Altwee is goeie wapens met baie goeie na verkoop diens en belangriker. Parte en magasyne en toebehore galore. Kyk ook na CZ P10KalahariKlong wrote: Sat Oct 10, 2020 3:19 pm Ek het nou lekker gelees.
Die plasing is al 'n bietjie oud maar ek stel my vraag sommer hier.
Ek kyk nou na n EDC wapen.
Na die en verskye ander inligting wat ek deur is sit ek met 2 opsies so vêr. Die CZ P-07 en die Glock 19 (Gen 4 of 5)
My vraag is dus, het daar na die besprekings enige iets anders in die mark ingekom wat ek kan oorweeg?
Ek hou ook van die HS produk wat nou in die mark is https://hs-produkt.hr/products/hs-sf19-3-8-cal-9x19/ veral die hs sf19 3.8
Het enige iemand kennis van hulle?
Groete
KK
Pistool vir Selfverdediging
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Maak 'n verskil
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek het 'n G19 waarmee ek bitter tevrede is. Het nou die dag die nuwe Ruger American Compact hanteer en was hoogs beïndruk. Ek het kleiner hande, so die G19 se grip werk mooi. Die Ruger American Compact met die 17rd mag is perfek vir ouens met groot hande. Dit is een van die min compact pistole wat ek sal koop. Net persoonlike voorkeurKalahariKlong wrote: Sat Oct 10, 2020 3:19 pm Ek het nou lekker gelees.
Die plasing is al 'n bietjie oud maar ek stel my vraag sommer hier.
Ek kyk nou na n EDC wapen.
Na die en verskye ander inligting wat ek deur is sit ek met 2 opsies so vêr. Die CZ P-07 en die Glock 19 (Gen 4 of 5)
My vraag is dus, het daar na die besprekings enige iets anders in die mark ingekom wat ek kan oorweeg?
Ek hou ook van die HS produk wat nou in die mark is https://hs-produkt.hr/products/hs-sf19-3-8-cal-9x19/ veral die hs sf19 3.8
Het enige iemand kennis van hulle?
Groete
KK
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek het self ook 'n 19 wat ek saam my dra, maar as ek weer oor moet koop sal ek die 26 koop. EK is nie die grootste ou nie en "print" redelik maklik met die 19 waar ek met 'n vriend se 26 baie beter kan versteek. Maar dan moet jy die kleiner mag en grip ook in ag neem wat saam met die 26 kom.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Baie dankie vir almal se insette.
Ek sal verseker loer na die P10 ook.
Dit lyk my almal staan redelik sterk agter die Glock teenoor die CZ.
Enige iemand wat dalk al gekyk het of kennis het oor die HS?
Iets is net vir my aan met daai pistole.
Ek sal verseker loer na die P10 ook.
Dit lyk my almal staan redelik sterk agter die Glock teenoor die CZ.
Enige iemand wat dalk al gekyk het of kennis het oor die HS?
Iets is net vir my aan met daai pistole.
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Hein M. wrote: Sat Oct 10, 2020 5:32 pmEk het 'n G19 waarmee ek bitter tevrede is. Het nou die dag die nuwe Ruger American Compact hanteer en was hoogs beïndruk. Ek het kleiner hande, so die G19 se grip werk mooi. Die Ruger American Compact met die 17rd mag is perfek vir ouens met groot hande. Dit is een van die min compact pistole wat ek sal koop. Net persoonlike voorkeurKalahariKlong wrote: Sat Oct 10, 2020 3:19 pm Ek het nou lekker gelees.
Die plasing is al 'n bietjie oud maar ek stel my vraag sommer hier.
Ek kyk nou na n EDC wapen.
Na die en verskye ander inligting wat ek deur is sit ek met 2 opsies so vêr. Die CZ P-07 en die Glock 19 (Gen 4 of 5)
My vraag is dus, het daar na die besprekings enige iets anders in die mark ingekom wat ek kan oorweeg?
Ek hou ook van die HS produk wat nou in die mark is https://hs-produkt.hr/products/hs-sf19-3-8-cal-9x19/ veral die hs sf19 3.8
Het enige iemand kennis van hulle?
Groete
KKhttps://www.youtube.com/watch?v=CC4RQ52TkNU
Ek het so in my soeke die Ruger A raak geloop. Lyk baie nice.
