Watse .22

Post Reply
User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am
Location: Randburg

Watse .22

Post by 30-0Kwes » Sun Mar 11, 2018 3:48 pm

Hi Almal,

Ek kyk daarna om 'n .22 te kry. My oudste seuntjie is amper 5 en ek sien die .22 as die trappie tussen die winbuks en iets groter.

Watse maak sal julle aanbeveel en hoekom?

Ek hoor graag van julle.

User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 6370
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: Watse .22

Post by PWV » Sun Mar 11, 2018 3:55 pm

Ek sal nie na die duurste .22 kyk, as ek jy is nie. Soos jy se, dis 'n oorgang van 'n windbuks na 'n groter kaliber - indien hy wel belangstel in skiet en jy 'n groter kaliber later moet aanskaf.
Ek sou kyk na 'n goeie 2de-handse geweertjie.
Maar net my opinie!
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster

User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am
Location: Randburg

Re: Watse .22

Post by 30-0Kwes » Sun Mar 11, 2018 4:44 pm

Dankie vir die raad oom. Ek moes seker genoem het dat daar 'n 2de boetie oppad is. So ek glo darm nie die roer sal net staan en roes nie.

Op die staduim kyk ek na die CZ 455 Lux as ek sou nuut koop en tweedehands 'n brno.

User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1200
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Location: Nottingham Road, KZN

Re: Watse .22

Post by BeesBreet » Sun Mar 11, 2018 4:53 pm

Kyk ook na n anschutz as jy n mooi 2de handse een kry... ek het een gekoop so rapsie meer as n jaar terug en ek geniet hom baie... hy is bitter akkuraat.

Ek stem ook nie saam dat dit n tussen in geweer is nie, ek het baie gewere en gebruik my .22 gereeld. Hy het n lekker lynx scopie op en n silencer. Hy is n aap en n duif se baas. As ek kans kry om bosveld toe te gaan dan word hy eerste in gepak.

My dogtertjie skiet miskoeke en kluiduiwe wat uit gepak is op so 10 meter al te lekker wanneer sy saam kom na die skietbaan toe (sy is 3 en sit op my skoot, werk self die slot en sneller, ek hou net die geweertjie vas)

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Last edited by BeesBreet on Mon Mar 12, 2018 6:28 am, edited 1 time in total.

Zuku
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Watse .22

Post by Zuku » Sun Mar 11, 2018 5:45 pm

30-0Kwes. Oorweeg n pcp winbuks in .22 kaliber. Geweer is groot. Skiet maklik 100m ver. As knaldemper af is klap net so hard soos regte.22. Geen wapen lisensie nodig nie. Patrone is goedkoper. Beginner geweertjie seker goedkoper as regte .22. Kan voels en hase skiet. Kan seun alles leer van skiet net goedkoper en makliker. Enigste nadeel is herlaai van lug, maar kan n handpomp aanskaf of n lugbottel kry en self aanvul. Baie klubs voorsien n aanvul bottel en vra n minium fooi vir lug.

http://armsshop.co.za/product/kral-puncher-s-pcp-5-5mm/

User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am
Location: Randburg

Re: Watse .22

Post by 30-0Kwes » Mon Mar 12, 2018 7:07 pm

Dankie vir almal wat raad gegee het.

Ek het vandag die cz 455 lux gekoop. Ek glo ons gaan hom baie geniet.

Groete

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Watse .22

Post by Eduard Venter » Mon Mar 12, 2018 10:55 pm

30-0Kwes wrote:Ek het vandag die cz 455 lux gekoop. Ek glo ons gaan hom baie geniet.
Baie geluk. Bitter lekker geweertjie jy sal nie spyt wees nie. Selfs met die oop visiere ry die tarentale gereeld bakkie.

Groete

Post Reply

Return to “Algemeen/General”