Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Ek sien die demper op jou roer verhoog dir spoed met ongeveer 18vps.
Met die kalibrasie sonder demper lê jou node steeds by 54.8 grein @ 2846 vps op die chrony, 5 meter voor die loop.
Met die demper tydens kalibrasie sou die node by 54.5 grein lê @ 2948vps.
Die spoed lyk naby aan mekaar, maar die verskil in spoed teenoor lading maak dat QL nie doeltreffend gekalibreer word nie. Alhoewel dit in die "nodeband" val wys jou groepering dat jou geweer op die nommer wil wees.
Ek sal aanbeveel dat jy nou die lading van 54.8 grein skiet sonder die demper sodat ons QL se kalibrasie kan bevestig. Skroef dan die demper op en skiet vir 'n groep. Indien die groepering nie na wense is nie, begin met 'n 1mm sprong en maak dit dan inkrementeel meer. Jy maak dus die TPL korter met 0.2 mm tot die groep toemaak. Ek sal nie verder as 2mm sprong gaan nie. Ek sal dan eerder in 0.1mm inkremente nader aan die lande laai tot 'n 0.5mm sprong.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
In QL het ek BA factor verander van 3700 na 3750 as ek dan kyk na spoed op my data sheet is ek in die kol met spoed maar die grouping was nie na wennse nie