ALHRA skiet 3 Augustus 2019

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

ALHRA skiet 3 Augustus 2019

Post by tripodmvr »

Ek het in die verlede al by 2 skiete gaan loer wat daar gebeur.

Die wins van die die 243 RPR wat ek op Jaracal gewen het my genoop om te kyk hoe hy maak op langer afstande. Ek het dus ingeskryf as 'n kandidaat langafstand skieter. 'n Dankie vir die hulp met die instel van my teleskoop moet ek rig aan Jan Kraay. Hy het my ook gelei met my pogings om die gong op 600m raak te skiet.

Die dag was soos gewoonlik baie goed georganiseer, nieteenstaande Jan se laat aankoms weens 'n inbraak by sy huis. Punte aan die organiseerders.

My skietrekord vir die dag? Ek het nie baie herlaaide ammunisie gehad nie en het aanvanklik met kafee ammo geskiet. Ek het vyf patrone gelaai waarvan ek twee gebruik het om op skoot te kom. Daarna het ek die senter met 3 skote geklits.

Ek het die res van die ammunisie uitgeskiet en was nie elke keer suksevol nie. Augustus se winde het 'n groot rol gespeel en dit was nie so maklik om dit te lees nie.

Ek het die dag baie geniet en die deel van inligting tussen die skuts wys op die kameraderie wat daar bestaan.

Doe so voort.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: ALHRA skiet 3 Augustus 2019

Post by Jaco V »

Soos altyd baie lekker. Dankie aan almal wat dit altyd moontlik maak :)
Ja die wind het ons weer paar lesse geleer vandag. :o Geluk aan almal wat steeds op target kon bly. :)
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

ALHRA skiet 3 Augustus 2019

Post by jankraay »

Dankie aan almal wat die dag saam ons kom geniet het. Sonder julle almal sou die dag nie kon plaasvind nie.

Oom Marius dit is net n plesier Oom. Dit is altyd lekker om julle daar te sien en nog lekkerder om julle met n smile van die skietpunt af te sien weg stamp.

Ek het vandag gesien hoe mense kan saamwerk en jis dit is fantasties om deel te wees van so skiet familie. Daar is mense wat heeltyd help met wind maak nie saak of ons teen mekaar skiet of nie.

Manne stap van die skietpunt af en deel dadelik inligting. Daar is dan manne wat aandring om 1ste te skiet om so die wind verandering te sien en dit dan so deur te gee.

Die omgee van elke persoon waarmee ek gepraat het oor die inbraak wys maar net hoe almal vir mekaar omgee.

Ek het baie geleer vandag en so bly ek elke dag leer maar hoe die mense met mekaar was het my n trotse gevoel gegee.

Dit is n eer om in die sport te kan deelneem en dan n groter eer om so dag saam julle te kan deel.

Hoop om almal weer by die volgende een sien.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13601
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: ALHRA skiet 3 Augustus 2019

Post by Capt. Yoda »

Een van die moeilikste maar ook een van die lekkerste dae wat ek nog op daai baan gehad het. Lekker om al die manne weer te sien en om die nuwes te ontmoet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: ALHRA skiet 3 Augustus 2019

Post by Smitstertjies »

Dankie manne . Dit was vrek lekker gewees. Daai 600 meter gong het my n lelike poetsie gebak. :'( :'( Jammer ek het oom Tripod gemis. Sou graag wou bladskud.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: ALHRA skiet 3 Augustus 2019

Post by tripodmvr »

Smitstertjies wrote:Dankie manne . Dit was vrek lekker gewees. Daai 600 meter gong het my n lelike poetsie gebak. :'( :'( Jammer ek het oom Tripod gemis. Sou graag wou bladskud.
Selfde hier. Volgende keer moet ons net beter kommunikeer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply