Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dullstroom wereld is nie bekend vir swartbaars nie.
Hier is wel n paar plaas damme wat nie oop is vir die publiek waar ek so nou en dan met vlieg of spinning stokke gaan lyn nat maak.
Gister die bul gevang. Vir Dullstroom omgewing met relatiewe koel water n baie groot vis.
Mooi vis daai. En as hulle dit toelaat is dit ook 'n baie lekker panvis daai. Nogal vreemd om van swartbaars in Dullstroom area te hoor. Het in November by Molopo rivier gaan vang op privaat grond van 'n vlot af op 'n dam wat deur die rivier gevoed word. Ons was drie hengelaars en het 113 vir die dag gevang en terug gesit. Die groottes was maar skaars en meestal op die neste.
Ratel wrote:Mooi vis daai. En as hulle dit toelaat is dit ook 'n baie lekker panvis daai. Nogal vreemd om van swartbaars in Dullstroom area te hoor. Het in November by Molopo rivier gaan vang op privaat grond van 'n vlot af op 'n dam wat deur die rivier gevoed word. Ons was drie hengelaars en het 113 vir die dag gevang en terug gesit. Die groottes was maar skaars en meestal op die neste.
Klink of julle lekker sessie gehaad het.
Ek het groot geword hier met forel, bass en karp.
Bass met klein popper as jong seun was addictive