tau wrote:Iemand wat nie van 'n dubbel hou nie ry seker 'n 2.5 Isuzu enkelkajuit, laai sy kinders agter in die kappie en hou vakansie teen 'n droeë rivierloop met vistokke met sardyn as aas. Genot is nie op sy lys van dinge nie. Hy eet piesangs wat in die son gelê het vir 8ure, op sy kar se dash Januarie in die kalahari vir pret en kam sy hare met 'n ontkoppelde wit WAHL skeermasjien.
As ek kon sou ek al my wapen ruil vir een dubbel. Dit is mooi, prakties vir stap jag en jy voel soos Sullivan.
Ek het my eerste Gemsbok met 'n nat nuwe Krieghoff .375 Dubbel geskiet. Ek droom nou nog daarvan.
Netso. n Dubbel is tydloos.