Goeiedag Manne.
Met die skaarste aan ingevoerde langafstand-geskikte koeëls vir die 6,5mm kaliber, het ek begin wonder watter plaaslik vervaardigde koeëls is geskik vir die doel.
Ek kyk na iets om die tipiese 140 - 147gn VLD-tipe koeëls te vervang in die medium-kalibers (6,5x47L; 6,5Vegan; 260Rem ens.) met 1:8" loop.
Die normale loodkern koeëls lyk of hulle supersonies kan vlieg tot naby 1400m of so.
Ek kry nie enige data op die plaaslike make (Peregrine, Ballistics, Kriek, Sus-tac ens) wat my die idee gee dat hulle dit sal kan doen nie. Die gedraaide koperkoeëls van omtrent 120 - 125gn lyk of hulle bietjie tekort gaan skiet op die ver gonge.
Het iemand ondervinding of data wat kan help?
Groetnis.
Plaaslike laaangafstand koeëls vir 6,5mm kalibers?
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
- Ammion
- Hero Member

- Posts: 571
- Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am
Re: Plaaslike laaangafstand koeëls vir 6,5mm kalibers?
Jy kan vir Bertus Marais (Inferno) kontak - 082 353 9674.
Ek weet hy het 'n hoe bc 142gr rebated boat tail gemaak. Ek weet nie of dit steeds beskikbaar is nie, maar kan seker kontak om uit te vind.
Ek weet hy het 'n hoe bc 142gr rebated boat tail gemaak. Ek weet nie of dit steeds beskikbaar is nie, maar kan seker kontak om uit te vind.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Plaaslike laaangafstand koeëls vir 6,5mm kalibers?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Plaaslike laaangafstand koeëls vir 6,5mm kalibers?
Monolitiese koeels bly baie mooi bymekaar as dit 'n gong tref en daarom is die splash (verf wat jy van die gong af skiet) wat mens sien ook baie minder en laat mens soms sukkel om tref skote te sien op baie lang afstande.
Wat ek wel ook al na gekyk het is dat die minder gewig en meer spoed nie opmaak vir die verlore BC as mens die koeels uit standaard twist lope wil skiet nie. Gepubliseerde BC waardes is ook nie altyd getoets nie maar uitgewerk so jy moet dit vir jouself bevestig net soos jy maar met 'n loodkern koeel moet doen.
Jammer ek kan nie meer help nie maar die opsies klink amper soos die Nosler RDF koeels, dit werk uitstekend vir sommige mense en ander sukkel weer. Hopelik is hier ander manne wat bietjie meer ervaring het met die verskillende opsies wat hulle stories kan kom deel.

Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: Plaaslike laaangafstand koeëls vir 6,5mm kalibers?
Ek het so bietjie ervaring met die Peregrine Rangemasters, aanvanklik die 125gr probeer want hy was aangedui om te werk op 1:8 twist lope maar hy doen nie, verder as 300m raak hy onstabiel self teen 2902fps. Intussen het hulle dit verander na 1:7.5 twist wat ek dink beter sal werk op die 125gr.
Die 120gr Rangemaster loop baie mooi teen 2955fps, het nou al sy bene gerek tot op 1200m sonder probleme en volgens my Strelok bly hy tot op 1510m supersonies, waar die 143gr ELD-X op 1320m nie meer supersonies is nie.
Ek sal wel bevestig wat Arnold hier bo sê die monolitiese punte maak op langer afstand n baie klein merk as hy n gong slaan, dus is n hit indicator, kamera stelsel of goeie spotting scope belangrik.

Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Plaaslike laaangafstand koeëls vir 6,5mm kalibers?
Dankie, waardevolle inligting sover.
@Vleisie. Het jy die gepubliseerde BC waardes kon bevestig, of het jy dit aangepas om by jou trajek te pas?
@Vleisie. Het jy die gepubliseerde BC waardes kon bevestig, of het jy dit aangepas om by jou trajek te pas?
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: Plaaslike laaangafstand koeëls vir 6,5mm kalibers?
Ek het gepubliseerde waardes gebruik en gevind hulle is naby.
In my geval was dit +- 1 click(0.1MRAD of 12cm@1200m) ek het dus die BC getrue en hy het afgekom van G7 .306 na .301.
Ek is seker daar is ook maar bietjie speling aan die drywer se kant wat dalk hom nader aan hulle data sou hou, maar tot dusver het ek met dai .301 BC nog net goeie resultate gekry.