Vervanging van verlore Jagmes

Enige iets tov messe.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by FHM »

KillMurphy911 wrote:
Boomstomp wrote:Is daar 'n rede dat niemand nog die oorpsonklike sakmesse (Victorinox messe) genoem het nie?

Ek gebruik nou al paar jaar 'n Victorinox Sentinal One hand (liner lock) 111mm of die Victorinox Hunter 111mm -> dis die groter reeks knipmesse.

Werk baie lekker!
Jy maak 'n geldige punt Boomstomp. Dis asof mens so oor dit kyk. My derde beste tweede knipmes was een wat my pa vir my gegee het. 'n Silver, Vloot issue Victorinox. Sal my linker voortand gee vir so messie.

Laat ek bietjie verder soek.
Goeie messe wat hierbo genoem word.
Dis soos n teleskoop kies, elke ou soen sy vrou...

Ek is n Puma man, al 30 jaar lank. Het 5 jaar terug vir my nog een gekoop in Swakopmund. Daai spesefieke een soos hier onder is bietjie kleiner (korter) as my ander twee.
Puma Rotwildmesser.jpg
Die mes (Rotwildmesser) met staal 440A / 55-57 HRC is so + - 25 cm lank in totaal en pas lekker styf en diep in sy skede dus is die uitval kanse skraal en sy gewig le ondertoe in die skede. Ek haat n mes wat aan my sy sit en weens 'n swaar handvatsel of tos skede aanmekaar skeef gly of wil 'gaan le'.
In leerskede.jpg
Hulle (Puma) is nie te sag op die beursie nie, die een in Duitsland vervaardig was R 4800 op n 'special so 5 jaar terug, maar dis n mes wat jou laaitie kan erf eendag ou maat! ;) As jy n puma outlet naby jou het - gaan loer gerus, jy sal NIE spytwees nie!
Sterkte met die soek ++>:
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 552
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Stephan86 »

Jy kan gerus ook na die Cold Steel reeks messe kyk. Ek het die basiese Roach Belly, nie die mooiste mes nie maar hy hou sy "edge" baie goed en hy is baie bekostigbaar. En dan my EDC mes is 'n CRKT, hy het laasjaar homself baie mooi gedra toe hy moes help kameelperd slag.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

Ja, my hart trek sommer so punt vir beide Puma en Cold Steel messe. Dit is, immers, enige man se reg om 'n ordentlike mes te dra. Wat nogal hartseer is, is dat my verlore mes presies soos daai Puma Rotwildmesser gelyk het.

Eks net flippen bang ek verloor die duur mes. Het immers al ten minste 6 multitools verloor (Darem nie almal my skuld nie, Een was in Irak afgevat en die ander by ORT toe ek moes hardloop om my vlug te vang en nie tyd gehad het om my tasse in te boek nie.) en nou my jagmes. Mense sal beegin sê dat ek sukkel om 'n les te leer!
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 552
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Stephan86 »

KillMurphy911 wrote:Ja, my hart trek sommer so punt vir beide Puma en Cold Steel messe. Dit is, immers, enige man se reg om 'n ordentlike mes te dra. Wat nogal hartseer is, is dat my verlore mes presies soos daai Puma Rotwildmesser gelyk het.

Eks net flippen bang ek verloor die duur mes. Het immers al ten minste 6 multitools verloor (Darem nie almal my skuld nie, Een was in Irak afgevat en die ander by ORT toe ek moes hardloop om my vlug te vang en nie tyd gehad het om my tasse in te boek nie.) en nou my jagmes. Mense sal beegin sê dat ek sukkel om 'n les te leer!
Daai Roach Belly van Cold Steel kos nie dieselfde as die res van die reeks nie, sien die groot winkel vra R 350 vir hom.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by FHM »

KillMurphy911 wrote:Ja, my hart trek sommer so punt vir beide Puma en Cold Steel messe. Dit is, immers, enige man se reg om 'n ordentlike mes te dra. Wat nogal hartseer is, is dat my verlore mes presies soos daai Puma Rotwildmesser gelyk het.

Eks net flippen bang ek verloor die duur mes. Het immers al ten minste 6 multitools verloor (Darem nie almal my skuld nie, Een was in Irak afgevat en die ander by ORT toe ek moes hardloop om my vlug te vang en nie tyd gehad het om my tasse in te boek nie.) en nou my jagmes. Mense sal beegin sê dat ek sukkel om 'n les te leer!
Jy moet blykbaar maar vir jou eerder 'n ordentlike knipmes kry wat met n belt-knip aan jou sy vassit ++>:
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

Stephan86 wrote:
KillMurphy911 wrote:Ja, my hart trek sommer so punt vir beide Puma en Cold Steel messe. Dit is, immers, enige man se reg om 'n ordentlike mes te dra. Wat nogal hartseer is, is dat my verlore mes presies soos daai Puma Rotwildmesser gelyk het.

Eks net flippen bang ek verloor die duur mes. Het immers al ten minste 6 multitools verloor (Darem nie almal my skuld nie, Een was in Irak afgevat en die ander by ORT toe ek moes hardloop om my vlug te vang en nie tyd gehad het om my tasse in te boek nie.) en nou my jagmes. Mense sal beegin sê dat ek sukkel om 'n les te leer!
Daai Roach Belly van Cold Steel kos nie dieselfde as die res van die reeks nie, sien die groot winkel vra R 350 vir hom.
Gaan hom nou loer
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

FHM wrote:
KillMurphy911 wrote:Ja, my hart trek sommer so punt vir beide Puma en Cold Steel messe. Dit is, immers, enige man se reg om 'n ordentlike mes te dra. Wat nogal hartseer is, is dat my verlore mes presies soos daai Puma Rotwildmesser gelyk het.

Eks net flippen bang ek verloor die duur mes. Het immers al ten minste 6 multitools verloor (Darem nie almal my skuld nie, Een was in Irak afgevat en die ander by ORT toe ek moes hardloop om my vlug te vang en nie tyd gehad het om my tasse in te boek nie.) en nou my jagmes. Mense sal beegin sê dat ek sukkel om 'n les te leer!
Jy moet blykbaar maar vir jou eerder 'n ordentlike knipmes kry wat met n belt-knip aan jou sy vassit ++>:
Ja! Dis nie eers onderhandelbaar nie! ++>:
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Arnold »

Niemand sê veel oor die soort staal waarvan julle hou nie?

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2198
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Ds J »

Arnold wrote:Niemand sê veel oor die soort staal waarvan julle hou nie?
Staal wat regtig skerp word en skerp bly is duur.

Om boonop nog n goeie staal te kry wat regtig skerp word, skerp bly en redelik maklik slyp is regtig n kuns.

Ek het vir n hele paar jaar n CRKT M21-02 gedra. Dit is n taai mes wat homself uitsonderlik van sy taak gekwyt het, en ek het hom nie gespaar nie. Bees slag, vleis werk, hout kloof, algemene snywerk ens. Die staal is 8Cr14MoV. As ek moet kla dan is dit omdat die lem nie baie lank skeerskerp bly nie. Hy word redelik maklik skerp, en bly redelik skerp, maar hou nie n skeerskerp snyvlak nie.

Een van my baie goeie vriende het n Spyderco Endura. Dit is n puik ontwerp met goeie materiaal. Ek moet egter toegee dat die staal my moedeloos gehad het want dit was byna onmootlik om hom met die hand te slyp. n Fyn bandskuurder sou beter gewerk het.
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

Ds. maak 'n goeie (mes) punt! Ek vat altyd my messe na 'n Oom by die Boeremark op Saterdae om skerp te maak. Hy vra maar R20 per lem. Maar, dit is ook 'n kuns wat ek graag sal wil bemeester. Dink dit kan net so bevredigend wees soos om 'n akkurate lading te ontwikkel en om jou eerste bok daarmee plat te trek!
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
Walter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 489
Joined: Wed Jul 04, 2012 7:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Walter »

Die staal van die mes bepaal deesdae of ek 'n mes koop of nie koop nie. Vroeër het ek op die ingewing van die oomblik messe soos Kershaw en CRKT gekoop. Dit was voordat ek geweet het presies waarvan ek hou en watter staal, lem ontwerp en hefontwerp goed vir my werk. Elke ou het maar sy persoonlike voorkeure. Daar is deesdae heelwat boksies wat getick moet word voordat ek op 'n mes besluit. Ek is al deur baie sakmesse.

Ek dra al die laaste 5 jaar 'n Buck Vantage 340. Blykbaar het hy 'n lem van 420HC staal. Die lem is vinnig om te slyp en word vinnig stomp. Die res van die mes se ontwerp is vir my perfek. Ek sou net die vorm van die lem bietjie anders wou hê. Hierdie mes is deesdae my stadmes.

https://www.knivesandtools.com/en/pt/-b ... 0bks-b.htm

Deesdae roteer ek 2x Enlan Roller messe wanneer ek boer. Hulle het lemme van 8Cr13MoV. Die staal slyp maklik en hou ook baie goed (beter as die Buck se 420HC). As een stomp is, gebruik ek die ander een. As albei stomp is, dan slyp ek albei. Ek sou net die pocketclip se ontwerp wou verander, maar vir plaasgebruik is dit nie 'n probleem nie.

Ek kan 5 van die Enlan messe koop vir die prys van die Buck. As 'n Enlan verloor, huil ek nie so lank nie.

https://www.animalgear.co.za/enlan-roll ... knife-blue

Ek het so jaar terug deur dieselfde denkproses gegaan as KillMurphy911. Ek het 'n mes gesoek vir jagdoeleindes. Ek het veral gekyk na die Morakniv messe. Veral na die Mora Basic 511 mes (1095 staal).

https://m.takealot.com/#!product?id=PLI ... ate=dialog

Dis egter so min wat ek 'n jagmes gebruik, dat ek besluit het teen 'n vastelem mes en vir 'n groot knipmes. Ek is prakties en minimalisties van aard. 'n Mes moet veeldoelig wees. 'n Knipmes is meer veeldoelig as 'n vastelem mes. Ek het die grootste Honeybadger mes gekoop. 8Cr13MoV staal. Maklik om skoon te maak. Al wat my irriteer (soos wat Eduard Venter ook verduidelik) is die inham met die groefies aan die agterkant van die lem. Hulle kon eerder die lem se snyvlak langer gemaak het. Die res van die mes is perfek (vir my).

https://kloppers.co.za/ultratec-honey-b ... kpEALw_wcB
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

Dankie vir die terugvoer Walter.

Ek is met jou as dit kom by goedkoper messe. Dis hoekom daai Morakniv/Opinel combo my so aantrek. My Oupa het ook net een mes gehad wat hy vir als gebruik het. Victorinox (Van die os op die jas, daai gekleurde steakmessies van hulle is flippen ordentlik!). Ek is ook klaar met duur Leathermans. Het jare 'n cheap Gerber gedra en niemand wou hom steel nie maar vir my was hy perfek. Was eintlik baie lekker wat met die veer gelaaide tang en als.

Ek hou van die idee van 'n doelgerigde mes ('n Mes vir elke Fasset). Amper soos ammo vir elke fasset. Maar, minimalisme vind ook aanklank by my. Gelukkig het ek baie tyd om te besluit so, asseblief, moenie ophou idees deel nie!
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by ruaanb »

User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

Ek het hom gesien en toe sien ek die ene wat vir my bitter mooi lyk,,,https://www.takealot.com/victorinox-evo ... ID43829204
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by ruaanb »

ja is nogal n netjiese een.
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Rudiejacobs »

Dis vir my snaaks dat niemand van Muela praat nie.

Vir my is dit baie gawe messe teen n goeie prys.

Rudie.

Sent from my LG-X230 using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Arnold »

https://www.facebook.com/groups/Mesgroe ... 379979209/

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

Rudiejacobs wrote:Dis vir my snaaks dat niemand van Muela praat nie.

Vir my is dit baie gawe messe teen n goeie prys.

Rudie.

Sent from my LG-X230 using Tapatalk
Absoluut. Die Muella Bisonte en Rhino is op die lys.

https://www.knifeguy.co.za/collections/ ... sonte-11ol
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Blitzzz »

Nogal duur, maar n lekker mes.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190606/0d4eb09f0d39c2149d8ba6933ac9e504.jpg

Sent from my iPhone using Tapatalk
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Arnold »

Gister die een gekry, ek dink hy gaan mooi werk as n groot knipmes.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190606/a704345f8bc245f15b6d443a41b45002.jpg

Sy kleiner boete gaan ook lekker dra
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190606/3b6aac885ac6912b9d6925662b142b98.jpg

Hoe hulle saam lyk
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190606/6b6a9c03f21995510bfc49a0f5d1935a.jpg

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Walter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 489
Joined: Wed Jul 04, 2012 7:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Walter »

Arnold, dit lyk asof die ontwerp van die mes verander is. Kyk na die choils aan die agterkant van my mes se lem (daai riffies vir jou vinger) teenoor joune.

https://i.imgur.com/eLM1TZU.jpg
Last edited by Walter on Thu Jun 06, 2019 8:46 am, edited 1 time in total.
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

Geluk met julle aankope, kerels! Dink daai is 2 baie goeie lemme wat julle daar het!

@Blitzzz, ek neem aan jy verwys na die Victorinox mes? Vertel ons meer, asb!?

@Arnold, ek kyk, lang tand en lek bek na die Honey Badger maar al wat my pla is ek weet nie watse kwaliteit sy liner lock is nie? Het ek rede tot kommer?
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Blitzzz »

Ek sukkel om verby messe te loop en nie bietjie te staar. Soos gewoonlik wag ek om gehelp te word en kyk bietjie rond en so die oudjie gewaar. Met die noem van die silwer victorinox vroeer op die draad het dit my laat nader kyk. Ek was heel verbaas met die kwaliteit en die grootte, kan sien dat dit n lekker mes kan wees. Dit was die Hunter Pro M Alox.
Maar vir sy prys koop ek eerder 3 honey badgers, veral vir werks messe. Ek is al op my tweede honey badger, eerste een verloor. Ek verkies wel die een met die “gut hook”.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

Ek het vroeer in die draad genoem dat my EDC 'n Ruike Tanto is. Meer spesifiek die Ruike Tanto P138 in Desert Tan. Cheap in vergelyking met ander messe in sy klas maar bietjie duurder as bv die Honey Badger. Eks diep tevrede met die mes. Nadat ek my Jagmes verloor het moes ek, noodgedwonge, BWB kele afsny met die mes en hy het hom baie goed van sy taak gekwyt. Wat my ook baie gerus stel is dat hy 'n "Thumb Safety" asook 'n Liner Lock het. Sien foto

In elke geval, ek oorweeg sy boetie, die Ruike P852, sterk! Gaan lees bietjie hulle "reviews" as julle tyd het.

https://www.takealot.com/ruike-p852-b-f ... ID52616163

Post Reply