Gemsbok pryse
-
Whisky17
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm
Gemsbok pryse
Goeie dag almal
Ek probeer vas stel wat is n goeie prys vir n Gemsbok (nie-trofee).
Al die pryse wat ek ontvang is R6000 en op.
Baie dankie
Ek probeer vas stel wat is n goeie prys vir n Gemsbok (nie-trofee).
Al die pryse wat ek ontvang is R6000 en op.
Baie dankie
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gemsbok pryse
Ja almal wat ek al gekry/gesien het is ook by R6000 +, het een advertensie gekry van R5500 maar dan is die dagfooi somer R1800 pp. Hulle moet maar lekker gras veet teen daai prys
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Gemsbok pryse
Gemsbokke hier in die bosveld is taamlik hoog in aanvraag en die pryse reflekteer dit tans
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Gemsbok pryse
Ek betaal R4800 vir mooi groot Gemsbok bulle hier in Petrusburg distrik en R4200 vir koeie
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: Gemsbok pryse
Groot gembokke bulle Olifanshoek R4500
Koeie R3800
Koeie R3800
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gemsbok pryse
Ja dit raak n moeilike een, R4500 vir n groot bul is n goeie prys maar nou moet ons vaalies weer 1400km ry dan is daai R6000 bosveld bok seker nie so duur nie anders moet mens maar seker 6 manne met n kombi en 2 coolerboxe kalahri toe ry vir n week. Ek het nooit gedink ek sal n Gemsbok in die bosveld wil skiet nie die kalahari is mos waar mens hulle jag maar ek moet se die laaste paar jaar dink ek nogals dit kan lekker wees om so bul in digte bos te soek. Ek raak ook nou al oud ek onthou ook die dae toe ons kaalvoet skool toe geloop het en R2000 vir n Gemsbok bul betaal het in Olifantshoek/Upington
So van die os op die jas wat weeg n groot bosveld gemsbok bul?
So van die os op die jas wat weeg n groot bosveld gemsbok bul?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Whisky17
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm
Re: Gemsbok pryse
Ek sit met dieselfde probleem.
Kan 145km ry en Gemsbok skiet vir R7000 in die Oos Kaap, of 800km ry en een skiet vir R5750 in die Noord Kaap.
Dit sal wel spesiaal wees om n Gemsbok in die Kalari te jag...
Kan 145km ry en Gemsbok skiet vir R7000 in die Oos Kaap, of 800km ry en een skiet vir R5750 in die Noord Kaap.
Dit sal wel spesiaal wees om n Gemsbok in die Kalari te jag...
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: Gemsbok pryse
Ek het so 12 jaar terug R890 betaal vir Gemsbok by buitepos in Namibie, en 4 jaar terug R2000 betaal by n ander plaas in die selfde distrik.
Dit maak goeie sin as jy 4 mense is en elkeen skiet 2 of 3. As ek reg onthou is 3 die limiet per jagter by die grenspos.
Dit maak goeie sin as jy 4 mense is en elkeen skiet 2 of 3. As ek reg onthou is 3 die limiet per jagter by die grenspos.
-
Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: Gemsbok pryse
Ek het vandag 'n advertensie gesien vir blesbokram teen R3000 (rooibokramme ook). Dis belaglik!
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Gemsbok pryse
Kaptein, ek sien jy het gevra na Bosveld gemsbokke se gewig.
Volwasse bulle slag so 95 tot 115kg uit. Hulle kry maar swaar met die bosluise.
Volwasse bulle slag so 95 tot 115kg uit. Hulle kry maar swaar met die bosluise.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
Lapua
- Sr. Member

- Posts: 481
- Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am
Re: Gemsbok pryse
Plaas waar ek elke jaar n paarvkeer jag het ons geskok die jaar. R3800 n Gemmie maar R6000 n BWB Bul en R4500 n koei. Wat te duiwel? En dit is Bosveld. Derdepoort Rooibokkraal omgewing.
-
Lapua
- Sr. Member

- Posts: 481
- Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am
Re: Gemsbok pryse
Sorry, my hande is vol rib vet. Maak spel voute.
- Grenslyn
- Sr. Member

- Posts: 366
- Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am
Re: Gemsbok pryse
Ek wys op die oomblik elke bespreking vir jagters weg omdat ek nie genoeg gemsbokke het nie. Die prys om gemsbokke nou by my af te laai is tussen R7,500 en R8,000. Dit is as ek in die hande kan kry! Waarvoor moet ek hulle laat jag? Manne het verlede jaar al bespreek en op die oomblik maak ek 'n verlies van R2,000 per bok.
Hein
- win270
- Hero Member

- Posts: 2103
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Gemsbok pryse
Vraag en aanbod is mos maar die groot dryfkrag agter pryse. Na die goeie reëns behoort diere goed aangeteel het en kos vir die diere is uiteraard volop. Daar is ander stygende kostes ter sprake waarvan die plaaseienaars ons jagters mooi sal kan vertel. Om verliese van die verlede te vinnig te probeer inhaal, kan soms ook verkeerde strategie wees.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gemsbok pryse
Ja ek het nog nie die jaar een Rooibok prys vir n regte ram onder R3000 gesien nie, R3000 se blesbok moet seker n monster wees.....Maroelas wrote: Mon Apr 04, 2022 5:15 pm Ek het vandag 'n advertensie gesien vir blesbokram teen R3000 (rooibokramme ook). Dis belaglik!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Gemsbok pryse
Die plaaseienaars kry al tussen R30 en R38 n kg vir karkas. Die eienaar kan vinnig op een of twee dae n paar wild afhaal en verkoop, so vir hom om n jagter te kry om dieselfde wild oor n paar maande te skiet moet dit dam die moeite werd wees. Ek stem dat party pryse dam baie duur is, maar dit is seker maar n skaars bok in daardie omgewing (vraag en aanbod).
My oorlede skoonpa het so gesukkel met jagters wat of net een of twee bokke op n dag skiet of nie die bokke geskiet kry nie dat hy besluit het om eerder self die bokke vir die mark te skiet vir minder geld, maar baie minder tyd in die veld en soos hy gesĂȘ het, vir sy eie genot.
N man moet maar self besluit of hy sy vleis goedkoper in die slaghuis wil gaan koop of dit wil gaan jag (luukse) teen n duurder prys.
Ps: ek is ook net n jagter
Groete
My oorlede skoonpa het so gesukkel met jagters wat of net een of twee bokke op n dag skiet of nie die bokke geskiet kry nie dat hy besluit het om eerder self die bokke vir die mark te skiet vir minder geld, maar baie minder tyd in die veld en soos hy gesĂȘ het, vir sy eie genot.
N man moet maar self besluit of hy sy vleis goedkoper in die slaghuis wil gaan koop of dit wil gaan jag (luukse) teen n duurder prys.
Ps: ek is ook net n jagter
Groete
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gemsbok pryse
EK het al paar bokke geskiet en verkoop aan slaghuise en jy gaan al n lekker groot RHB moet skiet om R3000 vir sy karkas te kry
Na jy nou jou R3000 vir jou 42kg Blesbok betaal het is daar natuurlik nog die dag fooi, ek sien hier rond vra die manne al R1800 n dag per persoon en hy soek n goep van 6 op n slag en dan nog n hele paar klein goedjies wat jy ook per dag moet betaal. Nee wat ek koop dan ma biltong by slaghuis en gaan speel op n bitter mooi baan golf vir n naweek vir daai pryse. Jag gaan natuurlik nie net oor die skiet en vleis kry nie maar ek gaan ongelukkig nie n boer R1800 n dag betaal net om op sy plaas te mag jag en na n over priced bok loop en soek nie.
Ek vanogend n prys lys gekry en die dag fooi is nou meer normaal teen R550 per persoon per dag maar dan lyk die wild weer so, R2800 n vlakvark, R3200 rooibok, R9700 Gemsbok, R8500 bosbok, R6800 vir n bosvark en R3000 n blesbok. Daar is darem Wifi ook en hulle sal die vel af haal teen R250 per bok.

- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Gemsbok pryse
Genugtig van die pryse is rof!
Ek voel nou baie beter oor die R280/dag wat ons in die Oos-Kaap betaal.
Gemsbokke is ook R7000 daar, maar dis nie sy wĂȘreld nie. Koedoes en springbokke is bekostigbaar, en selfs wildebeeste teen R4000-R5000 lyk baie beter as die pryse hier bo genoem.

- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Gemsbok pryse
Jip dit is maar rof deedae om nog te gaan jag as 'n mens die pryse so kyk. Maar soos bo reeds vermeld is, gaan dit oor vraag en aanbod en moet in gedagte gehou word dat die boere ook baie ander kostes en uitgawes het wat verhaal moet word ten einde die plaas steeds winsgewend en volhoubaar te bestuur....Capt. Oblivious wrote: Tue Apr 05, 2022 3:05 pm EK het al paar bokke geskiet en verkoop aan slaghuise en jy gaan al n lekker groot RHB moet skiet om R3000 vir sy karkas te kry
Na jy nou jou R3000 vir jou 42kg Blesbok betaal het is daar natuurlik nog die dag fooi, ek sien hier rond vra die manne al R1800 n dag per persoon en hy soek n goep van 6 op n slag en dan nog n hele paar klein goedjies wat jy ook per dag moet betaal. Nee wat ek koop dan ma biltong by slaghuis en gaan speel op n bitter mooi baan golf vir n naweek vir daai pryse. Jag gaan natuurlik nie net oor die skiet en vleis kry nie maar ek gaan ongelukkig nie n boer R1800 n dag betaal net om op sy plaas te mag jag en na n over priced bok loop en soek nie.
Ek vanogend n prys lys gekry en die dag fooi is nou meer normaal teen R550 per persoon per dag maar dan lyk die wild weer so, R2800 n vlakvark, R3200 rooibok, R9700 Gemsbok, R8500 bosbok, R6800 vir n bosvark en R3000 n blesbok. Daar is darem Wifi ook en hulle sal die vel af haal teen R250 per bok.
My gedagte oor die storie is maar op die einde gaan die hele lewe en ook die jagtery maar net oor KEUSES:
Die boer het 'n keuse of hy wild, bees of gesaaides wil boer...
As hy kies om wild te boer het hy 'n keuse of hy wild self laat aanteel en of hy wild inkoop... dan verder hoeveel wins hy wil maak en hoeveel wild hy gaan laat jag ten einde sy boerdery volhoubaar te kan laat voortbestaan... derhalwe is sy keuse van pryse gekoppel aan sy vorige keuses.
Ek as individu het die keuse of ek wil gaan jag en of ek my vleis by 'n slaghuis/slagpale wil gaan koop
Ek het ook 'n keuse of ek op die betrokke plaas wil gaan jag en die wildpryse en dagfooie en slagfooie ens. wil betaal of eerder 'n ander jagplek soek wat meer in my begroting pas (as ek dit kan kry
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Gemsbok pryse
As daar nou een ding is wat my 'n bietjie dwars is die krop steek is dit daardie R250 om die bok vir jou af te slag. Gelukkig word sulke fooie nie op alle plase gehef nie. Ek gaan binnekort maar 'n paar kolganse snipe met my .223 Rem. Nie ver skiet nie, my beplande maksimum-afstand is 300m. Maar ek kan dit heeltemal verniet doen. Dis nou nie koedoejag nie maar ek sal alleen in die veld wees en kampeer en myself gate uit geniet sonder om die minute in Rande af te tel. Ek besef terdeë wildboere moet geld maak anders sal daar nie wild wees nie. Dis maar net dat jagpryse nou in baie gevalle bo my begroting se vuurmaakplek is.
Mooi loop
Mooi loop
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gemsbok pryse
Riaan Kriel wrote: Tue Apr 05, 2022 4:26 pmJip dit is maar rof deedae om nog te gaan jag as 'n mens die pryse so kyk. Maar soos bo reeds vermeld is, gaan dit oor vraag en aanbod en moet in gedagte gehou word dat die boere ook baie ander kostes en uitgawes het wat verhaal moet word ten einde die plaas steeds winsgewend en volhoubaar te bestuur....Capt. Oblivious wrote: Tue Apr 05, 2022 3:05 pm EK het al paar bokke geskiet en verkoop aan slaghuise en jy gaan al n lekker groot RHB moet skiet om R3000 vir sy karkas te kry
Na jy nou jou R3000 vir jou 42kg Blesbok betaal het is daar natuurlik nog die dag fooi, ek sien hier rond vra die manne al R1800 n dag per persoon en hy soek n goep van 6 op n slag en dan nog n hele paar klein goedjies wat jy ook per dag moet betaal. Nee wat ek koop dan ma biltong by slaghuis en gaan speel op n bitter mooi baan golf vir n naweek vir daai pryse. Jag gaan natuurlik nie net oor die skiet en vleis kry nie maar ek gaan ongelukkig nie n boer R1800 n dag betaal net om op sy plaas te mag jag en na n over priced bok loop en soek nie.
