Jag gereed 2020

Post Reply
grombeer308
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Apr 12, 2016 12:48 pm

Jag gereed 2020

Post by grombeer308 »

Goeidag aan almal,
Jis, ek moet se ek was so lank terug op die forum ek voel of ek my amper weer heeltemal van voor moet voorstel.

Jislaaik, ek het nou gister terug gekom van n n redelike suksesvolle jagtog af daar in Thabazimbi(Vrydag - Maandag), maar mense ek wil nou nie weer so gaan staan en vertoef nie.
So gee n kennis my n ou leidraad van n jaggeleentheid en ek volg op, daar word nie eintlik gejag op sy ou stukkie grond nie, die ding is verskriklik klein 100 hektaar, maar hy moet nou van die wild afhaal.
Hy het slaap plek, gebruik die as hy ,sy seun en skoonseun so bietjie wil wegbreek of n ou Rooibokkie wil gaan skiet.
Kyk ons wil gaan jag, en se nee kyk, ons gaan bos toe na die oom se grond toe.Kom by daai oom se skuur aan toe is die ding 100m van die pad af en daar is nie n boom van n dag oud tussen jou en die besige teerpad nie - kyk dis dan nou n belwenis om by n lekker bosveld vuur te sit en kyk vir die karre en treine wat onophoudelik daar verby jag,mens voel glad nie veilig nie.....mens wil mos nou in die bos wees met net die nag geluide om jou,maar nou ja, die oom se stukkie grond is baie mooi bosveld en jag was goed - diere vollop die wat mens mos nou nie wil/mag skiet nie.
1 x Blouwilde bees 109.2kg
1 x Goue Blouwildebees 110kg (op skaal by slaghuis - karkas gewig)
1 x Vlakvark, as ek moet skat maklik so 45 - 55kg is - karkas
Ongelukkig was die Rooibokke nou nie so maklik om te kry as die res van die Koedoes, Bwb, Nyala en Zebra nie.

Ek vra asb vir aanbevelings om lekker te gaan jag(geweer jag) vir die 2020 jagseisoen.Ek wil graag begin beplan en bespreek vir vlgnde jaar se jag.

Goeie jagplek-bosveld jag (bekostigbaar) in Limpopo omgewing, verkieslik nie verder as Vaalwater/Marblehall 2 – 3 ure se ry van Jhb af.
Dit sal voorlopig wees vir 4-6 jagters wees. 3-4 aande se verblyf.

Kan jul dalk sulke aanbevelings maak?
Post Reply