Ek het die naweek gaan Karp/Baber vang by 'n Plaasdam wat aan my bekend is. Ons vang altyd baie goed en die Visse is mooi en gewillig
Met ons aankoms kon ek sien die dam was baie leeg teenoor einde November laas jaar. Aanvanklik het ek gedink dit is maar die draai van seison, maar ek weet dat die area 'n besonderse goeie reënval syfer gehad het. Wel, te goed. Want die dam wal het gebreek. So die dam was +- 30 % leër as einde laas jaar. Wanneer hy gebreek het weet ek ook nie.
Die water was vuil, baie baie vuil. En vlak. Natuurlik soos daar verwag kan word was die water temperatuur ook koud.
Ek het al baie kere sukses gehad in die winter as ek Karp teiken. Ek weet dat hulle metabolisme afneem en dat mens meer geduldig moet wees.
Maar hierdie keer was vir my verstommend, en nou die rede vir hierdie bespreking. Ek het geen maar geen byte gehad nie. Na n ruk het ek en my seun ons Mieliebom en Floaties verander na wat die sterkste reuk het, en die mees sigbaarste sal wees in die vuil water. Maar nogsteeds niks.
My vraag aan gesoute en ingeligde lede van Jaracal is: Kon die damwal wat gebreek het en die vuil water die rede wees vir geen aktiwiteit?
Net nog een observasie. Daar was Vis. Hulle het gereeld na die oppervlak gespring en seker maar Goggas gevang of iets.
Verskoon maar die duidelike te kort aan kennis. Ek is maar 'n baie matige sosiale hengelaar wat meer moet Karp vang.
Swartbaars is eintlik maar my vootkeuse.
Byvoorbaat dank
KZ

