2018 Jag fotos

Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by DWB »

Baie Mooi manne!!!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by Stefan Fourie »

Mis ek weer uit op hierdie jaar se kerkjag...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by Steyr270 »

Waar koop die man daardie bruin dungeree?
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 448
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: 2018 Jag fotos

Post by Basjan123 »

Stefan Fourie wrote:Mis ek weer uit op hierdie jaar se kerkjag...
Heng dis mooi bokke daai!!!
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by Stefan Fourie »

Steyr270 wrote:Waar koop die man daardie bruin dungeree?
Nee ek weet nie, sal uitvind. Ek dra hulle ook, maar my vrou sê dis lelik, lyk soos 'n kraampakkie of babygrow.

Basjan, die bokke is mooi hierdie jaar, hulle loop op yl veld wat swaar gegroei het.
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by Steyr270 »

Ek wil ook so n Dungaree he!!
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 2018 Jag fotos

Post by cassie_calvinia »

Is dit nie carhart nie?
HOU HOM DAAI DIKTE
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by Stefan Fourie »

Stefan Fourie wrote:
Steyr270 wrote:Waar koop die man daardie bruin dungeree?
Nee ek weet nie, sal uitvind. Ek dra hulle ook, maar my vrou sê dis lelik, lyk soos 'n kraampakkie of babygrow.

Die winkel was langs Checkers in Benoni se Lakeside Mall, maar die betrokke winkel is nie meer daar nie en is ook nie seker wat die naam was nie.
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: 2018 Jag fotos

Post by fanie.myburgh »

Halo manne

Ons het bietjie gaan jag saam met die werk in die Kalahari naby Upington toe. Ons was 16 manne waarvan 13 manne iets wou skiet.

Op lys was springbokke, gemsbok bulle jong kudu, eland en blouwildebees bulle.

Ons kon toe in die 2dae 20 springbokke, 2 Gemsbokke, 3 kudus en n blouwildebees skiet .

Die skote was tussen 200m en 390m, groot bokke nader aan 200m en die springbokke 280m +. Alle bokke is met 7x64’s (170gr Proamm en 162gr SST) en 6.5 Creedmoor (143gr ELD-X) geskiet.

Paar van die manne het nog nooit geskiet en die ander skiet nie gereeld nie. Die springbokke is maar moeilik gee mens net 3 sekondes kans as die bakkie gaan staan. Almal wat iets wou skiet het darm iets gekry, ook die manne wat hulle 1ste bokke geskiet het.
6dfb8e49-941c-4c30-b7c2-624333f1ca1f.jpg
75936f4e-aee2-4efb-887c-101670ec04e9.jpg
4027ac3d-a456-4263-850f-3bcb9df9ec1b.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: 2018 Jag fotos

Post by fanie.myburgh »

User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: 2018 Jag fotos

Post by fanie.myburgh »

43040504-a491-4f44-89fe-0bcc95ccb0f9.jpg
0386cd3b-ce41-4354-8c3a-020b5a445019.jpg

Sent from my iPhone using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: 2018 Jag fotos

Post by 6mmMusgrave »

Ek was darem self 1 of 2 keer die jaar in die veld. Het mooi bokke geskiet en tyd in die veld spandeur. Baie belangriker goeie tyd saam vriende en famielie deurgebring.

Het my bul vir sy 1ste jag gevat//uploads.tapatalk-cdn.com/20180730/bbff775aa532991a9602a84834a2fec4.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180730/dc8908685a746f837c4cf14c2bcb111a.jpg
Last edited by 6mmMusgrave on Mon Jul 30, 2018 4:55 pm, edited 6 times in total.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 2018 Jag fotos

Post by Geno »

Mastag maar Duif kort 'n haarsny.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by Original Harry »

Reeds in 2017 geskiet (Safari Club International - 270 SCI cm-punte) maar kry more sy trofee - vol skouer montering - ......kannie wag ;D [ (My vrou nie so angstig dat trofee kom...vat baie spasie :confused: )
Het ook NAPHA se Game Field Medal verdien ;)

http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/001_1600x1068.jpg
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1985
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: 2018 Jag fotos

Post by sako 30-06 »

Original Harry wrote:Reeds in 2017 geskiet (Safari Club International - 270 SCI cm-punte) maar kry more sy trofee - vol skouer montering - ......kannie wag ;D [ (My vrou nie so angstig dat trofee kom...vat baie spasie :confused: )
Het ook NAPHA se Game Field Medal verdien ;)

http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/001_1600x1068.jpg
Sjoe, baie mooi Eland.
Wat het hy geweeg?
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by Original Harry »

Geen idee Sako .30-06 ......toffee deal en plaaseienaar hou vleis!

