Court ruling - Expired licences

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Zuku
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Zuku » Sat Jun 09, 2018 1:39 am

Die uitspraak is gelewer en die skrif is teen die muur. Nou moet die slim manne die uitspraak beveg wat met een slag 300 000 mense as kriminelle verklaar.

Die hernuwings proses is deurspek met foute en nie konstant toegepas nie. As ek die afgelope jaar se kommentaar oor hernuwings lees kom die volgende na vore

Mense is weggewys wat wat 100 dae voor tyd wou aansoek doen.
Mense is weggewys wat 1 dag laat was.
Mense is weggewys deur n DFO wat sê wag vir hofuitspraak.
Mense wat op 90 dae wou hernu is meegedeel dat bevoegdheid verval, nadat bevoegdheid in 2 weke verkkry is is daar gesê jammer jy het 90 dae gemis.
Mense wat na 90 dae aansoek gedoen het se lisensies is geprosesseer en hernu.

Daar is nog baie scenarios rondom hernuwing. Maar een ding is duidelik en dit is dat alle mense nie dieselfe gehanteer is deur dieselfde wet nie. Is hierdie nie die rede waaroor nou baklei moet word nie.
Last edited by Zuku on Sun Jun 10, 2018 11:13 am, edited 1 time in total.

User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2101
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: Court ruling - Expired licences

Post by andre007 » Sun Jun 10, 2018 9:54 am

Fred Camphor op groot ontbyt oor bg
Beste Lid,
Skakel in op GrootFM (90.5) of DSTV 144 vir Groot Ontbyt op Maandag 11 Junie om 06:30 en luister wat sê SAJWV se HUB, Fred Camphor oor die implikasies van gister se Grondwethof uitspraak ten opsigte van die hernuwing van vuurwapenlisensies.
Jagters Groete
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za

User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Location: Limpopo

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Jake1 » Sun Jun 10, 2018 12:06 pm

Tel julle ouens probleme op as julle hernuwing wil indien na 90 dae maar voor verstryking van lisensie self? By ons plaaslike stasie aanvaar hulle dit wel?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."

OosKaapJagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Court ruling - Expired licences

Post by OosKaapJagter » Sun Jun 10, 2018 12:47 pm

Die probleem is dat artikel 24(1) verwys na ten minste 90 dae voor die datum van verstryking.

Dus, AS jou plaaslike polisiestasie dit aanvaar, EN die sentrale vuurwapenregister se mense bereid is om dit te verwerk, is jy gelukkig. Moet dus nie daarop staatmaak nie, want as is maar verbrande hout. Die indruk wat verkry word is dat hulle nie kan bybly met aansoeke en hernuwings nie. Die maklikste oplossing is doodeenvoudig om wanneer hulle onder druk is, nuwe aansoeke af te keur of om te weier om laat hernuwings te verwerk.

User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4134
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Location: JHB

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Cobus(Cobb) » Sun Jun 10, 2018 4:51 pm

Jake1 wrote:Tel julle ouens probleme op as julle hernuwing wil indien na 90 dae maar voor verstryking van lisensie self? By ons plaaslike stasie aanvaar hulle dit wel?

My vrou het laasjaar reggekom met hare, ja.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243
HOWA 308, MAB 7.65
Stormers/WP

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3062
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Location: Citrusdal

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Chevvy SS » Tue Jun 12, 2018 11:52 am

Blykbaar is daar nog nie finaal 'n direktief deur die SAPD uitgereik nie en is daar dus verwarring by polisiestasies. Party neem wapens in, ander sê dat hulle nie die kapasiteit het nie en nog ander dat die publiek moet wag vir amnestie (dan moet die wapens tog ingehandig word terwyl daar aansoek gedoen word?). 'n Sekere woordvoerder, brig. Vishnu Naidoo, dreig egter met vervolging indien wapens nie dadelik ingehandig word nie.

Kan julle julself indink watter chaos dit gaan veroorsaak as 300 000 mense weer aansoek gaan doen terwyl die huidige paar aansoeke tans nie eers verwerk kan word nie. Die maklikste uitweg gaan dus wees om die aansoeke nie goed te keur nie. En dit kan seker 5,6 jaar (meer?) wees voordat 'n ingeneemde wapen se lisensie goedgekeur word, terwyl jy basies "ontwapen" is.

Net die volgende vraag: indien ek my geliefde pistaal gaan verloor, soos dit nou blyk, sal julle voorstel dat ek nou dadelik 'n ander een koop en aansoek doen?

Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 733
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Location: Pretoria

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Hercules Louw » Tue Jun 12, 2018 12:00 pm

Die ou pistool sal eers van jou naam af moet wees tensy jy die nuwe een onder toegewyde sport (Art 16) kategorie kan koop.

User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2101
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: Court ruling - Expired licences

Post by andre007 » Wed Jun 13, 2018 9:07 am

Manne vir die mense wat die TV opname met Fred Camhor gemis het plaas ek die skakel daarvan:
https://youtu.be/RTjW7PXSklQ

"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za

Jaco123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 308
Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm
Location: Pretoria

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Jaco123 » Wed Jun 13, 2018 8:53 pm

Ek het nou mooi almal se opinies gelees. Ek wou eers nie deelneem aan die gesprek nie omdat ek nie n vervalde lisensie het nie. Maar ek sien hier is baie wetsgehoorsame mense op die blad. Ek neem aan julle almal het TV lisensies vir die TV's by julle huise. Julle het in die 50 jaar wat julle voetuie het nog nooit vegeet om n voertuig lisensie uit te neem nie. Julle het nog nooit vandat die bestuurs lisensies veval vergeet om jou bestuurs lisensie te hernu nie. Mooi man. Jy is seker 1 in n 1000, of 10 000 of selfs 100 000.

Ek dink nie een van die manne wat se lisenie veval het voel hulle was nie nalatig nie. Maar hoekom is dit anders as n TV lisensie wat verval het? Of n kar lisensie of n bestuurs lisensie? Dis mos maar net n lisensie. Gee die manne n boete en kom ons gaan aan.

Om terug te kom na die uitspraak. Die SAPS moes seker verwag het hulle gaan wen. Hoekom is daar nog nie n "directive" uit gereik van wat nou moet gebeur nie? Die ou sè dit en daai ou sè dat. Dit is a.g.v. die swak kommunikasie in die eerste plek dat dinge so buite beheer geraak het. En nog steeds voeter die SAPS voort met die swak kommunikasie.

Die is maar net my 2 sent.

User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Messor » Wed Jun 13, 2018 9:04 pm

Jaco123 wrote:Ek het nou mooi almal se opinies gelees. Ek wou eers nie deelneem aan die gesprek nie omdat ek nie n vervalde lisensie het nie. Maar ek sien hier is baie wetsgehoorsame mense op die blad. Ek neem aan julle almal het TV lisensies vir die TV's by julle huise. Julle het in die 50 jaar wat julle voetuie het nog nooit vegeet om n voertuig lisensie uit te neem nie. Julle het nog nooit vandat die bestuurs lisensies veval vergeet om jou bestuurs lisensie te hernu nie. Mooi man. Jy is seker 1 in n 1000, of 10 000 of selfs 100 000.

Ek dink nie een van die manne wat se lisenie veval het voel hulle was nie nalatig nie. Maar hoekom is dit anders as n TV lisensie wat verval het? Of n kar lisensie of n bestuurs lisensie? Dis mos maar net n lisensie. Gee die manne n boete en kom ons gaan aan.

Om terug te kom na die uitspraak. Die SAPS moes seker verwag het hulle gaan wen. Hoekom is daar nog nie n "directive" uit gereik van wat nou moet gebeur nie? Die ou sè dit en daai ou sè dat. Dit is a.g.v. die swak kommunikasie in die eerste plek dat dinge so buite beheer geraak het. En nog steeds voeter die SAPS voort met die swak kommunikasie.

Die is maar net my 2 sent.
Jaco, as die rede was om die publiek te beskerm dan sou hulle nie lisensies gedoen het nie, hulle sou net competancy gedoen het. N krimineel koop nie 'n vuurwapen nie, en 'n citizen wat as competent verklaar is verloor nie daai status as hy nie 'n krimineel raak nie.

Byvoorbeeld dink net aan al die rigmaroll wat ons sport skieters deur moet maak, but why?
Ek meen hulle is baie meer toegewyd as meeste van ons ander landsgenote, hulle betaal hulle belasting, doen niemand kwaad, EN spandeer geld in die ekonomie.

So volgens my is die FCA net geskryf vir ontwapeneing, niks meer, en dit is presies wat nou gebeur.

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1395
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Alwin » Wed Jun 13, 2018 9:06 pm

Jaco123 wrote:...

Om terug te kom na die uitspraak. Die SAPS moes seker verwag het hulle gaan wen. Hoekom is daar nog nie n "directive" uit gereik van wat nou moet gebeur nie? Die ou sè dit en daai ou sè dat. Dit is a.g.v. die swak kommunikasie in die eerste plek dat dinge so buite beheer geraak het. En nog steeds voeter die SAPS voort met die swak kommunikasie.

Die is maar net my 2 sent.
Dit lyk regtig of hulle verwag het om te verloor en dat die hof sou beslis wat hulle te doen sou staan.

Ons moet ook onthou dat die polisie in hulle wese reaktief is. Hulle tree eers op as iets reeds gebeur het. Beplanning is nie hulle sterk punt nie. (Hierdie is geensins 'n steek na ons plaaslike polisie nie, maar 'n kenmerk van polisie oor die algemeen en in ander lande ook.)

Die hele fiasko is die gevolg van die polisie se onvermoë om die administrasie rondom die wapenwet te hanteer. Dis ook nie juis onverwags nie, want administrasie is ook nie een van hulle sterk punte nie.

Die polisie se taak behoort die toepassing van die wet te wees, m.a.w. hulle behoort slegs op te tree teen persone met onwettige wapens en ammunisie. Die skryf van wapenwetgewing en administrasie daarvan behoort deur 'n onafhanklike liggaam(e) behartig te word. Ons kan maar net hoop...

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Ratel » Thu Jun 14, 2018 7:56 am

Die staat het 'n gulde geleentheid om geld in te kry agv die situasie. Soos iemand hierbo se. Beboet dan 'n ou wat vergeet se maar met R200 en hernu sy lisensie. Gebruik dan daai ongeveer 400 000 x R200 om die CFR stelsel te verbeter.

Ja ek weet ons kan maar net wens en hoop.
Maak 'n verskil

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1395
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Alwin » Thu Jun 14, 2018 10:41 am

Hierdie plasing maak vir my baie sin:

http://www.gunsite.co.za/forums/showthr ... tion/page2

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: Court ruling - Expired licences

Post by tau » Thu Jun 14, 2018 11:07 am

GOSA nou net laat weet ALLE groen lisensies is geldig, Soos in alle. So as jy wit lisensie het en Groen lisensie vir wapen is die groen lisensie nou geldig ....
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.

User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4134
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Location: JHB

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Cobus(Cobb) » Thu Jun 14, 2018 11:15 am

tau wrote:GOSA nou net laat weet ALLE groen lisensies is geldig, Soos in alle. So as jy wit lisensie het en Groen lisensie vir wapen is die groen lisensie nou geldig ....
Dit maak nie sin nie........
Wit liksens override groene...dus groene verval....nou verval witte omdat jy nie gaan hernu het nie en groene word weer valid......

Daai kite gaan nie vlieg nie....

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243
HOWA 308, MAB 7.65
Stormers/WP

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: Court ruling - Expired licences

Post by tau » Thu Jun 14, 2018 11:31 am

Cobus(Cobb) wrote:
tau wrote:GOSA nou net laat weet ALLE groen lisensies is geldig, Soos in alle. So as jy wit lisensie het en Groen lisensie vir wapen is die groen lisensie nou geldig ....
Dit maak nie sin nie........
Wit liksens override groene...dus groene verval....nou verval witte omdat jy nie gaan hernu het nie en groene word weer valid......

Daai kite gaan nie vlieg nie....

Cheers
Sien mense op GOSA blad vra klaar brief waar dit bevestig word.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.

User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4134
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Location: JHB

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Cobus(Cobb) » Thu Jun 14, 2018 11:36 am

Nou hoor ek as volg by manne slimmer as ek....
As jy groen gehad het, en hy wys op stelsel....sal hy bly staan ten spyte van vervalde witte....dis goeie nuus maar ek sal graag dit op 'n skrywe wil sien...

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243
HOWA 308, MAB 7.65
Stormers/WP

OosKaapJagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Court ruling - Expired licences

Post by OosKaapJagter » Thu Jun 14, 2018 12:11 pm

Die ou groen lisensies se rakleeftyd is kunsmatig verleng met 'n tydelike hofinterdik.

Die nuwe wet 60 van 2000 het die ou wet 75 van 1969 vervang. Die nuwe wet het reeds op 1 Julie 2004 in werking getree. Daar was sekere oorgangsbepalings vervat om die omskakeling te reguleer. Die Konstitusionele hof het in die eerste sin van die uitspraak begin deur te sê die besit van vuurwapens is nie 'n reg nie, maar 'n voorreg wat verval sodra die lisensie om so 'n vuurwapen wettig te mag besit, se tyd verstryk.