Ek vanogend n prys lys gekry en die dag fooi is nou meer normaal teen R550 per persoon per dag maar dan lyk die wild weer so, R2800 n vlakvark, R3200 rooibok, R9700 Gemsbok, R8500 bosbok, R6800 vir n bosvark en R3000 n blesbok. Daar is darem Wifi ook en hulle sal die vel af haal teen R250 per bok.
My gedagte oor die storie is maar op die einde gaan die hele lewe en ook die jagtery maar net oor KEUSES:
Die boer het 'n keuse of hy wild, bees of gesaaides wil boer...
As hy kies om wild te boer het hy 'n keuse of hy wild self laat aanteel en of hy wild inkoop... dan verder hoeveel wins hy wil maak en hoeveel wild hy gaan laat jag ten einde sy boerdery volhoubaar te kan laat voortbestaan... derhalwe is sy keuse van pryse gekoppel aan sy vorige keuses.
Ek as individu het die keuse of ek wil gaan jag en of ek my vleis by 'n slaghuis/slagpale wil gaan koop
Ek het ook 'n keuse of ek op die betrokke plaas wil gaan jag en die wildpryse en dagfooie en slagfooie ens. wil betaal of eerder 'n ander jagplek soek wat meer in my begroting pas (as ek dit kan kry![]()
)
Daai is net soos jy daar se maar ongelukkig het ek ok meer en meer uitgawes en my salaris gaan ok ma net soveel op elke jaar, ekt nog nie met wild gewerk nie maar het al n bees of 2 gekoop en verkoop en as ek swaar kallers by die vandiesie in Lichtenburg koop om hulle weer aan slagpale te verkoop gaan my som ook nie lekker werk nie.
Oom Koos ek stem 100% saam met Oom, ek verwag nie iemand moet my n guns doen met wild of jag nie maar my Pa het my groot gemaak laat ek maar kyk wat ek kry vir my geld wat ek betaal. Ja jag is bitter lekker maar ek kan ongelukkig nie R7000 n gemsbok betaal + R1000 wat ookal per dag verblyf plus da heen ry, kos en koeldrankies en dan nog vleis laat verwerk nie. Ja ek het ook die goed om dit self te verwerk maar ek het nie die plek nie so dit maak glad nie sin vir my om R490 of wat ookal per kg wors te betaal nie dan skiet ek ma staal en vang vis om buite te wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2589
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Gemsbok pryse
Smaak my ek gaan plaas toe maar gaan koeksusters oppi stoep sit en eet, wild bitter skaars na groot droogte in die Karoo, gaan ân tydjie neem vir die getalle om weer te groeiâŠ
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: Gemsbok pryse
Ek dink n groot faktor in die pryse wat deesdae gevra word is die âkleinâ plase waarop mense probeer boer. Daar is eenvoudig net nie genoeg spasie en weiding vir natuurlike aanvulling/aanteling van die wild nie. Daarom word daar feitlik elke seisoen ten duurste wild en voer aangekoop om die nrs te laat draai. Sit nou n verlengde droogte by, dan word dit nog erger.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gemsbok pryse
Ek wil nie op mense se tone trap of hulle in die gesig vat nie maar ek stem saam met jou. Ek kom uit n groot boer agtergrond uit en ek kan nie sien (maak nie saak wat jy boer nie) hoe jy diere moet aan koop, dalk nog vinnig voer en laat âslagâ om besigheid te doen nie en ek DINK ek kan verkeerd wees maar ek dink ook dit is n groot probleem.Dash431 wrote: Tue Apr 05, 2022 6:31 pm Ek dink n groot faktor in die pryse wat deesdae gevra word is die âkleinâ plase waarop mense probeer boer. Daar is eenvoudig net nie genoeg spasie en weiding vir natuurlike aanvulling/aanteling van die wild nie. Daarom word daar feitlik elke seisoen ten duurste wild en voer aangekoop om die nrs te laat draai. Sit nou n verlengde droogte by, dan word dit nog erger.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- 6mmMusgrave
- Hero Member

- Posts: 1033
- Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Re: Gemsbok pryse
Ja nee kyk pryse is nou rof. Elke man moet kos op die tafel sit dit verstaan ek maar van die pryse is belaglik. Ek en dave en nog laasjaar gejag vir
Blesbok R1200
Springbok R600
Gemsbok R4500
Geen dagfooi nie
En dan kan jy uitsoek wat jy wil
En dit was 10km uit die dorp uit. Maar die oom is ongelikkug n paar dae terug oorlede. Hopenlik laat die tannie nog die jaar jag.
En dan het ek darem nog die voorreg om om paar bokke die jaar te gan jag by vriende en al wat dit kos is lekker kuier op die plaas.