Ongelukkig het ek ook nie baie groot hande nie.
Ek sit in die gatkant van die wereld so ek het ongelukkig nie die voorreg om alles vas te hou en rond te swaai nie.
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek dra my G26 met die 12rondte verlengde magesyne, dit gee jou net mooi een vinger xtra op die kolf, ek sien jy kry “sleeves” vir die G19 magesyne om mooi in G26 te pas. jy kan dus van baie kompak met standaard magesyn tot redelike hoe kapasiteit gaan met die G26. Iets wat jy nie met groter pistool kan doen nie.Stephan86 wrote:Ek het self ook 'n 19 wat ek saam my dra, maar as ek weer oor moet koop sal ek die 26 koop. EK is nie die grootste ou nie en "print" redelik maklik met die 19 waar ek met 'n vriend se 26 baie beter kan versteek. Maar dan moet jy die kleiner mag en grip ook in ag neem wat saam met die 26 kom.

Sent from my iPhone using Tapatalk
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Die G26 is net so duk soos die G19 met korter dimensies. Nou maak jy die greep so lank soos die 19 met die verlengde magasyn dan kan jy netsowel n 19 gekoop het. Netso was daar n bohaai oor die nuwe 19X. Jy kan dan netsowel n G17 dra. Die loop lengte is nie so groot probleem as dit kom by versteek dra dis die greep lengte wat te lank word en "print". Ek hou van die G43x en G48 wat smaller is, nadeel is hulle is single stack magasyn wat jou met minder pitte los. Maar jy kan altyd spaar magasyne dra en nog 3 messe en 3 flitse soos party helde

- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Luan nes jy daar noem, dit is die mag lengte wat my grootste kopseer is en stem saam so 43 sal great wees omdat hy platter is. Ek weet dit is al erg oor gesels, ma ek wonder soms, as ek nie oorspronklik met 7 rondtes reg kom nie (voor ek na die volgende mag toe gaan nie), gaan 'n 26 se 11 genoeg wees? Maar dit is nou weer 'n gesprek vir 'n ander draad.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Die Ruger is ook 4k goedkoper as die Glock. Sonder enige redeKalahariKlong wrote: Sun Oct 11, 2020 11:32 amHein M. wrote: Sat Oct 10, 2020 5:32 pmEk het 'n G19 waarmee ek bitter tevrede is. Het nou die dag die nuwe Ruger American Compact hanteer en was hoogs beïndruk. Ek het kleiner hande, so die G19 se grip werk mooi. Die Ruger American Compact met die 17rd mag is perfek vir ouens met groot hande. Dit is een van die min compact pistole wat ek sal koop. Net persoonlike voorkeurKalahariKlong wrote: Sat Oct 10, 2020 3:19 pm Ek het nou lekker gelees.
Die plasing is al 'n bietjie oud maar ek stel my vraag sommer hier.
Ek kyk nou na n EDC wapen.
Na die en verskye ander inligting wat ek deur is sit ek met 2 opsies so vêr. Die CZ P-07 en die Glock 19 (Gen 4 of 5)
My vraag is dus, het daar na die besprekings enige iets anders in die mark ingekom wat ek kan oorweeg?
Ek hou ook van die HS produk wat nou in die mark is https://hs-produkt.hr/products/hs-sf19-3-8-cal-9x19/ veral die hs sf19 3.8
Het enige iemand kennis van hulle?
Groete
KKhttps://www.youtube.com/watch?v=CC4RQ52TkNU
Ek het so in my soeke die Ruger A raak geloop. Lyk baie nice.
Ongelukkig het ek ook nie baie groot hande nie.
Ek sit in die gatkant van die wereld so ek het ongelukkig nie die voorreg om alles vas te hou en rond te swaai nie.
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Luan jy is heeltemal reg sonder dat jy dalk weet
Ek het self 'n P10C (wat maar eintlik dieselfde is as 'n Glock 19) wat ek 10% dra en dan het ek 'n Glock 43 wat ek 90% van die tyd dra. Hoekom die 43? Presies soos Luan en ander noem hy is baie kleiner. Ek het presies soos Stephan86 noem gevind, dat die mag lengte print baie MAAR die dikte maak 'n groot verskil ook. Ek is in n korporatiewe wereld, n 19/P10/P07 sal seker seker fine sou wees in ander tye, maar hoe ek aantrek is dit net te dik vir gemaklik conceal.