Gegewe daardie sinsnede in die Konstitusionele hof se uitspraak, hoe lank dink julle gaan die polisie nog die situasie duld dat 'n tydelike interdik hulle aan bande lê? Dit gaan waarskynlik vroeër eerder as later wees dat 'n aansoek gebring gaan word om die tydelike interdik tersyde te laat stel. Die Konstitusionele hof se uitspraak het nou duidelike rigyne gegee aan die polisie en ander howe dat indien die wetgewing duidelik geskryf is, moet dit uitgevoer word.

Die oorgangsbepalings in die nuwe wet sê ook uitdruklik dat dit 'n misdryf is om te versuim om die aansoek om hernuwing te doen binne die tyd wat voorgeskryf was in die nuwe wet. Bylae 1, artikel 11(4). Dit op sigself is reeds strafbaar met 'n boete of gevangenisstraf van een jaar, of beide so boete en gevangenisstraf. Volgens heersende norme kan die boete tot so R 40 000 beloop.

Polisieselle is maar koud in die winter. Die beste opsie is dat almal wat geraak word hul vuurwapenverenigings vra om so spoedig moontlik die owerhede te probeer oortuig om 'n amnestie in te stel.

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1395
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Alwin » Thu Jun 14, 2018 12:33 pm

Hier is die tussentydse hofbevel van 2009.

Die polisie het nog nie teen die uitspraak geappeleer nie (soos met die onlangse Art 24/28 uitspraak).
Ek is nie 'n regskenner nie, maar ek verstaan dat hierdie uitspraak staan totdat die Grondwetlike Hof dit of bekragtig of ter syde stel.

Lees die inhoud. Dit onderskei nie tussen groen lisensies van wapens waarvoor jy ook vir wittes aansoek gedoen het, en die waarvoor jy versuim het nie. Dit sê "alle ..." Die groen en bruin lisensies onder die ou wet is dus geldig.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Location: VEREENIGING

Re: Court ruling - Expired licences

Post by GERT vd M » Thu Jun 14, 2018 1:01 pm

Wat van bevoegdheids kaart wat reeds veval het volgens die verval dayum daarop?
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie

savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 799
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Location: Kalkbank

Re: Court ruling - Expired licences

Post by savage(P Coetzer) » Thu Jun 14, 2018 1:15 pm

Bevoegdheid bly geldig so lank soos jou langste lisensie.

User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 2219
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Location: Vereeniging

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Fanta300 » Thu Jun 14, 2018 2:44 pm

Ek sien die groot Generaal sê die SAP gaan môre instruksies ontvang oor hoe om die probleem aan te spreek. Ons moet maar wag en sien
Lynx 300WM, Musgrave .308 (Ferlach Loop), BSA .303, Stevens .22, Howa .308 Varm, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi Aut., Truvello 260 Rem., BRNO ZKK 602 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3062
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Location: Citrusdal

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Chevvy SS » Thu Jun 14, 2018 2:55 pm

savage(P Coetzer) wrote:Bevoegdheid bly geldig so lank soos jou langste lisensie.
Ek moes bevoegdheid herhaal toe ek my verlede jaar 2 gewere se lisensies hernu het, terwyl daar nog 7 jaar oor was voor my laaste lisensie sou verval. Ek het in 2013 wel die nuwe bevoegdheid sonder vervaldatum verkry.

Wat maak nog sin in hierdie debakel?

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3062
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Location: Citrusdal

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Chevvy SS » Thu Jun 14, 2018 2:56 pm

Fanta300 wrote:Ek sien die groot Generaal sê die SAP gaan môre instruksies ontvang oor hoe om die probleem aan te spreek. Ons moet maar wag en sien
Brei uit Fanta? Ek het hierdie nou-net raakgelees:
Firearm Owners:

Minister Bheki Cele announced yesterday in parliament that a new Firearm Amnesty will be announced soon.

This will also provide the opportunity to relicence firearms of which the licenses have expired.

It will hopefully also make provision to license those "estate firearms" that you may have in your possession.

We shall inform you as soon as the terms of the amnesty are known.

Hang onto those guns!

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: Court ruling - Expired licences

Post by tau » Thu Jun 14, 2018 3:02 pm

Chevvy SS wrote: Wat maak nog sin in hierdie debakel?
My Oompie iemand wat dink hy verstaan die hele besigheid jok vir homself, want die pale word heeltyd geskuif. Sommer die sportsoort ook.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.

Post Reply

Return to “Algemeen/General Discussion”