Canting - Vraag vir die wiskundiges
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 611
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Canting - Vraag vir die wiskundiges
Dag Almal,
In gesprekke oor canting is daar verskillende opinies/mietes oor wat gebeur met die impak punt. Dit het my laat wonder of wiskunde nie dalk n antwoord sal kan gee nie
Hier is n vraag vir die wiskundiges op die groep
As ek my windbuks (HW97K) hou teen n 30 grade hoek, wat gaan die afwyking in mm wees op 50m?
Kal = 4,5mm
Tiepe koeel = ronde neus
BC (GA) = 0,0275
Begin Spoed = 232 m/s
Spoed op 50m = 192 m/s (volgens chairgun)
Vlug tyd = 0,238 sekondes (volgens chairgun)
Scope hoogte (middel punt van loop tot middel punt van scope - 30mm buis) = 6.5 cm
Zero afstand = 25m
Hoor graag van julle

Last edited by Klein Chris on Thu Nov 02, 2017 8:37 am, edited 3 times in total.
Skiet bly maar lekker
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges
Klein Chris
JPS op die forum het nie te lank terug so n toets gedoen nie en ek glo hy sal later n foto of twee kom plaas.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
JPS op die forum het nie te lank terug so n toets gedoen nie en ek glo hy sal later n foto of twee kom plaas.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1616
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges
Ek is nie so wiskundig aangelê nie, maar dink jy moet teleskoop se hoogte bo loop, en zero afstand ook gee om berekinge te doen.Klein Chris wrote:Dag Almal,
In gesprekke oor canting is daar verskillende opinies/mietes oor wat gebeur met die impak punt. Dit het my laat wonder of wiskunde nie dalk n antwoord sal kan gee nie
Hier is n vraag vir die wiskundiges op die groep
As ek my windbuks hou teen n 30 grade hoek, wat gaan die afwyking in mm wees op 50m?
Kal = 4,5mm
Tiepe koeel = ronde neus
BC (GA) = 0,0275
Begin Spoed = 232 m/s
Spoed op 50m = 192 m/s (volgens chairgun)
Vlug tyd = 0,238 sekondes (volgens chairgun)
Hoor graag van julle
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 611
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges
Dankie, scope hoogte en zero afstand bygesitGian_dP wrote: Ek is nie so wiskundig aangelê nie, maar dink jy moet teleskoop se hoogte bo loop, en zero afstand ook gee om berekinge te doen.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Skiet bly maar lekker
-
Fano
- Sr. Member

- Posts: 250
- Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges
As jy altyd op dieselfde manier gaan skiet (30 grade gekantel op 50 m) sal jy hom kan instel dat hy tref waar jy mik. Probleem gaan inkom as jy teen verskillende hoeke op verskillende afstande skiet. Ook 50 m is miskien bietjie aan die kort kant om 'n groot effek te sien.
Vir lang afstand skiet (800 m +) is dit baie belangrik dat die teleskoop presies opgelyn is met die horizon omdat mens behalwe vir gravitasie ook vir koriolis effekte moet kompenseer.
Vir lang afstand skiet (800 m +) is dit baie belangrik dat die teleskoop presies opgelyn is met die horizon omdat mens behalwe vir gravitasie ook vir koriolis effekte moet kompenseer.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges
Canting of dan kanteling, veroorsaak dat die impakpunt na die teenoorgestelde kant skuif van waar jy dink dit gaan gebeur. Die ordegrootte dink ek nie is belangrik nie, maar dat dit wel 'n effek het. Sonder om jou kop te breek oor die wiskunde moet jy dus sorg dat jou teleskoop loodreg op die loop senter is en dan dat die horisontale kruishaar waterpas is. Nou skakel jy die fout uit. Daarom die gebruik van 'n "bubble level" op die teleskoop om kanteling te verhoed.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1616
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges
Klein Chris vra oor n luggeweer. 50m met n windbuks is meer as genoeg om effek van kanteling te sien.Fano wrote:As jy altyd op dieselfde manier gaan skiet (30 grade gekantel op 50 m) sal jy hom kan instel dat hy tref waar jy mik. Probleem gaan inkom as jy teen verskillende hoeke op verskillende afstande skiet. Ook 50 m is miskien bietjie aan die kort kant om 'n groot effek te sien.
Vir lang afstand skiet (800 m +) is dit baie belangrik dat die teleskoop presies opgelyn is met die horizon omdat mens behalwe vir gravitasie ook vir koriolis effekte moet kompenseer.
Weet nie of hy FT skiet nie, maar hulle skiet uit verskeie posisies. Uit kniel posisie kan jy meer stabiel wees deur geweer te kantel.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges
Julle manne is; of nuut; of lui; of julle geheue laat julle in die steek. Ons het so lekker die onderwerp deur-trap, dat Koos sover gegaan het om onderste bo te skiet!
Gaan loer op die skakel:Effek van kanteling van roer, op teiken en mikpunt
Gaan loer op die skakel:Effek van kanteling van roer, op teiken en mikpunt
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges
Dit kan nie te moeilik wees om dit fisies te toets nie?
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges
Die manne is lui en styf na al die betoogGawie(13mm) wrote:Julle manne is; of nuut; of lui; of julle geheue laat julle in die steek. Ons het so lekker die onderwerp deur-trap, dat Koos sover gegaan het om onderste bo te skiet!![]()
Gaan loer op die skakel:Effek van kanteling van roer, op teiken en mikpunt
And as thy days, so shall thy strength be
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges
Met 30 grade kanteling na links skuif die loop-as 3,25cm na regs en dit lig met 0,87cm (32,5 en 9mm). Die effek op hoogte sal met afstand toeneem soos spoed daal.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 611
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges
Dankie julle
Gian, jy is heeltemal korrek, ek skiet FT
Gawie, dankie vir die link. Dit beantwoord my vraag
Vir FT is die "kill zone" 40mm op 50m - volgens die link teen n 10grade hoek skuif impak +- 36mm. As ek in die middel korrel dan is ek uit die "kill zone"
Dankie vir al die moeite

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges
Ek het ongelukkig nie meer die betrokke fotos nie, het foon vervang maar die toets wat ek gedoen het het nogal my oë oopgemaak van hoeveel werklik dit die impak punt verander. Dit is genoeg om in F klas jou punte te kos.jankraay wrote:Klein Chris
JPS op die forum het nie te lank terug so n toets gedoen nie en ek glo hy sal later n foto of twee kom plaas.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk