Wen 'n Silver Mountain Elektroniese teiken

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Wen 'n Silver Mountain Elektroniese teiken

Post by JPS »

Goeie more Almal,

Met toestemming vanaf Jaracal bestuur plaas ek weereens die jaar 'n loting vir 'n vondsinsameking vir my seun.
Heelwat van die lede op die forum weet my seun skiet al so paar jaar luggeweer en on het die vorige twee jaar met behulp van skiet vriende pryse uitgeloot om te help met kostes vir sy internationale toere saam die SA skole skietspan 2017 en as Junior ontwikkelings skut verlede jaar(Sassco).

Hy was bevooreg om die jaar (uiteindelik :) ) sy Junior Protea klere te verwerf en sal die Junior Protea span verteenwoordig wat 10 Julie na Suhl in Duitsland toer om aan die Junior Wereld skiet Kampioenskap deel te neem.

Baie dankie and Herme van CMH wat weereens die jaar borgskap toegestaan het en 'n Silver mountain elektroniese teiken geborg het. Ek glo almal het al van die terugvoer hier gesien oor die teikens. Die waarde van die teiken (voor die Rand veld verloor het die laaste paar dae) is R14600.00. Daar is baie teikens om van te kies om na te skiet en jy moet basies net jou eie raam maak, so groot soos jy wil, jou teiken kalibreer en dan kan jy maar skiet. Daar is tot "gong" teikens beskikbaar om af te laai. Soos jy skiet sal die teiken op jou selfoon of tablet verskyn. jy het nie nodig om data te he op die foon of selfoon sein nie. jou selfoon of tablet moet net wifi he en jy sal kan kan skiet tot op 1000m.

Daar is slegs 175 kaartjies beskikbaar teen R250.00 per kaartjie. Ons gaan poog om teen 22 Junie die loting te hou by die Alrha Skietdag te PArys. Wenner sal telefonies gekontak word indien nie by die skietdag teenwoordig.

Baie dankie by voorbaat vir die ondersteuning.

Vir verdere navrae kan ek gekontak word op WA: 084 80 twee 516 vier.

Groete
Jan Swanepoel
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Wen 'n Silver Mountain Elektroniese teiken

Post by JPS »

Bump
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Wen 'n Silver Mountain Elektroniese teiken

Post by JPS »

Manne ek wil net weereens vir CMH bedank vir die great prys wat hulle beskikbaar gestel het vir die fondsinsameling vir Tristan se toer na Duitsland.
Dan baie dankie aan almal vir die ondersteuning met die aankoop van kaartjies.
Daar was 125 kaarties gekoop. Die trekking is gehou by vandag se ALRHA skietdag by Parys. Die wen nommer was 81 en die persoon wat die kaartjie gekoop het was Phillip van Wyk.

Daar het ‘n klomp manne die SMT vandag beleef en ek glo almal is beeindruk. Indien jy op lang afstande wil skiet en kyk hoe lyk jou groep terwyl jy skiet is die net die regte produk vir jou. Jy kan dan sommer sien wat die spoed was van jou koeël by die teiken.

Groete
Jan
Post Reply