Benelli super nova

Post Reply
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Benelli super nova

Post by Kolhasie »

Goeie dag almal.

Ek het besluit om my my S&W te laat gaan.... kan nie so sukkel nie.


Watse pomp aksie in die mark gaan my plesier gee en nie sukkel nie?

Wat van die mavrick? of mossberg?

Asb help sodat ek iets betroubaar kan kry. Ek is mal oor n pompaksie so dit is maar na wat ek kyk.
Ek wil hom gebruik vir speel so nou en dan ens so neem aan die 28" gaan die ding doen
Groete KH
Last edited by Kolhasie on Thu Aug 04, 2022 7:39 am, edited 1 time in total.
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Beste pompaksie?

Post by Killzone »

Winchester 1300, Mossberg 500 of Remington 870 sou ek sê. Ek het die laas genoemde Haelgeweer, maar die kort loop. Parte en toebehore is meestal beskikbaar vir al die bogenoemde fabrikate.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Beste pompaksie?

Post by Ds J »

" n Haelgeweer moet Italiaans wees en met B begin".
(Aanhaling van n bekende sportskut. :laugh: :laugh:

Voorstel: kyk na die fabrikate wat die SAPS en die top sportskuts oorleef.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Beste pompaksie?

Post by Geno »

Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Bigfoot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Sep 27, 2015 7:06 pm

Re: Beste pompaksie?

Post by Bigfoot »

Kolhasie

Ek het 'n Benelli te koop as jy belangstel?
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Beste pompaksie?

Post by Kolhasie »

Bigfoot wrote: Fri Jul 22, 2022 2:39 pm Kolhasie

Ek het 'n Benelli te koop as jy belangstel?
Ja asb.

Stuur vir my so paar fotos na 07 9 025 9600

Wardeur

GRoete KH
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Beste pompaksie?

Post by Apie »

Wat sal hulle plaaslik kos Geno?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Beste pompaksie?

Post by Vleisie »

Ek kan daardie beaam, ek het n SuperNova met 28” loop en baie rondtes later is dit steeds die lekkerste haelgeweer wat ek al geskiet het.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Beste pompaksie?

Post by Zuku »

Terwyl ek "3 gun" geskiet het lank gelede was pomp aksie nog die inding en Semi auto nog bietjie duur was, was Beretta die inding. Ek het egter n Winchester (die bekende 1300) gehad. n Paar van die topskuts het ook Winchester gehad. Hy skiet net en gee geen problem.Myne het seker so + 15 000 skote gehad sonder probleme en is tot vandag toe spyt dat ek hom laat gaan het. Mossberg en Mavetick was die arm man se geweer, maar almal het geskiet en gewerk sonder problem. Olie op die "slide" en slot verrig wondere as jy so +50 na 100 skote op n dag skiet vir m kompetiese of baie hard oefen. Remington was duur, maar in die VSA was dit die top geweer.
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Beste pompaksie?

Post by Kolhasie »

Baie dankie Zuku. dit help baie
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Beste pompaksie?

Post by Alwin »

Daar is 'n paar dinge om na te kyk as jy 'n pompaksie haelgeweer wil aanskaf:

1. Gemaklike kolf. Die goed skop bietjie. Bly weg van voukolwe en ander "fensie" goed wat jou nie baie goeie ondersteuning gee nie. Kyk ook dat die kolf jou pas of gemaak kan word om jou te pas.
2. Taaiheid. Die pomaksie moet rowwe hantering kan verdra sonder protes. Mens moet hom hard pomp. Plastiek meubels kan gewoonlik meer misbruik hanteer as hout.
3. Ek hou van 'n pompaksie waarvan jy die spangreep kan agtertoe probeer trek, en wat dan ontsluit en ooptrek sodra jy die sneller druk. M.a.w. jy laai hom, dan "hang" jy aan die pomphandvatsel. As jy die skoot trek, vlieg hy self oop en gooi die dop uit. Jy moet net weer vorentoe druk om weer te laai. Lekker vinnig, amper so vinnig soos 'n semi-outo.
4. Besluit of jy dalk eendag die magasynbuis wil langer maak. Die Mossberg500/Maverick88 familie kan nie maklik langer gemaak word nie, weens die manier wat die loop vas is.
5. Bly weg van "boks" magasyne. Dis nie probleemvry nie en laat jou ook nie toe om gou 'n paar rondtes in die magasyn by te las nie.
6. Kyk na die veiligheidsknip se posissie en werking. Party is erg lastig, ander seepglad en intuitief.
Daar is nog goed soos choke en visieropstelling wat jy moet kies om by jou behoeftes te pas.
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Beste pompaksie?

Post by Kolhasie »

Alwin baie dankie vir die goeie raad.

As iemand van n pompaksie weet met 28" loop asb latweet my
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Benelli super nova

Post by Kolhasie »

Goeie more manne.

Ek het toe besluit op die benelli super nova.

Hoop dit was n goeie keuse. Enige iemand wat een skiet?
Post Reply