Musgrave .243 Vrystaat

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
Japtrap
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Sun Dec 27, 2015 4:47 pm

Musgrave .243 Vrystaat

Post by Japtrap »

Middag Manne

Ek het my oupa se Musgrave .243 geërf uit sy boedel. Die geweer skiet darem maar net eens soos n droom. Ek wil net iets hoor..
Hy het sy oorspronklike loop op, nog baie mooi, met sy voorste "sight". Gaan ek neek met die waarde van die geweer as ek n "silencer" opsit? Dit is maar moeilik om jagplek te kry by ons gereelde jag plase sonder die silencer.
Die geweer voel hy weeg n ton. dit is seker maar deel daarvan. Ek loop maar eerder in bos met 30-06, wat baie minder weeg. En .243 het ook nog sy ou Weaver teleskoop op, soos ek sien baie ander ook het hier op die forum.

Hier is n paar fotos, ou krappies en als.
WhatsApp Image 2020-07-20 at 12.00.00.jpeg
WhatsApp Image 2020-07-20 at 11.59.58.jpeg
WhatsApp Image 2020-07-20 at 11.59.59.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
DOEF... INNIE KOP!!! :o

.243 Musgrave
.30-06 Krico
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 611
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Musgrave .243 Vrystaat

Post by Klein Chris »

Sal nie aan die 243 verander nie. As jy op n plaas kom wat knaldempers verkies, haal dan die 30-06 uit. Die "swaar" 243 behoort lekker te werk as n baan geweer
Skiet bly maar lekker
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Musgrave .243 Vrystaat

Post by saswart »

Dagse Japtrap. Ek het al gesien mense wat die sight kan skuif agtertoe op loop en groefdraad voor doen.

In my opinie is dit 'n persoonlike keuse en almal hier gaan jou verskillende opinies gee. Ek sal bv nie een opsit nie en eerder vir my 'n ekstra geweer kry waaroor ek nie sal omgee om een op te sit nie. Maar dan sal ek baie min met die silencer lose geweer kan skiet en 'n ruk moet wag om nuwe geweer te koop...
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave .243 Vrystaat

Post by Hein M. »

Sit die silencer op en haal die voorste versier af. Hierdie gewere skiet baie lekker, maar het nie die magiese versamelaarswaarde wat ons hoop hulle het nie. Ek het my ou Plankgeweer gemodify en hy skiet heerlik. As sy loop moeg is sal ek 'n Tikka / Rem 700 koop en met hom aangaan.

Mooi aand daar!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Musgrave .243 Vrystaat

Post by win270 »

Gebruik die .243 met teleskoop en sonder knaldemper as voorsitjag geweer. Mens loop gewoonlik minder op voorsitjag en die .243 is goed vir die kleiner wild op die vlaktes. Ook maar net my eie 2c wat ek hier ingooi.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Musgrave .243 Vrystaat

Post by J le Roux »

Jou oupa het sekerlik die geweer aan jou nagelaat om met hom te jag.

Dit klink of jy hom meer gaan kan gebruik met 'n demper op.

Doen dit, en geniet hom.
Last edited by J le Roux on Tue Jul 21, 2020 6:11 am, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Musgrave .243 Vrystaat

Post by wlm »

Hein M. wrote: Mon Jul 20, 2020 5:00 pm Sit die silencer op en haal die voorste versier af. Hierdie gewere skiet baie lekker, maar het nie die magiese versamelaarswaarde wat ons hoop hulle het nie. Ek het my ou Plankgeweer gemodify en hy skiet heerlik. As sy loop moeg is sal ek 'n Tikka / Rem 700 koop en met hom aangaan.

Mooi aand daar!
Hein, ek stem saam. Bitter lekker gewere maar Musgrave het hulle gemaak om gebruik te word. My plank se kolf hhet ek self verander tot hy my pas en hy het sy voorste visier verruil vir 'n knaldemper. Hy kort nog net 'n as en 2 wiele dan kan ek hom sommer deur die jagveld agter my aan trek want hy is bietjie swaar vir dra.
Ek het regtig 'n "soft spot" vir die Lyttleton-aksie. Onlangs so 'n 270 vir my seun gekoop. 'n Pragtige geweer.
Japtrap
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Sun Dec 27, 2015 4:47 pm

Re: Musgrave .243 Vrystaat

Post by Japtrap »

Dankie manne

Ek waardeur terugvoer en insette. Ek verstaan albei kante en sal betjie gaan dink oor wat en waar ek meer gaan gebruik, dan so besluit.

Dankie
DOEF... INNIE KOP!!! :o

.243 Musgrave
.30-06 Krico
Post Reply