Ek weet net dit was 'n onbeplande geleentheids opsie gedurende 'n biltong jag en ek moes vinnig besluit :):

Het net 'n .25-06 Remington by my gehad wat NIE my keuse is vir Eland.

Hy het twee skote op die blad absorbeer (terwille van die trofee) en alhoewel altwee goed was het dit nie gelyk of hy hom daaraan steur nie :-[ Ek het hom doodgeskiet met 'n derde skoot in die brein wat natuurlik hom dadelik laat val het. Afstand was so 80m en later so 120 meter vir die doodskiet.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by Nella »

Was gister geseen gewees en kon eers die rooibok met die boog plat maak...
IMG-20180820-WA0042.jpg
Bel toe die eienaar en vra dat hy maar ons kan kom haal, hy stel toe voor dat ek in so en so rigting moet stap want hy het toevallig naby n kop so paar koedoe bulle sien rond staan.
Wel ek het die man se raad gevolg... .
IMG-20180820-WA0041.jpg
Nou die man was een van van 4 bulle gewees. ..Ander drie bulle was almal rerig mooi trofee diere gewees en omdat ek net gesoek het na huis vleis en horing nie so lekker eet nie het die boer my n baie goeie prys gegee op die pragtige vleis bul.
Ek het die vorige dag darm n blouwildebees ook nog laat bakkie ry.
Ek is baie dankbaar aan ons almagtige GOD YAHWEH vir die geleentheid om saam my vrou en kinders weer in die bos te kon wees en dat ons n vleisie kon kry.
Manne wat n voorreg ;D
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by ruaanb »

aitsa geluk Nella mooi vleis bul daai.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by Nella »

ruaanb wrote:aitsa geluk Nella mooi vleis bul daai.
Baie dankie .
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by Stephan86 »

Kon ook die naweek bietjie tyd in die bos spandeer op my ouma se plaas. Sy wou graag vleis vir die huis hê en ek het onbaatsugtig aangebied om vir haar 'n bokkie te gaan soek. Verskoon die minder goeie foto.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

2018 Jag fotos

Post by Pappabeer »

Die jaar was n bietjie besig, en tussen kliënte se jag, vriende met Isuzus, en werk het ek nie veel by jag uitgekom nie. Elkgeval nie so veel soos ek wou nie.

Februarie/ Maart kon ek twee Nyala bulle afhaal met die .450-.400 3&1/4” en boog n week uitmekaar uit. Nr 1 vir vleis en 2 vir die plaas se krokodille.
Image
Image

Maart vroeg is die blesbokke op hulle vetste en het die ou met n helmethou uit die 6,5 geval vir tafelvleis
Image

Tommy Pettersen uit Noorwië se wild: Hy wou graag n steenbok skiet, maar met Natal se gras sukkel dit maar in Maart. Uitstekende skut met sy Tikka M595 op n GRS, alhoewel uiters onprakties om te dra.
Image
Image
Image

Mike Gump uit die VSA het weer kom draai en sy broer en die se seun saamgebring.
Nick (en ook my Tikka .308 CTR) se eerste Afrika wild- groot zebrahings met n 165gr Scirocco.
Image
Image

Mike met n laaste lig blouwildebees
Image

Nick se vlakvark
Image

n Ander jagter se kwes zebra wat my vir n middag die berg gewys het. Soos met meeste kweswild kom alle eer die spoorsnyer toe om hulle te kry. Ek kon wel op 284m n enginkamer skoot met die .416 Ruger inkry met sy 1-6x Z6 op, my vêrste skoot nog met die geweer.

