Gevriesde jakkalse

Post Reply
tafjak

Gevriesde jakkalse

Post by tafjak »

Jacques

Wie is daai perd wat die gevriesde jakkalse so rondry en opdis vir die boere? Ek dink ons het hom opgespoor. Wil weet wat jou informasie se? Praat sommer hier op die forum dat ons die ding kan oop maak tot op die been.

Groetnis
Taffie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Gevriesde jakkalse

Post by JACQUES BOTHA »

DIE EIENAAR VAN DIE GEVRIESDE JAKKALS EHET AL BY DIE DEUR VAN N PAAR MANNE UITGEKOM.....EK HET GEHOOR DIT WAS 1OF 2 MANNE VAN BLOEMFONTEIN, MAAR EK TWYFEL OF DIT WAAR WAS OF IS....VAN DIE EEN OU, MAAR VAN DIE ANDER MAN HET EK MAAR MY BEDENKINGE...ONTHOU DIS HOORSE MAAR NOG NIE BEWYSE GEKRY NIE.......
 
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Gevriesde jakkalse

Post by katjak »

Taffie. Ek het ook al gehoor van die knaap wat so met die gevriesde jakkie agter sy bakkie se sitplek rondry en hom dan uitpluk en wys as hy geen ander jakke die aand gekry het nie.  :o As dit wel so is wil ek nie geken word in die man se geselskap nie. Kom ons vra die ou om vorendag te kom en die ware feite te weergee sodat die jak jagters se naam weer in ere herstel kan word na hy verskoning aangebied het. As daar ander persone is wat hiervan bewus is moet die man ontmasker word. Ek sal so bietjie navraag doen oor die waarheid van die storie. Dit klink my dit kon dalk n man gewees het wat hier tussen my en Britsman bly. Sal weer laat weet as ek meer nuus kon uitsnuffel. Groete en laat val die jakke.
  Katjak
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Gevriesde jakkalse

Post by JACQUES BOTHA »

Wel ek het eendag n oproep gekry van n kobus straus en toe se hy my die storie van die gevriesde jakkals en noem die naam Clarence saam met die storie , op daai staduim toe sit Clarence langs my in die kar en ek sit die speaker van die selfoon aaan..So die naam en die storie was van alle waarheid ontbloot...
Die nuutste wat ek gehoor het  was daar iemand met die naam frik betrokke en dieselfde  oor n man met die naam stefan gehoor..
So as iemand die waarheid weet , laat ons maar die name noem en hoor wat gaan aan...en of dit nou loutere makouakkies is  of woefiepoefie en of daar waarheid in steek..
Wie gaan met die regte name uitkom, ek is bereid om die man self te bel en te vra of dit die waarheid is al dan nie????
Shoot straight and tell the truth!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Gevriesde jakkalse

Post by Freek »

Deesdae is dit so koud hier in Vanderbijl, die jakkalse vries sommer van self. Mens hoef hulle nie nog aan te ry nie...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Gevriesde jakkalse

Post by Ja3 »

:D :D
miskien is dit wat gebeur het..
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Gevriesde jakkalse

Post by Christo »

Volgende Dinsdag gaan dit regtig gebeur. -7 voorspel hier by ons
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Gevriesde jakkalse

Post by Rooies »

christo

hoe lyk dit het matroosberg al sy wit kappie op?
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Gevriesde jakkalse

Post by Christo »

Rooies

Matroos en maatjies almal gedek met wit tafeldoek. Nou - 16h30 - is temp 6 grade buite. Dankie tog vir ondervloerverhitting  ;)

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply