Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post Reply
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Ja3 »

Laat ons sien hoe lyk daardie maats van julle, of hulle nog lewe of nie.

Hier's 'n paar fotos van die punte wat Greyhound skiet.
Image
Image
Image
Last edited by Ja3 on Fri Sep 04, 2009 1:16 pm, edited 1 time in total.
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

DANKIE JA3 VIR DIE POST.
SIEN JY VERWYS NA PROJEKTIELE, EN JULLE MANNE PRAAT VAN 3000-4000FT/SEC HIERDIE MANNE IS MA STADIG IN VERGELYKING MAAR HULLE SKIET NOOIT HOOG OF LAAG, OF LINKS OF REGS NIE EN TOT OP 3000M HET HULLE NOG NIE N CM GEVAL NIE. HULLE HET NOG NOOIT IETS GEWOND NIE DIS OF DOOD OF WEG. MAAR DIS HUL FOOT-POUNDS WAT MY BEINDRUK, 40KG TEEN 65KM/H EK TE DOM OM DIT UITTEWERK MISKIEN KAN JUL SLIM MANNE DIT UITWERK.
GREYHOUND
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Francois Marais »

Hi Ja3

Hier is n paar van myne, die kleiner weergawe, Italian Greyhounds, net goed vir hase vang, maar heel aangename brakkies, kruip diep in n man se hart.

Ek spook ook met grotes op die plaas, en sal later met jou wil kontak om nuwe bloed weer daar van julle wereld af te kry, as dit moontlik sou wees. Sien van jou honde het wit voete, by my op die plaas hou n hond se voete nie, hard kalk veld, as hy bietjie swaar is hardloop hy sy voete gou-gou stukkend, ook die met wit voete het ons agter gekom raak gouer voetseer.

Image
Valie, my ou reun

Image
Gypsy, my tefie

Image
Speedy, een van hulle kinders

Het nou weer n werpsel van 6, nou so 6 weke oud, moet nou na die nuwe base toe gaan. Het ongelukkig nie fotos van hulle nie.

Mooi loop

Francois
Last edited by Francois Marais on Wed Jul 15, 2009 1:40 am, edited 1 time in total.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Francois Marais »

Ja3

Thanks, sal doen.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Francois Marais »

Ja3/Louis

Hier is die twee wat ek tans op die plaas het, die reun, Rigter, is al amper n bietjie swaar vir ons harde veld, op die foto kan julle sien hy is lekker uitgevreet, werk nie veel nie, maar is n baie sterk hond, die tefie, Trix, is nog jonk, so om en by n jaar, sy hardloop goed, maar is nog effe aan die bang kant om te byt.

Image
Rigter

Image
Trix

Louis, ek het my broer gese hy moet my fotos van sy honde stuur, dan sal ek dit ook post.

Hy het onlangs n reun hond gekoop by n ou wat nou onlangs uit SA na Okahandja getrek het, Gert du Plessis, die man se hoof teel reun se naam is Tiger. Hy het glo al n aanbod is SA gehad van R35000.00 vi die hond, ma wou nie verkoop.

Mooi loop

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

HELLO FRANCOIS

KEN GERT DU PLESSIS HY TEEL HONDE WAT BOKKE VANG, SY BYNAAM IS GERT BLER, HY JAG NET BOKKE SO HULLE MAG DALK VINNIG WEES MAAR EK WEET NIE SO LEKKER VAN JAKKALS VAT NIE. DIT HANG SEKER AF WAT JY MET DIE HONDE WIL JAG. AS N HOND BY MY NIE JAKKALS WIL VAT DAN SKAKEL EK HOM UIT.  GERT KRUIS OOK DIE BAAN HONDE MET SALUKIS EN DIE BAAN HONDE IS MAAR BAIE KLEINSERIG. DIS NIE ENIGE HOND WAT ROOIJAKKALS DOODMAAK NIE. EK WEET VAN HONDE HIER WAT OP DIE BAKKIE SPRING AS HY SIEN DIS N ROOIJAKKALS. ANDER DAG GEHOOR VAN N GROOT REUN JAKKALS WAT DRIE WINDHONDE PAKGEGEE HET EN DIE PAD GEVAT HET. EK HAAT N JAKKALS MAAR EK DINK OP DAAI STADIUM SKIET DIE HONE EN LOS DIE JAKKALS.

GROETE LOUIS
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Francois Marais »

Louis

Nou vir wat vang die man bokke met sy honde??? Daarvoor maak hulle n ding soos n 22-250 Rem.

Ja, ons het ook gesien n hond moet nie te fyn geteel wees nie, spoed is nie alles nie, hy moet kan uithou en moet kan byt, n windhond wat te kleinserig is, is ook nie veel werd nie.

Mooi loop

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Naand, Julle het baie baie mooi honde.. ;)
Ek self jag ook met die windhonde, maar ek het baan honde en Boerhonde..
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Hier is my teel reun http://www.greyhound-data.com/d?z=VDy1zf&d=erin+buccaneer&x=24&y=8 , sy pa kom van Ierland, Hy is nie baie groot nie maar hy KAN hardloop..
Dan het ek ook 'n Baan hond teef http://www.greyhound-data.com/d?i=1197352
Ek gebruik haar altyd as ek gan jag, baie vinnig van die begin maar het 'n afstand van +- 700m dan begin sy stadig raak.. Dis waar die boer windhond nou in kom en die ding vang.
Avibus

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Avibus »

Ek het eers 'n paar jaar gelede met windhonde te doen begin kry. Wat ek algemeen gevind het is dat hulle maklik hulle sterte stukkend slaan. Hul sterte is redelik hard en wanneer hulle in opgewondenheid daai stert swaai en dit sleg kap en dit begin bloei sukkel een nogal om dit gesond te kry.

Wat die whippets betref, was ek verstom om te voel hoe sag hulle velle is en lyk hulle gewoonlik soos jannie jammergat,  hulle is uitstekende huishonde met 'n goeie temprament, maar as jy veld toe gaan skakel hulle in 'n kits om na 'n jaghond. Goeie veelsydigheid.

Ek weet nie of julle bekend is met 'n "lurcher" nie. 'n Greyhound word gekruis met 'n skaaphond. Die Greyhound vir spoed en die skaaphond vir stamina. Blykbaar is hulle taai en vinnig en baie doeltreffend in enige jag veld. 
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Avibus wrote: Ek het eers 'n paar jaar gelede met windhonde te doen begin kry. Wat ek algemeen gevind het is dat hulle maklik hulle sterte stukkend slaan. Hul sterte is redelik hard en wanneer hulle in opgewondenheid daai stert swaai en dit sleg kap en dit begin bloei sukkel een nogal om dit gesond te kry.

Wat die whippets betref, was ek verstom om te voel hoe sag hulle velle is en lyk hulle gewoonlik soos jannie jammergat,  hulle is uitstekende huishonde met 'n goeie temprament, maar as jy veld toe gaan skakel hulle in 'n kits om na 'n jaghond. Goeie veelsydigheid.

Ek weet nie of julle bekend is met 'n "lurcher" nie. 'n Greyhound word gekruis met 'n skaaphond. Die Greyhound vir spoed en die skaaphond vir stamina. Blykbaar is hulle taai en vinnig en baie doeltreffend in enige jag veld. 
More, ;)
Ek wil graag nog die "Lurcher" honde probeer, ek het al baie gelees oor hulle op www.thehuntinglife.com/forums/index.php[/url]
Last edited by Greyhound.Racer on Wed Jul 29, 2009 12:55 am, edited 1 time in total.
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

My Boerhond reun (tiger) kom daar van Upington omgeewing af, en die teef (jackie) is van Wesselsbron..

[img width=560 height=420]http://i737.photobucket.com/albums/xx14 ... 008002.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i737.photobucket.com/albums/xx14 ... 052008.jpg[/img]

http://i737.photobucket.com/albums/xx14/Hunter007_2009/01052008002.jpg

http://i737.photobucket.com/albums/xx14/Hunter007_2009/05052008.jpg
Last edited by Greyhound.Racer on Wed Mar 02, 2011 9:29 am, edited 1 time in total.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Francois Marais »

GR

Mooi honde, verseker, ek laaik daai tefie kwaai, die kleur is vir my mooi. Ook goeie bou. Reun lyk mooi sterk, en nie te groot/swaar nie.

Mooi loop

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Gernie »

Greyhound.Racer

By wie het jy daardie hond van jou in Upington gekoop?
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Gernie..

Ek het hom by 'n Jan Beukes gekry.. Ek dink hulle het op 'n plek gebly watse naam was PutSonderWater of iets.. Dit was so +- 6-7 jaar trug.. Iemand wat daar in die Kruger National Park bly wat by oom Jan gekuier het, het hom vir my gebring tot in Alberton of iets, kan nie meer die plek onthou nie.. Ek het toe nog in Ermelo gebly..

Francois Marais..

Baie dankie, die teef gebruik ek nie om tejag nie want sy is genyg om tever te hardloop  en dan verlore teraak, maar haar kinders is baie goed..
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Gernie »

Ek is maar net nuuskierig gewees, het daar groot geword. Maar baie mooi hond daai.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Regso Gernie.
Dankie,. Ja hy is net te vet nou ek gaan jag mos nie meer nie, so hulle bly nou by die huis..
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Middag,
Weet julle dalk waar ek aan 'n SKOON Scottish Deerhound kan kry??
Ek koop nou vir my 'n Ierse Wolfhond x Scottish Deerhound reun daar van Schweiser Reneke...
So ek soek nou 'n SKOON Scottish Deerhound teef...
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Weet julle nie waar ek aan so hond kan kom nie? Ek soek al lank na 'n skoon Scottish Deerhound..!! :'(
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

As ek moet kies tussen GREYHOUND se honde sal dit as volg wees..
Die tweede hond op die foto sal ek regtig saam vat as ek moet jag, hoekom, Hy is mooi vris en is nie te vet nie, Sy rug lyk as of hy mooi gespier is, die agter bene is goed gespier, hy sal lekker vinnig wegtrek (goeie HP)

Die eerste hond op die foto sal ek ook saam met die swart reun gebruik om mee tejag, Hoekom, Hy is ook mooi vris en nie te vet nie, hy sal 'n lekker afstand kan hardloop ek skat so 800m lekker..

Die 3de hond is bietjie vet soos my honde, Dit lyk as of hy ook goed kan hardloop, sal hom saam met die 1ste hond op die foto gebruik.. Hoekom, hy lyk nie so gespier soos die ander 1 op die 2de foto nie (kan dalk die kleur wees en die lig) mar hy sal lekker afstand kan hardloop..

Is die 2 Swart en wit reuns broers? hulle lyk baie na me kaar, en selfde ouderdom.. Hoe oud is hulle nou...
Maar jy het baie goeie honde daar.. Sal gaar daar van hou om eendag jou te ontmoet.. ;)

PS, Dis net wat ek dink en wat ek kan aflei van die fotos..
Last edited by Greyhound.Racer on Tue Aug 04, 2009 12:56 am, edited 1 time in total.
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

HELLO GREYHOUND RACER

HIERDIE IS BOER WINDHONDE NIE BAAN HONDE. HULLE BEGIN EERS OP 800M LEKKER HARDLOOP EN KAN TOT 3000M SO AANHOU DIS TE SE AS JY BOKKE JAG WAT EK NIE DOEN NIE. SPOED TEL MA WAT EINTLIK TEL IS WAT DAAR IN SY HART AANGAAN, HY MOET N ROOI JAKKALS KAN VAT EN DOODMAAK. AS SY HART NIE REG IS KAN JY MAAR VERGEET VAN JAKKALS VANG. SO N GROOT JAKKALS REUN KAN 3 GROOT WINDHONDE PAKSLAE GEE EN DIE PAD VAT. BY MY KOM DIE HART EERSTE DAN DIE RES.

GREYHOUND
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

More,
Ek weet hulle is Boer Windhonde, ek LIKE die tweede foto hy is baie mooi.. Ek weet ook dat hulle lekker ver kan hardloop, maar dis nie wat ek in hulle soek nie, Ek soek Stamina en baie spoed en vinnig weg trek honde..

Ek glo nie my honde (die ou honde) sal jakkals vang nie, maar dalk ek weet nie, het nog nooit jakkals hier in KZN gesien nie..
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

GREYHOUND RACER.
DAN MOET JY VIR JOU BAANHONDXSALUKI KRY AL DIE BOK JAGERS HIER GEBRUIK DAAI KRUISINGS, SPOED EN STAMINA MAAR SO BANG VIR N JAKKALS HULLE KAN VREK, EN N SALUKI HET OOK NIE ORE NIE MAAK NET SOOS HY WIL.

GREYHOUND
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Middag  Greyhound..
Dis hoekom ek nie Baan/Boerwindhond x Saluki gebruik nie.. Die Baan Windhond x Boerwindhond (of anders om) is baie beter..
Maar Border Collie x Baan Hond x Boerwindhond is net so goed soos die Windhond x Saluki net hulle is baie slimmer en hulle luister.. Ek self het nog nie so 'n hond gehaat nie maar het al 'n paar gesien...

Hoe oud is daai Swart Reun op die foto, en hoeveel vra jy vir dekking?
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

GREYHOUND RACER
EK VRA EEN KLEINTJIE SE PRYS, AS JY R1000.00 N KLEINTJIE VRA DAN DIT SO OF WAT OOK AL JY VRA.
EK NIE TEVEEL GEPLA NIE. GREYHOUND
Post Reply