smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post Reply
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by Kolhasie »

Manne goeie naand.

My geduld raak klaar en die boorgat kom nader.

Ek het bo genoemde haelgeweer. nie seker kom hy van forum lid af nie

2dae geskiet toe breuk die slagpen....
week daar na breuk die armpie wat van die "handpomp" af loop agtertoe na die aksie wat die geweer oor haal.

Maak oop en sien daai ding is al gesilver solder van voor tot agter.... ek doen toe die selfde 50 skote dan breuk hy weer. 20 skote breuk hy weer....nou elke 2de skoot breuk hy.

Mense eks moedeloos eks gatvol ek voel ek moes hom nie koop nie!

Waar kry ek so part of wie kan vir my een maak? Ek kry een oorsee en sal hom koop maar ek weet gladnie hoe koop ek daar nie as iemand bereid is om te help grooot asb stuur my n boodskap.

Op die internet kry ek so part by www.gunpartcorp.com maar soos genoem weet nie hoe om van ander kant die waters te koop nie.
ek sien hulle noem die part "handle bar tube assembly"
In SA kry ek gladnie. orals al gebel
HELP ASEBLIEF MEDE SKIETERS

079 nul 25 9600

Groete KH
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3604
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by Fanta300 »

Sit bietjie foto op dan kan ons kyk. Breek hy elke keer op dieselfde plek?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Silwer
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by Silwer »

'n Vriend van my se winchester 1200 het dieselfde probleem gehad. Hy het reggekom by Chad Ghillie van Arms in Pretoria. Miskien kan hy jou help.

Sent from my SM-A325F using Tapatalk

Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by Kolhasie »

Fanta300 wrote: Sat Jul 16, 2022 2:20 pm Sit bietjie foto op dan kan ons kyk. Breek hy elke keer op dieselfde plek?
Goeie dag oom Fanta.

Ek weet nie hoe om foto te plaas nie.

hy breek op die selfde plek
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3604
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by Fanta300 »

WA foto na my toe
0828729agtagt5
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by Alwin »

Kolhasie, ek wil nou nie eintlik die een wees wat hierdie vir jou vertel nie, maar al daardie S&W pompaksies is gemors. Jammer, maar dit is wat dit is. Dit goed is in Japan gemaak en S&W het dit bemark onder hulle naam. Toe die probleme opduik, toe stop hulle produksie. Hulle moes eerder by pistole en rewolwers gebly het.

Boorgat is nie 'n opsie nie, die ding het seker 'n lisensie? Skenk hom vir 'n wapensmid, dan kan hy die onderdele gebruik.

Soek solank vir jou een van die beproefde pompaksies. Mossberg/Maverick is bekend vir duursaamheid en goeie waarde vir geld. Soms moet jou wapensmid net die kamer poleer, maar dis vinnig en maklik. Remington en Winchester is ook opsies. Die Beretta (RS202) en sy plaaslike klone (Musler, Musgrave) is goeie kwaliteit, maar ek hou nie van die baie ekstra knoppies wat jy moet manipuleer nie. (1 knoppie ekstra is 3 te veel.)

Ek het nie ondervinding van die Turkse haelgewere nie. Hulle mag goed wees, of dalk nie. Onderdele kan ook 'n probleem wees.

As jy dalk eendag die pompaksie mag nodig kry om die wolf van die deur af weg te hou, dan is dit altyd wys om eerder bietjie meer te spandeer en 'n beproefde maak/model te koop.
Knewel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by Knewel »

Pompaksie haelgewere breek almal daar. Hang net af hoe hard hy oop en toe gestamp word. Party ouens verstaan nie dat dit nie nodig is om soos Rambo die ding oor te haal nie.

Silver solder moet reggedoen word anders breek hy weer af. Die flux moet reg aangewend word en alles moet vooraf goed skoongemaak word.

Kry die geweer by 'n goeie smid en hy sal jou uitsort

Sent from my SM-A750F using Tapatalk

'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
Knewel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by Knewel »

Die slagpen kan ook gemaak word. Moet net reg verhard word daarna

Sent from my SM-A750F using Tapatalk

'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by Kolhasie »

Alwin wrote: Sun Jul 17, 2022 9:40 am Kolhasie, ek wil nou nie eintlik die een wees wat hierdie vir jou vertel nie, maar al daardie S&W pompaksies is gemors. Jammer, maar dit is wat dit is. Dit goed is in Japan gemaak en S&W het dit bemark onder hulle naam. Toe die probleme opduik, toe stop hulle produksie. Hulle moes eerder by pistole en rewolwers gebly het.

Boorgat is nie 'n opsie nie, die ding het seker 'n lisensie? Skenk hom vir 'n wapensmid, dan kan hy die onderdele gebruik.

Soek solank vir jou een van die beproefde pompaksies. Mossberg/Maverick is bekend vir duursaamheid en goeie waarde vir geld. Soms moet jou wapensmid net die kamer poleer, maar dis vinnig en maklik. Remington en Winchester is ook opsies. Die Beretta (RS202) en sy plaaslike klone (Musler, Musgrave) is goeie kwaliteit, maar ek hou nie van die baie ekstra knoppies wat jy moet manipuleer nie. (1 knoppie ekstra is 3 te veel.)

Ek het nie ondervinding van die Turkse haelgewere nie. Hulle mag goed wees, of dalk nie. Onderdele kan ook 'n probleem wees.

As jy dalk eendag die pompaksie mag nodig kry om die wolf van die deur af weg te hou, dan is dit altyd wys om eerder bietjie meer te spandeer en 'n beproefde maak/model te koop.
Jis dit is nou n bitter pil om te sluk

Maar dankie vir die eerlik wees.

Ek is in die mark vir n ander haelgeweer maar wil die een reg kry en loop laat helfde korter sny vir in die huis.

Sal nooit van n geweer onslae kan raak nie haha al kos dit my weld daai hele konksie aan een dat hy net kan oorlaai en skie.
Knewel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by Knewel »

As jy daar gaan weld gaan jy deur die pyp brand. Vra my ek weet. Dis waarom meeste net gespotweld word in die fabriek

Sent from my SM-A750F using Tapatalk

'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by Kolhasie »

As ek so part laat maak.

watse staal gaan die beste opsie wees?
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by Kolhasie »

Ek gaan so 4 dae aflyn wees. as iemand iets het of weet wat om te doen asb gee my n whatsup.

groete kh
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by tripodmvr »

IMG-20220717-WA0005.jpg
IMG-20220717-WA0002.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: smith&wesson 916a pompaksie ASEBLIEF HELP(moedeloos)

Post by tripodmvr »

Fotos 1 en 2 soos hy moet wees en Foto 3 die voorste deel wat afbreek.