Raad gevra: Krokodiljag
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Raad gevra: Krokodiljag
More almal,
Uit die bloute het 'n familievriend my swaer gekontak en gevra of ons dalk sal belangstel om 'n paar krokodille te kom afhaal op sy plaas. Blykbaar met die onlangse reen het 'n klomp (hy het blykbaar iets soos 80 al getel) in die omgewing opgedaag en hy het nie die infrastruktuur vir hulle nie. Sy volgende bekommernis is dat hulle die plaaslike inwoners wat van die rivier gebruik maar gaan begin teiken omdat daar nie kos is vir hulle nie, so hulle moet gaan.
Ek het oorspronklik ingestem omdat ek nie gedink het dit gaan realiseer nie, maar ek het gisteraand die oproep gekry dat dit nou ernstig is, en die datum is vasgemaak. Ek is bitter opgewonde want ek dink dis 'n uiters unieke geleentheid wat nie baie mense kry nie. Ek dink nie die krokkies is baie groot nie maar dit maak min sin - dis nogsteeds uniek.
So toe so tussendeur al die opgewondenheid en koeëls tel en alles kom ek met 'n skok agter dat ek meer weet van Belaroes as van krokodiljag, en ek weet f-f-f-niks van Belaroes nie.
Nou hoegemaak? Skootplasing, natuurlik, maar wat anders? Die goed is blykbaar baie sku en mik vir die water as mens naby kom, en glo vir my ek is nie van plan om die ding in die water te skiet en te gaan uithaal nie. Die konsensus is om op afstand te skiet, maar dit lyk my mense skiet nie hartlong skote op die akkedissies nie...

- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Ek weet net jy moet vrek stil wees. Enige beweging of geraas en hulle glip die water in. Ek weet nie of julle gaan regkry om klomp in n klein rukkie af te haal nie. Krokodiljag is moeilik en verg baie geduld.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 836
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Toxxyc,
Wees asseblief net versigtig, Natuurbewaring is nogal erg op die tipe akkedissies van jou. Afhangende van die area en provinsie kan dit nogal 'n probleem wees met permitte. Wil net nie hê jy moet so help-help jouself in die moeilikheid in help nie. Bly liewer onder die radar

Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Permitte moet reg wees .Jy moet vir die brein skiet of sy nek afskiet. Jy moet hom anker waar hy le anders is hy in die water in. Hy sink soos n klip nie soos n hippo wat na n tyd dryf nie. Ek laat my kliente altyd twee in die kop en een in hartlong area. Om vir n croc te soek in die water is min lekker so probeer dir vermy.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Ek neem aan die permitte is reg want dis blykbaar 'n hele storie om dit gereel te kry. Ek het gehoor jy moet hom laat lê waar hy lê, en het ook gehoor van die 3-skoot storie, ek wou net bevestig.
Dankie julle, dit blyk pret te wees...
Dankie julle, dit blyk pret te wees...
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Ek weet daar is nou baie genoem van permitte maar kleink of groot klink julle klomp wil afhaal.
Jy gaan een permit per krokodil moet kry maak nie saak of hy 1 meter of 6 meter is nie.
Maak voer plek in vlakwater binnegoed ou bees karkas of iets soortgelyk en bly voer dit sal hulle makker maak en gewoond maak aan een plek wat jy mooi kan kies waar die wind reg is in jou voordeel. Hulle sintuie is verkriklik goed ontwikkel en hulle maak ook baie staat aan watervoels wat hulle waarsku.
Gebruik hout paal en kettings om groot karkas vas te maak.
Gebruik koeel wat lekker oopmaak maar tog genoeg penetreer deur die sterk vel.
Nek skoot net agter waar die smile ophou sal my voorkeur wees vir eerste skoot en dan hart en long skoot.
As jy nou jou plek en hide in plek het meet die afstand waar die krokodil sy opdaging sal maak byvoorbeeld 80 meter en gaan skiet jou zero so in.
Jou teiken is maar net golfbal groote
Krok permitte vir probleem diere is nie iets wat elke dag uitgedeel word nie en moenie dink jy kan een permit gebruik vir meer as een krok en die ander wegsteek nie.
Taksidermie sal ook nie jou trofee of skedel aanvaar sonder die nodige papierwerk.
Die poliste mag dalk slap le maar Natuurbewaring is nogal wakker as dit met sulke goed kom plus jy noem van mense wat daar naby leef baie monde en oge wat kan stories vertel.
Skree maar as jy nog info soek.

Ek beplan nie eintlik om trofees en goed te maak nie. Het nie geld daarvoor nie. Ek weet ook nie regtig hoe alles werk nie, maar as ek die go-ahead kry om kruishaar op krok te sit sal ek dit seker maar moet doen.
Ek is vol vertroue dat ons dalk 1 of 2 op die meeste sal kry die dag. Ons is mos maar beginners.

- Grenslyn
- Sr. Member

- Posts: 366
- Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 663
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Skiet hom net agter sy "smile"!
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Ek begin wonder of ek my nie ingelaat het vir iets te veel nie...
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Hier is inligting oor skootplasing (uit African Hunter) Hoop dit kan help
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1986
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Laat weet maar as ek in jou plek moet gaanToxxyc wrote: Wed Mar 03, 2021 8:04 am Ek begin wonder of ek my nie ingelaat het vir iets te veel nie...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 624
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Wat is die going rate deesdae om n krokodil met n permit te skiet?
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Dis nog een van my groot drome!
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Dankie almal, ek sien nogals uit. Het bietjie my geweer se sneller gewikkel so nou moet ek planmaak om by die baan uit te kom. Ek begin al hoe meer uitsien, ek moet eerlik sê...
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 762
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Toxxyc, geniet hom.
As ek mag vra, watse kaliber gaan jy gebruik?

Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Groete uit Windhoek
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Raad gevra: Krokodiljag
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... reerivier/
Smaak my dit raak nou n algemene ding om n paar krokkies te verloor

Groetnis
Philip
Philip
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Ek vat my .30-06. Die krokke is blykbaar nie baie groot nie, so dit sal maklik die jobbie doen. Vir verder skiet het ons 'n 6.5CM wat ook die werk sal doen, en as dinge nou regtig taai raak dink ek die .338 WM gaan ook nog saam.Witpietskiet wrote: Thu Mar 04, 2021 8:19 am Toxxyc, geniet hom.
As ek mag vra, watse kaliber gaan jy gebruik?
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Die naweek sien jy net spotlights en gewere op daai rivierPhilip J wrote:https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... reerivier/
Smaak my dit raak nou n algemene ding om n paar krokkies te verloor
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Is daar al nuus oor die sakke vol krokodille wat jy geskiet het ?
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Hah! Dit sou more oggend gebeur het, maar lyk my die man het tydelik koue voete gekry, of hy moet weg vir werk, of so iets. Ons moes uitstel. Weet nog nie tot wanneer nie.
Dit begin lyk soos een van daardie "te goed om waar te wees" stories.

- Evert
- Sr. Member

- Posts: 301
- Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm
Re: Raad gevra: Krokodiljag
Goeie Dag
Ons het al n hele klomp kroks gejag ek dink hier by 30 rond oor die afgelope 5 jaar enige iets van 2.8m na 4.7m toe.
Permit gewys - as daar klomp kroks is, gaan daar eers moet bewyse gegee word laat dit n risiko inhou vir die mense van die omgewing.
Natuurbewaaring gee baie moeilik Krokodil permitte. Indien julle n permit kry gaan dit 1 Krokodil wees.
Ons jag hulle op plase waar daar Vrystelling is, die word gekry deur Inpakstudies ens ens
Jag Gewys - Soos Frederik genoem werk dit goed om hulle te bait in die vlakwater, hulle sal selfs uit die water klim om te gaan vreet.
Maar meestal word hulle buite die water geskiet waneer hulle bak in die son gewoonlik tusen 9h-16h
Kry vir jou n baie gemaklike dooie rus, dit gaan n brein skoot of n nek skoot moet wees. Enige iets van 308 en op.
Moet nie deur water probeer skiet nie, daar gaan geen penetrasie wees nie.
As julle in die water skiet gaan die Krokodil sink en kan tot solank as 3 weke vat om op te kom, teen daai tyd is hy vrot
Op die meeste gaan julle 3 geskiet kry dan gaan hulle wakker wees.