Jy mag dalk lag as ek noem hoe jy aantrek, maar dit is iets wat jy sal moet in ag neem...vra maar die manne wat ook EDC. As jy wil conceal gaan jou stywe hemp met 'n pistool wat print lyk soos 'n man wat speedo dra.
'n Glock 26/P10S is 'n goeie keuse, maar om nou te kom by hoekom Luan reg is, sal ek self die 43X oorweeg. Die 43X is selfde grote as die 19 in alle opsigte behalwe dikte. Kan 10+1 vat en daar is nou mense wat mags maak wat 15 kan vat. Dus selfde size 19, dunner, maar selfde hoeveelheid rondtes.
Hoekom dan het ek 'n 43 (of jy kan kyk na CZ se P10M). Ek hou nie van after market mags nie (43X), en dit is kleinste wat jy kry (ja ek weet van die Sig P365 - maar vir sy prys van R17000 kan jy ook 2/3 ander pistole kry). Jy kan nie 'n 19/43x/P01 ens kleiner maak nie, en as grote jou pla gaan jy begin om nie te dra nie. Jy kan altyd 'n 43/26/P10S/P10M ens groter maak.

Grobbieb
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Fri Jun 15, 2018 10:25 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek skiet al ‘n paar jare sportskiet en allerhande ander dinge ook. Ek het nog net een Ruger gesien in iemand se besit. En dit was n rollie.Hein M. wrote:Die Ruger is ook 4k goedkoper as die Glock. Sonder enige redeKalahariKlong wrote: Sun Oct 11, 2020 11:32 amHein M. wrote: Sat Oct 10, 2020 5:32 pm Ek het 'n G19 waarmee ek bitter tevrede is. Het nou die dag die nuwe Ruger American Compact hanteer en was hoogs beïndruk. Ek het kleiner hande, so die G19 se grip werk mooi. Die Ruger American Compact met die 17rd mag is perfek vir ouens met groot hande. Dit is een van die min compact pistole wat ek sal koop. Net persoonlike voorkeurhttps://www.youtube.com/watch?v=CC4RQ52TkNU
Ek het so in my soeke die Ruger A raak geloop. Lyk baie nice.
Ongelukkig het ek ook nie baie groot hande nie.
Ek sit in die gatkant van die wereld so ek het ongelukkig nie die voorreg om alles vas te hou en rond te swaai nie.
Taurus is ook goedkoper

Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Daar is 'n goeie rede vir die CZ en Glock pistole se gewildheid: Hulle onderdele is beskikbaar. Ruger onderdele (en ek is 'n groot Ruger aanhanger) kan problematies wees. Taurus onderdele is bloot net onverkrygbaar. Dit geld vir gewone slytonderdele soos vere en magasyne ook.
Natuurlik, as jou pistool net in die kluis lê, gaan jy nooit onderdele nodig kry nie...
Natuurlik, as jou pistool net in die kluis lê, gaan jy nooit onderdele nodig kry nie...
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4790
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
KK,
Daar is baie fantastiese produkte in die mark veral in Amerika, maar ons beperkende faktor in SA is soos Alwin ook noem. Diens, ondersteuning en parte. CZ en Glock het hulself al bewys, SIG en Smith en Wesson begin ook goeie diens gee.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
As ek moet koop nou sal dit 'n G26 wees. Jy dra hom met die standaard magasyn, want die grootste probleem met wegsteek vir my is die pistool se grip wat te lank is (ek dra nou 'n CZ 85). As backup mag dra jy 'n gewone 17-rondte Glock 17 magasyn. Magasyn op sy eie steek baie maklik weg. Dis die voordeel van die 26. Jy het klein dimensies wat jy dra, maar hy vat gewone double stack Glock magasyne so jy kan selfs 'n klompie laai en bere in die kar vir wanneer jy dit nodig het as jy ry, of as jy veld toe gaan, of watookal. As jy nie hoef weg te steek nie, dra die extended pinky grip magasyn. As jy op die baan is dan druk jy 'n lang magasyn daar in. As jy wil speel, Google net "Glock happy stick".
Opsies is volop. Dis die enigste rede. Ek haat die visiere, ek haat die sneller en ek haat die looks. Maar hel, die goed werk en dis al wat belangrik is.
