Myburgh se mooi bul...
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Myburgh se mooi bul...
Goeie dag...
Dis nou vir die laaste2 jaar wat ons vir Myburgh 'n mooi eerste kudubul soek...
Hy het telke male vir my gesê enige bul is reg vir hom , maar ek wou graag hê hy moet een maal in sy lewe 'n mooi bul skiet. Ons het hierdie spesifieke dag net 'n draai gery en gekyk vir 'n vark of jakkals , sy sussie en ma was ook by. Met die son wat so by so onder was het ek vir hom gesê hy moet wakker staan vir 'n laatmiddag beer of jakkals...op die stadium was die .308 in sy hand....ek het staan en dink hoe bevoorreg ek is om saam my gesin in so 'n mooi wêreld te wees...ek moet erken ek was in 'n droomwêreld op hierdie oomblik en het op die horison gekyk hoe die son besig is om die kameelbome se toppe te lek en nou baie vinnig sak. Die volgende oomblik word ek wakker geruk uit my werklikheids droom met die woorde wat weergalm in my ore...alhoewel Myburgh sag maar ferm praat : '' Daar staan hy pa.''
Ek het saggies vir sy ma gesê om stil te hou...ek het gesien Myburgh druk die slot saggies maar vinnig toe en dadelik het hy gesak agter die geweer...ek kon nog nie sien wat hy sien nie en ek vra hom toe wat sien jy seun...met sy een oog reeds toe en die klein vingertjie wat voel voel aan die sneller sê hy vir my pa dis 'n mooi bul. Ek wou nog sê maak net seker toe klap die verdofde skoot uit die knaldemper en ek hoor die punt trek effe in die vlak af teen die waaiduintjie en toe die kenmerkede tref van die teiken en ek sien die witstert wat oor die kraal draad spring...Ek besef toe die afstand is effe verder as wat hy gewoonlik skiet...ek range die afstand en sien dis 190m....ek sê vir hom dit was effe verder as gewoonlik en dadelik stel hy my gerus en sê vir my toemaar pa ek kon sien dis vêr en het so effe opgemik. Die klap van die skoot het reg geklink en ons het so vyf minute gewag voor ons nader gery het. Myburgh het na die plek gegaan waar die bok gestaan het en ek kon sien sy aandag is op die grond , hy buk en tel 'n bloeddruppel op wat toegerol het in die sand en sê vir my dis deffinitief raak...
By die plek waar die bul oor die draad gespring het kon ek sien sy landmerke is nie reg nie...spore reeds wyd uit mekaar en 'n duidelike merk waar hy begin struikel het...maar geen bloed op die spoor nie....tagtig meter verder lê die grys lyf in 'n Trassiebos, en ek sien die perfekte dubbellongskoot, wel so 2 duim te hoog maar perfek skuins deur die borskas , en met my omkyk sien ek my ou maat wat reeds een hand uitsteek na my en my met opregtheid bedank en ek druk my seun vas teen my. Jammer vir die effe dowwe fotos , die lug was effe swak teen die tyd. Alhoewel ek weet ek hom dalk nie moes laat skiet het so laat in die middag nie, is ek tog trots om te sien dat hy kompenseer het in 'n kort tydjie vir die afstand en die skootplasing was perfek. Later die aand sê Myburgh vir my pa wat sou ons doen as dit 'n swak skoot was, waarop ek hom toe antwoord dat ons sy bok sou soek tot waar ons kon en die volgende oggend sou ons verder soek...ek kon sien hy dink lank oor die antwoord.
Groetnis

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ben Remington on Sat Dec 16, 2017 5:54 pm, edited 2 times in total.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Myburg se mooi bul...
...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Myburg se mooi bul...
...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Myburg se mooi bul...
...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Myburg se mooi bul...
Daardie is 'n spesiale bul. Baie geluk jong man.
Vir jou pa wil ek se. Ben jou blikskottel. Jy weet hoe om ons op te werk hier laat in die jaar.
Dankie vir die deel.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Myburg se mooi bul...
Baie baie geluk. Voorwaar 'n mooi bul! Hoe beweeg hulle met daai lang kloue?
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Myburg se mooi bul...
Pragtig!
Baie geluk Myburgh! Jy is baie bevoorreg.
Baie geluk Myburgh! Jy is baie bevoorreg.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Myburg se mooi bul...
Dankie aan almal....
Ruaan dit hang net af hoe lank die kloue al is...volgens hierdie bul se lengte van die kloue het hy nog baie gemaklik beweeg en maklik oor ñ draad gespring en sy kondisie was ook goed....aan die anderkant het ek dit al by Zebras gesien wat moeilik beweeg ....veral as dit baie lank is...ek weet nie of dit meer ongemaklik as pynlik is nie...

- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2461
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Myburg se mooi bul...
Baie mooi!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Myburg se mooi bul...
Baie Geluk! As dit gebeur of as dat gebeur. As is verbrande houd. Die Kudu het bakkie gery en jy weet jou klong kan skiet. Bleddie mooi bul die.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Myburg se mooi bul...
Sjoe, baie mooi bul,
Baie baie geluk aan die jongman, hy is mooi geleer en het goed gedoen op sy eie wat dit nog meer spesiaal maak.

Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Myburg se mooi bul...
Pragtig. ..dra ons geluk wense oor aan die jong man.
Just smile and wave boys 
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Myburgh se mooi bul...
Baie dankie.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Myburgh se mooi bul...
Welgedaan jongman!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Myburgh se mooi bul...
Mooi gedoen Myburgh prag bul baie geluk.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Myburgh se mooi bul...
Fantasties!!! Baie geluk met die eerste koedoebul!! Jy gaan hard soek om daarop te verbeter in die toekoms.
Ammunisie wat julle gebruik het?
Ammunisie wat julle gebruik het?
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Myburgh se mooi bul...
Hallo Win270...
Dit was 165gr Sierra Gameking SBT.
Groetnis
Dit was 165gr Sierra Gameking SBT.
Groetnis
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Myburgh se mooi bul...
Baie baie geluk. Dankie vir deel.
-
Suikermuis
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm
Re: Myburgh se mooi bul...
Baie geluk en dankie dat jy dit met ons deel!
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Myburgh se mooi bul...
Geluk man!
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Myburgh se mooi bul...
Baie dankie.
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Myburgh se mooi bul...
Wat meet die bul Ben?
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Myburgh se mooi bul...
Plaashaas...
Ons het nog nie gemeet nie...skat so by die 52".
Groetnis
Ons het nog nie gemeet nie...skat so by die 52".
Groetnis
-
partner
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Myburgh se mooi bul...
Eish Ben. Daai kleinman mag maar. Hy is mooi geleer en mooi grootgemaak. Baie dankie vir jou deel van jagtogte en fotos en stories.
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Myburgh se mooi bul...
Baie geluk julle.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P