300WM HOWA - Lading Help asb

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Hendri88
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Mon Aug 10, 2020 10:38 am

300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Hendri88 »

Hi, sal enige raad of advies waardeer.

Ek het n "ladder test" gedoen op my 300WM en n lading gekry waar die spoed baie min verskil
Vyf skote het met 9 fps verskil teen ave - 2653fps. Die groepering is egter nie wat ek al met die geweer gekry het nie. Net onder een MOA

Die data wat ek het is:
Caliber - 300WM
Bullet - Hornady ELD-X
Weight 220 gr
H2O - 93.9gr
Primer - Winchester LRM
TPL - 87mm
Magazine length - 91mm plus
Barrel Lenght - 24"
Twist - 1:10 - Bull Barrel
N160 Vihtavuori
Load 1 - As above - 2653FPS
Load 2 - Hornady 168gr A-Max - 168gr S365 - WRLM - TOL 86mm - 2910 fps

Ek lees spoed met n Labradar
Sal enige raad of advies baie waardeer

Groete
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Smith223 »

Hi Hendri hulle gaan jou lading nodig hê waarteen die bg. snelheid behaal is.
Ek speel maar op GRT so bring die lading dan is ek seker een van die gesoute manne sal jou mooi help met QL
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by tripodmvr »

Watter ladings het jy gebruik?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Hendri88
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Mon Aug 10, 2020 10:38 am

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Hendri88 »

Ag maar ek is simpel....
Gee alles behalwe die hoeveelheid kryt

Load 1 - 67.7gr Vihtavuori N160
Load 2 - 68gr S365

Dankie vir die hulp
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by tripodmvr »

220gr ELDX

67,4gr vir 2642vps. Jy is in of naby die nodeband met 67,7gr, so hy het dit getoon met die MOA groep. Onthou net die dat 220gr nou lank is en met die groefdraai kan begin baklei.

168AMax

67,1gr vir 2875vps. El wil raai dat die' koeël in die lande gelaai is. Die teoretiese berekening is met 200vps stadiger as wat jy gekry het. Daardie ekstra druk moet van iewers kom - groter koeëldeursnee of in die lande gelaai?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Hendri88
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Mon Aug 10, 2020 10:38 am

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Hendri88 »

Hi Tripodmvr

Dankie vir die informasie.

220gr ELDX. - My spoed is naby aan wat jy se. Ek sou graag beter as MOA wou doen. Kan dalk met die afstand van die lande speel. EK sal laat weet.

168gr - Ek het net soveel S365 oor en sal graag n ander kryt will gebruik. EK het n jaar of 2 terug n baie baie goeie groeperings gekry met die A-Max maar was die laaste van die batch kryt en nie weer so klein groep gekry met nuwe batch nie. Ek het ook 168gr E-Tips en 165gr GMX. Maak kry ook nie veel beter gropeing met die selfde lading nie.
In terme van die spoed verskil wat jy noem. 2875 vps en 2910vps is 35vps verskil nie 200vps nie. Ek nie seker ek verstaan nie. Kan dalk die silencer wees? Die koel is nie in die lands nie, maar ek sal weer moet gaan meet hoe ver hy weg is.
Ek voel ook dat die spoed te laag is met so ligte koel en sal graag oor 3000vps wil kry. Weet julle dalk waar die volgende node is. Met huidige nuwe kryt pryse sal ek graag nader aan die kol will begin soek.

Weereens baie baie dankie vir die hulp

PS Sal graag will weet hoe julle die nodes met QL bepaal. Ek het die program maar gebruik dit om na druk en spoed te kyk. Ek weet nie hoe om die nodes te soek nie, EK sal gaan kyk in die forum onder QL details wat ek kan lees daar.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by tripodmvr »

Hendri88 wrote: Thu Aug 13, 2020 8:19 am Hi Tripodmvr

Dankie vir die informasie.

220gr ELDX. - My spoed is naby aan wat jy se. Ek sou graag beter as MOA wou doen. Kan dalk met die afstand van die lande speel. EK sal laat weet.
Daardie koeël is 41mm lank. PMP is 34mm. Daarom dat ek dink die groefdraai begin sukkel om die koeël te stabiliseer - dit affekteer akkuraatheid
168gr - Ek het net soveel S365 oor en sal graag n ander kryt will gebruik. EK het n jaar of 2 terug n baie baie goeie groeperings gekry met die A-Max maar was die laaste van die batch kryt en nie weer so klein groep gekry met nuwe batch nie. Ek het ook 168gr E-Tips en 165gr GMX. Maak kry ook nie veel beter gropeing met die selfde lading nie.
In terme van die spoed verskil wat jy noem. 2875 vps en 2910vps is 35vps verskil nie 200vps nie. Ek nie seker ek verstaan nie. Kan dalk die silencer wees? Die koel is nie in die lands nie, maar ek sal weer moet gaan meet hoe ver hy weg is. Glips aan my kant. Het N160 vir die 168 ook gebruik. Met S365 is die syfer 69,8gr vir 2976vps.
Ek voel ook dat die spoed te laag is met so ligte koel en sal graag oor 3000vps wil kry. Weet julle dalk waar die volgende node is. Met huidige nuwe kryt pryse sal ek graag nader aan die kol will begin soek.

Weereens baie baie dankie vir die hulp

PS Sal graag will weet hoe julle die nodes met QL bepaal. Ek het die program maar gebruik dit om na druk en spoed te kyk. Ek weet nie hoe om die nodes te soek nie, EK sal gaan kyk in die forum onder QL details wat ek kan lees daar.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by tripodmvr »

As jy vinniger as 3000vps wil skiet waarborg ek niks. Kyk wat maak 72gr en kyk in die orde van 3075vps. Moet nie 3100vps oorskry nie synde dit by maks druk is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Hendri88
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Mon Aug 10, 2020 10:38 am

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Hendri88 »

Dankie baie, ek gaan die 69.8gr probeer met die S365

Wat se lading het jy met die N160 vir die 168 gr gekry

Groete
Hendri88
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Mon Aug 10, 2020 10:38 am

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Hendri88 »

Die 72 gr vir 3075vps met N160 of S365?

Net seker maak asb
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by tripodmvr »

Jy moet jou nou nie deurmekaar maak nie.

S365 met die 168AMax.

Die N160 toon 2675vps met 68gr. Dit is te stadig vir die ligter koele.

Jou 24 duim loop trek die briek bietjie aan. Om oor 3000vps te skiet is 'n 26 duim loop die antwoord.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Hendri88
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Mon Aug 10, 2020 10:38 am

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Hendri88 »

Baie dankie, ek laat weet hoe die ladings maak

Groete
Hendri88
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Mon Aug 10, 2020 10:38 am

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Hendri88 »

Hi Tripod

Baie dankie vir die hulp.
Ek dink jy is reg, die 220gr ELD-X is the lank en swaar vir my loop. Ek wen met n baie konstante spoed maar die groepering is nie die beste nie.
Ek sal na n ligter punt kyk.

Die 168Gr Amax het baie mooi geskiet met 4 skote in die selfde gat. 68gr S365. teen 2910vps. Ek het lading opgebou na 72gr N160. Op 72gr het hy nie so wonderlik gegroup nie. Bietjie meer as MOA, maar ek dink hier rondom 71.4gr gaan hy goed groepeer. Sal volgende naweek paar teen daai gaan skiet. By 72gr was paar skote oor 3000vps en paar onder. Nie die 3075 wat voorspel is nie.

Weereens baie dankie vir die hulp.

Groete
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Apie »

10 twist moet daai 220 stabiliseer.