Opsies is volop. Dis die enigste rede. Ek haat die visiere, ek haat die sneller en ek haat die looks. Maar hel, die goed werk en dis al wat belangrik is.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek stem saam. Ek slyp my tanne lankal vir 'n G26. Daar sal moontlik beter vuurwapens wees as Glock en CZ maar beide is uiters betroubaar en belangriker is die onderdele en toebehore. Jy kan feitlik in enige wapen winkel instap en sal G en CZ holsters, magasyne en onderdele kry. Ek dink die belangrikste verandering wat iemand aan 'n nuwe Glock kan aanbring is 'n ligter "trigger connector" wat 'n oorspronklike part is en goedkoop is.Toxxyc wrote: Mon Oct 12, 2020 8:35 am As ek moet koop nou sal dit 'n G26 wees. Jy dra hom met die standaard magasyn, want die grootste probleem met wegsteek vir my is die pistool se grip wat te lank is (ek dra nou 'n CZ 85). As backup mag dra jy 'n gewone 17-rondte Glock 17 magasyn. Magasyn op sy eie steek baie maklik weg. Dis die voordeel van die 26. Jy het klein dimensies wat jy dra, maar hy vat gewone double stack Glock magasyne so jy kan selfs 'n klompie laai en bere in die kar vir wanneer jy dit nodig het as jy ry, of as jy veld toe gaan, of watookal. As jy nie hoef weg te steek nie, dra die extended pinky grip magasyn. As jy op die baan is dan druk jy 'n lang magasyn daar in. As jy wil speel, Google net "Glock happy stick".
Opsies is volop. Dis die enigste rede. Ek haat die visiere, ek haat die sneller en ek haat die looks. Maar hel, die goed werk en dis al wat belangrik is.
Maak 'n verskil
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Biae dankie vir almal se insette.
Ek het nou weer baie om oor te dink en huiswerk te doen.
Die ding is ek soek n tool om te gebruik as ek hom die dag nodig het. Hoe hy lyk is vir my nie belangrik nie .
Belangrikste is gemak en dan betroubaarheid.
Ek is glad nie n pistool ou nie maar ongelukkig in ons tye vandag kan n mens nie meer naive wees nie.
Die ding sal gedra word en mee geoefen word. Ek twyfel ook of n mens regtig enige iets meer as 9 rondtes gaan nodig kry in n nood situasie.
Die frustrasie gaan dalk inkom by die oefen met die herlaai maar ek sal graag met hom wil oefen soos hy die dag sal wees as ek hom moet gebruik in n nood geval.
Groete
KK
Ek het nou weer baie om oor te dink en huiswerk te doen.
Die ding is ek soek n tool om te gebruik as ek hom die dag nodig het. Hoe hy lyk is vir my nie belangrik nie .
Belangrikste is gemak en dan betroubaarheid.
Ek is glad nie n pistool ou nie maar ongelukkig in ons tye vandag kan n mens nie meer naive wees nie.
Die ding sal gedra word en mee geoefen word. Ek twyfel ook of n mens regtig enige iets meer as 9 rondtes gaan nodig kry in n nood situasie.
Die frustrasie gaan dalk inkom by die oefen met die herlaai maar ek sal graag met hom wil oefen soos hy die dag sal wees as ek hom moet gebruik in n nood geval.
Groete
KK
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Alhoewel die ligter sneller (2kg of "-" connector) die Glock sneller baie meer hanteerbaar maak op die baan, moet ons nooit vergeet dat toestande tydens 'n geveg vir jou lewe nie naastenby vergelyk kan word met wat op die baan gebeur nie. As jy vol adrenalien is, verloor jy die fyn beheer oor jou vingerpunte wat nodig is om 'n sensitiewe sneller veilig te hanteer. Die swaarder standaard sneller van 'n Glock (en soortgelyke ontwerpe) is baie meer beheerbaar onder sulke omstandighede, wat beteken dat jy makliker sal kan skiet as jy moet, en makliker sal kan ophou as jy moet. Jou bewerige vinger (en broek) sal nie so maklik 'n onbedoelde skoot laat afgaan nie. Dis hoekom die Amerikaners so lank aan hulle dubbelaksie rewolwers vasgeklou het, en eers oorgeskakel het na pistole toe die met 'n soortgelyke sneller uitgekom het.Ratel wrote: Mon Oct 12, 2020 9:42 amEk stem saam. Ek slyp my tanne lankal vir 'n G26. Daar sal moontlik beter vuurwapens wees as Glock en CZ maar beide is uiters betroubaar en belangriker is die onderdele en toebehore. Jy kan feitlik in enige wapen winkel instap en sal G en CZ holsters, magasyne en onderdele kry. Ek dink die belangrikste verandering wat iemand aan 'n nuwe Glock kan aanbring is 'n ligter "trigger connector" wat 'n oorspronklike part is en goedkoop is.Toxxyc wrote: Mon Oct 12, 2020 8:35 am As ek moet koop nou sal dit 'n G26 wees. Jy dra hom met die standaard magasyn, want die grootste probleem met wegsteek vir my is die pistool se grip wat te lank is (ek dra nou 'n CZ 85). As backup mag dra jy 'n gewone 17-rondte Glock 17 magasyn. Magasyn op sy eie steek baie maklik weg. Dis die voordeel van die 26. Jy het klein dimensies wat jy dra, maar hy vat gewone double stack Glock magasyne so jy kan selfs 'n klompie laai en bere in die kar vir wanneer jy dit nodig het as jy ry, of as jy veld toe gaan, of watookal. As jy nie hoef weg te steek nie, dra die extended pinky grip magasyn. As jy op die baan is dan druk jy 'n lang magasyn daar in. As jy wil speel, Google net "Glock happy stick".
Opsies is volop. Dis die enigste rede. Ek haat die visiere, ek haat die sneller en ek haat die looks. Maar hel, die goed werk en dis al wat belangrik is.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
More Manne
Ek wil altyd in my broek dinges as iemand raad oor pistole vra en die antwoorde is net Glock voor en CZ agter. Nou kom ek bieg hier en erken dat dit die beste raad is wat jy kan kry as daai vraag in SA gevra word. Vir iemand wat n paar pistole in Ruger besit wat toevallig die grootste wapen vervaardiger in die wereld is is parte en bybehore n absolute nagmerrie hier. Ja die twee SR9 Compacts wat ek besit is absoluut great wapens wat my nog nie n dag se moeilikheid gegee het nie en verseker baie boksies tiek as n EDC pistool, maar in 4 jaar se tyd kon ek nog nie eers n holster opspoor wat spesifiek vir die pistool gemaak is nie. So ja dit pyn my om bogenoemde te se, maar die waarheid maak maar seer.
Groetnis
Wouter

Oom Wout, dis ongelukkig soos Oom sê - dis die kaarte wat ons het om te speel in SA. Vir elke persoon se unieke doel sal daar seker 'n beter pistool wees as 'n Glock 26 of a CZ P07, maar ongelukkig moet ons kyk na naverkoopdiens - parte en accessories. Daar is baie, baie pistole wat ek graag sal wil aanskaf, selfs make waarvan meeste mense nog nooit gehoor het nie (soos die Springfield Hellcat) maar dis ongelukkig moeilik om te justify in SA as gevolg van ons ondersteuning hierso.
Daarom is dit gewoonlik maar CZ of Glock. Ek hoop Ruger kom bietjie by. Ek weet VLT is nou agente maar ek weet nog glad nie wat hulle alles aanhou nie. Ek moet dalk bietjie kyk. My agterent jeuk nou al lank vir 'n LC9s.
Daarom is dit gewoonlik maar CZ of Glock. Ek hoop Ruger kom bietjie by. Ek weet VLT is nou agente maar ek weet nog glad nie wat hulle alles aanhou nie. Ek moet dalk bietjie kyk. My agterent jeuk nou al lank vir 'n LC9s.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Toxxyc
Jy praat ongelukkig waar. Ek stoei nog net met my OCD om daai besluit te maak om een van die twee te koop.
Groetnis
Wout
Jy praat ongelukkig waar. Ek stoei nog net met my OCD om daai besluit te maak om een van die twee te koop.
