Goeie more.
Ek het lanklaas iets op die forum geplaas, maar geniet dit om als te lees wat hier gesels word. Ek het deur die forums gegaan ek kry nie iets op die bg kaliber nie.
Ek het reeds lading met 350gn Claw Punte wat ek gekry het by oom Kassie.
6.5gn S265 onder en 46gn S335.
Ek was gelukkig genoeg om 2 bokse Hornady 350gn Interlock en 2 bokse Hornady doppe te kon bekom.
Ek wil nie graag baie speel met lading ontwikkeling met die Hornady's nie, want dit is baie duur hoender tanne.
Ek gee nie om om ingevoerde kruit te koop vir dit nie.
Enige voorstele.
Mooi dag,
Pieter
HERLAAI DATA VIR 45/70 MARLIN Lever Action
-
Pieter Gerber
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Mon Oct 01, 2012 2:07 pm
