Ek is solank besig om te karring aan moontlike ladings en kombinasies in afwagting vir die lisensie van my Howa 26" heavy barrel 1:10 twist .308 Win.
Ek is gladnie 'n expert nie en waardeer enige raad, volgens die QL berekeninge wat my broer vir my gedoen het kan ek by node 4 (rondom 2837 ft/s) uitkom met 'n verskydenheid dryfmiddels met 'n 150gr en 155gr accubond/CC, maar met die 165/168gr accubond/accubond LR, kan ek net met die onderstaande dryfmiddels en drukke daar uitkom.
S341 teen 61000Psi @ 2808 ft/s
CFE223 teen 59000Psi @ 2837 ft/s
Met 'n 180gr accubond gaan ek net by node 5 (2584 ft/s) uitkom en dan is die 165/168gr op die hoër node beter in energie, trajek en wind drift tot op 800m.
Is hier enige ander manne wat met CFE223 in hulle .308 Win skiet en is daar enige probleme of rede hoekom mens dit eerder moet vermy? Veral met die genoemde probleme by Somchem op 'n ander draad kyk ek na ander opsies as S341 al werk dit vir my mooi in my 375.
308 Win met 168 Accubond LR / 168 Custom Comp en CFE 223
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
308 Win met 168 Accubond LR / 168 Custom Comp en CFE 223
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: 308 Win met 168 Accubond LR / 168 Custom Comp en CFE 223
Philip,
CFE wou nie werk in my 308 nie. Moet sê dat hy `n 20" lopie het.
H4895 het van die start af baie mooi geskiet. Met `n 26" loop in jou geval sou ek na `n ander poeier kyk as CFE 223.
Met `n vleisie...
CFE wou nie werk in my 308 nie. Moet sê dat hy `n 20" lopie het.
H4895 het van die start af baie mooi geskiet. Met `n 26" loop in jou geval sou ek na `n ander poeier kyk as CFE 223.
Met `n vleisie...
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: 308 Win met 168 Accubond LR / 168 Custom Comp en CFE 223
Is dit n Howa (HLR) ?
As ek mag vra waar het jy hom gekoop en die prys?
As ek mag vra waar het jy hom gekoop en die prys?
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: 308 Win met 168 Accubond LR / 168 Custom Comp en CFE 223
Dit is 'n Howa 1500 308 win 26" blued varmint barreled action wat in 'n hogue kolf is, ek sal nog vir hom 'n MDT Oryx chassis aanskaf met tyd. Ek het hom by Ockert by Quenets gekoop, ek het R10k vir hom betaal laasjaar. Sover ek verstaan is dit basies dieselfde aksie en loop wat in die HCR weergawe gebruik word net met 'n ander kolf.Plaashaas wrote:Is dit n Howa (HLR) ?