Groetnis
Wout
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
'n Pel van my het sy H&K om presies daai rede verkoop Wouter. Hy kon nie magasyne en toebehore kry nie. En in my mening beter wapen as G of CZ. Of laat ek se die vakmanskap is beterWouter Roets wrote: Tue Oct 13, 2020 10:28 am More Manne
Ek wil altyd in my broek dinges as iemand raad oor pistole vra en die antwoorde is net Glock voor en CZ agter. Nou kom ek bieg hier en erken dat dit die beste raad is wat jy kan kry as daai vraag in SA gevra word. Vir iemand wat n paar pistole in Ruger besit wat toevallig die grootste wapen vervaardiger in die wereld is is parte en bybehore n absolute nagmerrie hier. Ja die twee SR9 Compacts wat ek besit is absoluut great wapens wat my nog nie n dag se moeilikheid gegee het nie en verseker baie boksies tiek as n EDC pistool, maar in 4 jaar se tyd kon ek nog nie eers n holster opspoor wat spesifiek vir die pistool gemaak is nie. So ja dit pyn my om bogenoemde te se, maar die waarheid maak maar seer.
Groetnis
Wouter
Maak 'n verskil
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3645
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Julle al na die Smith en Wesson se Shield EZ pistole gekyk?
Smith het ook voledige diens senteum in PTA.
Dan so bietjie verder vir die manne met Rugers en HK's ens. Holsters kan jy laat pasmaak by menigte plekke in SA by manne wat regtig goeie werk doen.
Smith het ook voledige diens senteum in PTA.
Dan so bietjie verder vir die manne met Rugers en HK's ens. Holsters kan jy laat pasmaak by menigte plekke in SA by manne wat regtig goeie werk doen.
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Goeie naand, mag ek vraag vra?
Ek stel belang in glock 42, dis 380, maar het vandag die 43x gesien wat 9mm is.
Ek dra NAA.22mag, maar na 22 jaar diens gaan ons skei. Ek het cz75 waarmee ek op baan skiet. Die glock gaan elke dag dra wees.
Ek het nog nie met enige geskiet nie, sal graag wil om recoil te voel. Is hier iemand wat kan kommentaar lewer.
Ek luister
Sent from my iPad using Tapatalk
Ek stel belang in glock 42, dis 380, maar het vandag die 43x gesien wat 9mm is.
Ek dra NAA.22mag, maar na 22 jaar diens gaan ons skei. Ek het cz75 waarmee ek op baan skiet. Die glock gaan elke dag dra wees.
Ek het nog nie met enige geskiet nie, sal graag wil om recoil te voel. Is hier iemand wat kan kommentaar lewer.
Ek luister
Sent from my iPad using Tapatalk
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Basie2 380 is al baie beter as the 22. Maar die 42 is nabu aan die gewone 43 dat ek dit eerder sou doen vir die beter kaliber. Die 43x is baie lekker met 10 kapisiteit en daar is al magasyne op mark wat 15 kan vat (nog nie gesien of gesoek in SA nie). Maar met pistole is daar altyd iets opgee vir iets kry. 43x se handvatsel is net so lank soos Glock 19, maar dunner. Dit is gewoonlik die lengte wat meer "concealability" beinvloed as dikte. Dikte doen ook, moet my nie verkeerd verstaan nie. Die 43 steek jy weg soos 'n pakkie chappies. Jy kan die 43 altyd groter maak, nie die 43X kleiner nie. As jy gemaklik kan wees met die langer handvatsel vat die 43X, baie rondtes, vol greep en dieselfde dikte as 43 ens. Indien nie kyk dan eerder na die 43 en nie die 42.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Algemene gedagtes:Basie2 wrote: Tue Dec 08, 2020 11:18 pm Goeie naand, mag ek vraag vra?
Ek stel belang in glock 42, dis 380, maar het vandag die 43x gesien wat 9mm is.
Ek dra NAA.22mag, maar na 22 jaar diens gaan ons skei. Ek het cz75 waarmee ek op baan skiet. Die glock gaan elke dag dra wees.
Ek het nog nie met enige geskiet nie, sal graag wil om recoil te voel. Is hier iemand wat kan kommentaar lewer.
Ek luister
Gaan skiet met n paar verskillende pistole as jy kan, maar onthou ook dat n mens aan n pistool gewoond raak en dan verbeter jou skietvermoë. Daar word baie gepraat oor recoil, maar dit is ook iets waaraan n mens gewoond raak. Ek het vir 16 jaar n snubbie in 357 Mag gedra; sy terugskop verbaas my nou nog as ek weer met hom skiet.