Met moderne masjinering en ontwerpe het baie megniese toerusting baie betroubaar geword. Vat maar hoe jy vertrou op jou motor wat telkens aan die gang kom en jou kry waar jy wil wees.
Ek wil hier 'n paar gedagtes oor die instandhouding van haelgewere opper na my onlangse ervaringe.
Ek het eerstens 'n Artemis Khan aangekoop en skiet nou al verskeie jare met hom. Die ander is my Chinese draak - eintlik naamloos, maar as Norinco op my lisensie.
Hierdie jaar het ons nogal redelik met hulle geskiet. Cobus(Cobb) het die Chinees half geannekseer en het sy kwota duiwe en watervoëls grond toe gebring. Met die watervoël skiet het my probleme kop uitgesteek. Laatmiddag het ek na 'n eend geskiet en skielik met die voorlaai in my hand gestaan. Ek kon waarneem dat dit vooraf "los" gevoel het. Met die voor en agtertoe beweeg het dit die een moertjie afgesny en toe losgekom. Ek ruil dit toe om vir die draak en voel toe dat die' voorlaai ook los is.
Gelukkig het ek toe 'n gepaste moertjie en ek het nou silikon aangebring om die losdraai te probeer hokslaan. Die draak se moertjies is toe ook vasgedraai en was redelik los.
My doel met die skrywe is dat julle maar gereeld die hael- en koeëlgewere se boute en moere moet nagaan. In albei platforms se geval kan jy met 'n onbruikbare roer sit.
Instandhouding van haelgewere
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Instandhouding van haelgewere
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Gideon@1
- Sr. Member

- Posts: 427
- Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
Re: Instandhouding van haelgewere
As jou goed vandag oppas en versorg, dan hoef jy dit nie later weer te koop nie....
Groetnis
Groetnis
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 929
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Instandhouding van haelgewere
Effens van die haelgeweer onderwerp af, maar tog relevant dink ek. Ek moes minder as n jaar terug, n maat van help met sy geweer waarvan die voorste aksie skroef af gebreek het. Daar was klein bietjie speling en met verloop van tyd, het die skag reg agter die kop, so verswak dat dit eenvoudig mors af gebreek het. Soos oom tereg sê, mens moet maar van tyd tot tyd na die boutjies en moertjies kyk net soos wat mens n voertuig se wiel boute byvoorbeeld ook nagaan.
Groetnis
Philip
Philip