Tikka 300WSM roere stabiliseer hulle met 11 twist

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by tripodmvr »

Hendri88 wrote: Sun Aug 16, 2020 3:06 pm Hi Tripod

Baie dankie vir die hulp.
Ek dink jy is reg, die 220gr ELD-X is the lank en swaar vir my loop. Ek wen met n baie konstante spoed maar die groepering is nie die beste nie.
Ek sal na n ligter punt kyk.

Die 168Gr Amax het baie mooi geskiet met 4 skote in die selfde gat. 68gr S365. teen 2910vps. Jy kan gerus kyk na die 69.8gr vir 2976vps. Die node is daar. Ek het lading opgebou na 72gr N160. Op 72gr het hy nie so wonderlik gegroup nie. Bietjie meer as MOA, maar ek dink hier rondom 71.4gr gaan hy goed groepeer. Sal volgende naweek paar teen daai gaan skiet. By 72gr was paar skote oor 3000vps en paar onder. Nie die 3075 wat voorspel is nie. Onthou dat ek die brandtempo van die 220gr koeël gebruik het om 'n lading vir die ligter koeël te bereken. Brandtempo het nou verlaag. Andersins wil ek nie vir jou 'n gevaarlike lading gee en jy dan met skade of seerkry sit nie.

Weereens baie dankie vir die hulp.

Groete
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

300WM HOWA - Lading Help asb

Post by jankraay »

Apie wrote:10 twist moet daai 220 stabiliseer.

Tikka 300WSM roere stabiliseer hulle met 11 twist

Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek stem saam

Sent from my iPhone using Tapatalk
Hendri88
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Mon Aug 10, 2020 10:38 am

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Hendri88 »

Apie en Jankraay, wat sal julle voorstel ek doen.

Ek daai lading met lader test gekry. Spoed is 9vps van mekaar met 5 skote.

Dalk met die TPL speel?

Groete
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Capt. Yoda »

As jou spoed reg is en jou groepe nie, verander jou seating depth. As jou groep ok lyk maar jou spoed is nie mooi nie, kyk na kruit en primers
Meeste van die tyd as jou spoed konstant is is jy amper daar dan kort jy net bq werk aan hoe diep jy die koel seat, onthou dit is jou "fine tuning" nou
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1217
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Pinkes »

Hkm daai kruit in n 300wm met 220gr punt?

Jy gaan baie vinnig druk kry! Kry N565/570 of H1000 of Retumbo vir daai punt!

FYI--- Jou twist is nie die probleem nie!!!
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1217
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Pinkes »

Hendri88 wrote: Sun Aug 16, 2020 3:06 pm Hi Tripod

Baie dankie vir die hulp.
Ek dink jy is reg, die 220gr ELD-X is the lank en swaar vir my loop. Ek wen met n baie konstante spoed maar die groepering is nie die beste nie.
Ek sal na n ligter punt kyk.
Soos Cappie se,jy kan dit met tpl regmaak!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by tripodmvr »

Hendri, niemand het nog gevra waarom jy die 220gr koele wil skiet nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Hendri88
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Mon Aug 10, 2020 10:38 am

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by Hendri88 »

Tripod

Dit het vir my na n goeie lang afstand punt en jag punt gelyk.

Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 300WM HOWA - Lading Help asb

Post by tripodmvr »

My Ruger RPR 243 met 26 duim loop is naby aan 'n langafstand (LA) geweer wat oor die toonbank gekoop kan word. Selfs met 100 BTSP koeëls en baie van Jan Kraay se hulp kon ek 'n gong op 600m klop.

Wat ek probeer sê, is dat LA gewere langer lope het om hoër nodes veiliger te bereik om die koeël langer supersonies te hou. Jou 24 duim loop is meer gepas as 'n jaggeweer en daarom kan 180-210gr koeëls dalk beter werk as jy verder wil gonge skiet.

Soos voorgestel sal 'n ander dryfmiddel dalk beter resultate lewer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply