JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Jun 26, 2019 7:40 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 
Author Message
PostPosted: Mon May 13, 2019 7:39 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Posts: 55
Location: Pretoria
Goeie naand manne

Gedink ek deel dalk sommer bietjie my ervaring met julle.

Ek het grootgeword met PMP bruin boks vir jag, en self begin laai toe ek my eerste lisensies gekry het op 21. So het ek maar bly vashaak op die lood kern punte, omdat dit was wat ek geken het, alhoewel ek gespeel het met beter punte darm, en rond gehop het tussen 'n paar premium bonded punte, in beide die 30-06 en 375. So oor die laaste paar jaar kom die gesprekke gereeld op oor die nuwe dinge, soos al die mono punte en hulle sukses. Die idee het bly vashaak, maar party van ons is mos maar effens versigtig vir verandering.

So breek die tyd aan, Desember 2018 besluit ek dat die 375 die jaar die eerste keuse gaan wees as die kluis oopgesluit word, aangesien hy effens afgeskeep was oor die laaste paar jaar. So begin die voorbereiding, en toe dit by die punte koop kom, het ek maar oë toegeknyp, en die stap gevat in die mono rigting.

Na baie lees en rond vrae, besluit ek toe op die 250gr Bushmaster van Peregrine. Die ontwikkeling was baie makliker en eenvoudiger as die berg wat ek gedink het voor my gaan lê, en met so bietjie hulp van 'n vriend en Quickload, is ek sommer vinnig op die regte pad. Met CCI 250 primers, 67.9gr s321 en PMP doppe, spring hulle by die Winchester se loop uit teen 2630fps. Met my vaste 4x40 teleskoop, skiet hulle konstant op 1.5", en gestel om die papier te pons 1" hoog op 100m, is die trajek glad nie te sleg nie, sou ek 150m, of selfs dalk 200m moet skiet, alhoewel die fokus op 'n bosveld geweer en lading is, so ek sal altyd die skote onder 100m probeer hou, ek kruip eerder bietjie langer rond !

2 naweke gelede kom die eerste geleentheid vir bloed trek toe, en ek kry die kans om 'n mooi blouwildebees koei te skiet, so +-110m skoot. Die veld was bitter ruig, en soek sal moeilik en stadig gaan, so ek besluit om haar op die knoppe te skiet, en die soektog so kort moontlik probeer hou. Die punt is deur albei blaaie, en middel van die hart, en sy het 30m gemaak. Vleis skade was rerig minimaal, ek het 'n bietjie vleis moes uitsny op die binnekant van die uitgangs blad, maar was seker nie 500g nie, en dit was dit. Ek sien baie uit na die volgende jagte van die jaar om dit verder te toets op wild, maar vir nou is ek baie tevrede, en bly ek het die sprong gemaak. Ek is net spyt ek het nie foto's geneem van die karkas nie, het so vasgehaak by die loer en bekyk, dat ek heeltemal van die foto's vergeet het.

Ek gaan nog so bietjie met die lading speel, en kyk of ek dalk konstant op 1" kan uitkom, en dan is dit die 30-06 se beurt !

Ek moet sê die gevoel is nogal lekker, om aan 'n stuk droëwors te kou, en te weet daar is niks lood wat iewers rond dryf, of dat ek 'n stuk van die koper mantel gaan raak byt nie !

_________________
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue May 14, 2019 7:15 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am
Posts: 248
Location: Centurion
Die mono's werk soos 'n droom. S&O het 'n paar jaar terug Barnes TTSX 250Gr uitverkoop teen R500/50 en ek het myself soos 'n vark gedra. Moet se ek is nie een dag spuit nie. Kyk die mooi groep op 200m teen 2702ft/s. Alles het ook geval daar waar hy geskiet is vanaf koedoe tot vlakvark met minimum vleis skade.


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue May 14, 2019 8:59 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Posts: 367
Location: PTA - Mountain View
Ek en swaer laai albei "mono's", 200gr GS HV in die 375 Ruger en 150gr GS HV in die 30-06. Ons wil ook die Kriek's toets op n stadium

_________________
Ek skiet voorlaaier


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue May 14, 2019 6:28 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Posts: 55
Location: Pretoria
Barnes is en bly sonder twyfel seker die eerste keuse, en was heel bo aan my lys ook, al wat my bietjie afgesit het was die prys, waar die Peregrine's gehelp het met die goedkoper solids wat blykbaar op dieselde plek skiet as die duurder jag punte, wat die oefen darm goedkoper maak. Of hulle wel so dieselfde skiet moet ek nog sien, het maar vasgebyt en ontwikkeling gedoen met die jag punte net vir ingeval.

Die Kriek's sien ek kry ook baie goeie terugvoer hier op die forum, hulle is ook een van my oorwegende keuses vir die ontwikkeling vir die 30-06.

_________________
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue May 14, 2019 6:30 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Posts: 55
Location: Pretoria
Monster wrote:
Die mono's werk soos 'n droom. S&O het 'n paar jaar terug Barnes TTSX 250Gr uitverkoop teen R500/50 en ek het myself soos 'n vark gedra. Moet se ek is nie een dag spuit nie. Kyk die mooi groep op 200m teen 2702ft/s. Alles het ook geval daar waar hy geskiet is vanaf koedoe tot vlakvark met minimum vleis skade.


Baie netjies groep daai Monster ! Is dit jou bullet drop oor die afstand ? Van middel af ? Waar skiet hy dan op 100m ?

_________________
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group