunter Silencer
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5143
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Ek en Cobb rits Donderdag af Queenstown toe vir eland, blesbok en koedoe
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Seg groete vir Wayne. Die ou ballie brigade gaan hom in Julie tref.Pvdw wrote:Ek en Cobb rits Donderdag af Queenstown toe vir eland, blesbok en koedoe
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
PWV wrote:Joe Rocket se gat brand nou al so, hy is onhebbelik! Ry Donderdag!!
Daars hy my oom! Kyk manne ek het die oom so lus gemaak vir jag vanoggend toe ons n koppie boeretroos geniet het dat sy oge soos sterre begin skitter het en die kwyl het letterlik by sy mond uitgeloop. Dis lekker om te sien hoe opgewonde die oom nog raak as dit by jag kom.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Ek sal maar wag tot jy terug is voordat ek van jou bene breek, boetman!! Soos jy praat wil dit voorkom asof jy my as 'n "has been" beskou.joe rocket wrote:PWV wrote:Joe Rocket se gat brand nou al so, hy is onhebbelik! Ry Donderdag!!