Image


Mark, die booking agent kon die mooi 24&1/2” hartbees skiet
Image

David se blesbok, saam met Remi die pointer wat geweier het om tuis te bly.
Image

David se seun Nick met n mooi rooibok wat hy op 240m geskiet het.
Image

Mike se Waterbok. Hy was te haastig om n vlakvark te soek om mooi fotos te neem. Hierdie is n 28” bok. Wys maar het hoe n slegte foto n trofee nie tot sy reg kan laat kom
Image

En toe kry hy darem n mooi vark
Image
Image


Kolonel J Wood het weer kom kuier en op 80 jag hy nog hard. Hy het vir n dag n cull nyala kom skiet voor hy terug is na die res van sy jag toe.
Image
En nog n suksevolle Scirocco
Image

Vriend Lourens het kom kuier en n walk & stalk nyala met die boog geroer, voor ons op die Umfolozi n rooi ribbok vir hom gekry het met die .250 Savage. Mooi ou ram met dik pads en net onder 7” horings
Image
Image


Ek kon daarna self slaag om weer vir myself n mooi rooibok ram te soek in Hluhluwe. 1/4” kort van RW, maar mooi vorm en n lekker jag. Hy het geval voor n 160gr Nosler Partition uit die FN 7x57
Image

n Week of wat later kon ek self n mooi rooi ribbok met die FN .250 Savage jag op die selfde plaas teen die Wit Umfolozi
Image

Vroeg Augustus het ons n biltongjag by Nico Harris gedoen. Ek kon n vet blouwildebees koei, twee varke, twee rooibokke en n verkleurmannetjie kry.
Image
Image

Image
Image

Tussen Eugene, Jan Kraay, DJ en Morne het nog n paar Nyalas, rooibokke en wildebeeste geval.
Eugene se 587m Blouwildebees
Image

Morné se Nyala wat in die reën teen n berg uitgedra is.
Image

Laaste week Augustus was ons blommekyk trippie en kuier by Cassie om n Vaalie te jag. Ek was gelukkig om die ou met die FN .250 Savage onder skoot te kry. Hy het 9&1/4” gemeet. Begin van die jaar het ek ten doel gestel om n mooi rooi ribbok, vaal ribbok en rietbok met die geweer te jag. Sovêr was ek bevoorreg met twee besonderse trofeë, gepaard met lekker kuier by vriende. Ek het nou nog net onder 4 maande om die Rietbok te kry.
Image
Image
Last edited by Pappabeer on Sun Sep 09, 2018 10:01 am, edited 6 times in total.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by naas222 »

Daai wit kopbeen en horing is mooi.. het jy laat doen of self afgekook?
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: 2018 Jag fotos

Post by Pappabeer »

naas222 wrote:Daai wit kopbeen en horing is mooi.. het jy laat doen of self afgekook?
Ek doen my skedel monterings self Naas. Ek het tevore te veel skedels terug gekry waarmee ek ontevrede was oor hulle stukkend gekook is, geverf is, of helfte weg gesny is. n Ander probleem is taxidermie studios olie soms die horings wat hulle natuurlike kleur wegvat en dit swart maak. Kyk maar hoeveel koedoe skouer monterings het swart horings, en as jy na die jagfoto kyk is die horings n bruin/grys kleur, veral by die basisse.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 2018 Jag fotos

Post by tau »

Pappabeer wrote:Die jaar was n bietjie besig, en tussen kliënte se jag, vriende met Isuzus, en werk het ek nie veel by jag uitgekom nie. Elkgeval nie so veel soos ek wou nie.
Ja nee fooitog vreeslike swak jaar wat jy beleef het in die jagveld. Ek stuur vir jou 'n Vrugtekoek vir kersfees dat jy beter kan voel oor jou ellende...... Onthou sodra die asemrowend normaal raak is die lewe te lekker :laugh:

Baie mooi bokke en plekke waar jy al gejag het vanjaar!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: 2018 Jag fotos

Post by FHM »

tau wrote:
Pappabeer wrote:Die jaar was n bietjie besig, en tussen kliënte se jag, vriende met Isuzus, en werk het ek nie veel by jag uitgekom nie. Elkgeval nie so veel soos ek wou nie.
Ja nee fooitog vreeslike swak jaar wat jy beleef het in die jagveld. Ek stuur vir jou 'n Vrugtekoek vir kersfees dat jy beter kan voel oor jou ellende...... Onthou sodra die asemrowend normaal raak is die lewe te lekker :laugh:
++>: ++>: ++>:

Mooi gejag daar Beer!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply