Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Manne ek sit so en kyk na my seuntjie se rapport en sy niggies en nefies se rapporte maar kan nie anders om te dink hier is n moerse skroef los. Hulle is almal in een van die vooraanstaande laerskole in Pietersburg so ek kan nie veralgemeen dat dit orals die geval is nie maar hier gaan dit so.
As ek terug dink aan my laerskool dae op Amersfoort was die klas gemiddelde maar bra gemiddeld. Dit was uiters seldsaam om n vak met n klas gemiddeld van meer as 73% te sien. Wiskunde en wetenskap was sommer hier by die 62% op n goeie jaar.
Nou kyk ek na die graad 6 kinders se graad gemiddelde en val op my rug! In 5 van die 8 vakke is die graad gemiddeld bo 80%!! En die graad 2 en graad 5 kinders het net sulke hemel hoë gemiddelde. Dis n skool vol Einsteins of ons was was maar net n klomp klip skoppertjies.
Nou sien ek op fb hoe spog elke tweede mamma met hul bloedjie se mooi punte maar ek kan nie anders as om te dink daars iewers n vlieg in die salf nie.

Supacow
- Hero Member

- Posts: 2112
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Deur op te daag is 60% in die bank en dan is verdere studie die logiese verdienste 
Vra bietjie daai cum laude wiskundige 11x12
Selfs onder die ouer garde trek die oe eers heel oorkruis voor n raaiskoot die lug ingeskiet word.
Dis nogal lekker vermaak as die vegwater eers mooi begin loop

Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Gideon@1
- Sr. Member

- Posts: 427
- Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Ek weet nie of ek moet lag of huil nie…
Ek werk by ‘n tersiere instansie en probeer om ‘n verskil te maak, maar ai !!!
Dis baie moelik om “slim” studente die basiese beginsels te leer. As die selfoon of google nie naby is nie dan is dit verstommend erg!!! Selfs met basiese wiskunde (persentasie bereken of net eenvoudig plus en minus)
Daar is baie min “common sence” en dan gaan hulle jou probeer oorreed dat hulle reg is en jy verkeerd is.
En dan praat ek nie eers van spelling nie!!!
Genoeg gekerm!!! Ek voel nou sommer beter!!
Mooi aand vir julle !!
Groete
Ek werk by ‘n tersiere instansie en probeer om ‘n verskil te maak, maar ai !!!
Dis baie moelik om “slim” studente die basiese beginsels te leer. As die selfoon of google nie naby is nie dan is dit verstommend erg!!! Selfs met basiese wiskunde (persentasie bereken of net eenvoudig plus en minus)
Daar is baie min “common sence” en dan gaan hulle jou probeer oorreed dat hulle reg is en jy verkeerd is.
En dan praat ek nie eers van spelling nie!!!
Genoeg gekerm!!! Ek voel nou sommer beter!!
Mooi aand vir julle !!
Groete
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Gideon ek dink Dunning-Kruger effect beskryf jou beskrywing perfek.
-
Gideon@1
- Sr. Member

- Posts: 427
- Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Net so!!!
Waarheid bly waarheid maak nie saak hoe baie jy daaroor lieg nie!!!
Vir die wat nie weet wat die Dunning-Kruger effect” is nie…
“Dunning-Kruger effect, in psychology, a cognitive bias whereby people with limited knowledge or competence in a given intellectual or social domain greatly overestimate their own knowledge or competence in that domain relative to objective criteria or to the performance of their peers or of people in general.”
Mooi loop!!

JDKey
- Sr. Member

- Posts: 318
- Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Hier is my take… As ek kyk na my gr 11 dogter se wiskunde en Nas dan is dit 10x moeiliker as toe ek dit in ‘92’ gehad het.
Selfs my seuns se vakke in gr 7 & 5.
Ek dink ons as ouers “druk” die kinders dalk meer om te perform juis omdat ons nooit gedruk was nie. Rede is juis omdat in 92 daar genoeg werk was vir almal. Nou moet jy n uitskieter wees om “in” te kom.
Daar is steeds kinders wat swak punte behaal. Ek glo nie die werk is minder of makliker nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk

Vissie
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Het die standaarde dalk saam die tye verander?
Sê maar dankie aan inklusiwiteit…
Maar tog, ek dink vandag se kinders doen tog beter. As ek na ons gesin se klein kindertjies kyk, doen hulle al veel meer tel, lees en skryf aktiwiteite as toe ons klein was. Ek het in graad 1 leer skryf. Ten minste, dis wat ek onthou. My amper drie jarige dogtertjie begin al met tel, en die alfabet, en kry dit verbasend goed reg! Ek is egter onseker of dit noodwendig ‘n goeie ding is. Waarop mis hulle uit as hulle alreeds hiermee besig is?
‘n Ander ding wat my pla, is die hoeveelheid verskillende dinge waarmee hulle besig is. Selfs ons as grootmense. So baie aan die gang, maar bemeester ons werklik enige iets?
Die lewe raak net eenvoudig te vinnig. Die tempo van verandering is skrikwekkend!

Goeie punt wat jy maak!
Ongelukkig fokus skole op pappegaai werk en nie “common sence” nie. Dis nou juis waar die probleem lê. Kinders word geleer om te te leer, maar ongelukkig nie om te dink of te redeneer nie.
Studente sukkel ongelooflik met redenasie en om 1 en 7 bymekaar te sit. Hulle kan presies al die feite soos in die handboek net so weergee, maar hulle verstaan nie die praktiese toepassing daarvan nie.
Dit is is massiewe verskil in denke en probleem oplossing.
Ek is self ‘n 92 matrikulant, maar ten minste het ons die voorreg gehad om ook te leer dind en redeneer en nie net feite direk uit die handboek weer te gee nie.
Dat vandag se kinders meer onderdruk en slimmer is, virseker!!!
Nou moet ons hulle net leer hoe om te dink en te redeneer.
Problem solving soos die engelsman sou gesê het….

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2202
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Enkele gedagtes:
Sommige vakke vorder kinders deesdae vinniger as in ons dae; bv wiskunde.
En die standaarde het baie geval. Ek het n rukkie gelede gelees dat ons kinders vroeër Grieks en Latyn op hoërskool geleer het; nou moet universiteite kinders leer lees.
Verder word SA se grade en tersiêre toekennings nie maklik meer in die buiteland erken nie. Hoekom ... ?
Dan moet ons nog noem dat die persentasies om deur te kom baie geval het. In Duitsland kort n mens 60% by n gimnasium om Abitur te kry. In SA is 30% nodig, en hoërgraad bestaan nie meer nie.
Dus kry bekwame kinders deesdae 90% waar dieselfde kinders vroeër hard moes werk om 70% te kry.
Anders sit SA met 12-jariges in Gr 3, en 25-jariges in Gr 8.

Ek dink na nie ons moet die wiel try her ontwerp nie. Da het my 11 jarige vanaand vir ons gebraai….. common sense 101. Met guidance verseker. Ouers het n groter rol as ooit te speel.
As jy ”geforce feed word” hetsy akademie/sport ens. gaan dit n gemors uitdraai.
Ons Afrikarers oor die algemeen probeer ons kinders gebalenseerd grootmaak. Akademie, sport, kultuur. Hulle gaan ok uitdraai…. Wel at least myne
Sent from my iPhone using Tapatalk
As jy ”geforce feed word” hetsy akademie/sport ens. gaan dit n gemors uitdraai.
Ons Afrikarers oor die algemeen probeer ons kinders gebalenseerd grootmaak. Akademie, sport, kultuur. Hulle gaan ok uitdraai…. Wel at least myne

Sent from my iPhone using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2958
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Hier is baie opvoedkundiges op forum en kan goeie insig gee.
Skoolhoof-vriend met sy vakke Skeinat en Wiskunde by top skool, my as volg verduidelik op dieselfde vraag.
Om te verseker dat massas ‘n matriek met slaagsyfers so laag as 30%/vak en so min as 40% vir die ander - ignoreer vir gesprek hoeveel 30 of 40’s, slaag. Vereenvoudiging maar dit gee perspektief op die vraag hoe slaag mense met 30-40%/vak en die opmerklike hoë punte van ander. (Dalk het dit sedert 10 jaar gelede al weer verander!)
Verdeel die standaard in 3 vlakke, dus derdes.
Onderste 1/3 van vakstandaard is eenvoudig maklik,
Middel 1/3 vergelyk goed met standaarde soos bekend aan effe ouer mense,
Boonste 1/3 is net so moeilik en selfs meer as die ou bekende hoërgraad vakke, toets steeds jou akademiese sterk kinders.
Soos JD tereg hier noem, lyk vir hom moeiliker as 1992. Gevolglik om dit eenvoudig te hou, die kombinasie van hierdie derdes lig die gemiddelde punte van baie kinders. Die onderste 1/3 punte is amper gratis!
Aspekte wat vir my wel uitstaan, as iemand met ‘n belangstelling in opvoedkunde en na die voorreg om 4 kinders deur skool en universiteit te kon neem, in die algemeen.
1) kinders vandag het meer emosionele volwassenheid teenoor 30/40 jaar gelede,
2) kinders vandag spandeer baie meer tyd voor hulle boeke. Bum time!
Ons het baie meer gespeel! (Ons was dus donners slim!)
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- JacquesvT
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Mon May 22, 2017 6:12 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Wag tot die Hoërskool kom. Dan drop daai punte vinniger as 'n lekke antie se broek.
Sent from my SM-G996B using Tapatalk
Sent from my SM-G996B using Tapatalk
CZ550 LUX 308 met Lynx LX3 5-30 x 56
CZ-P07
CZ-P07
-
Knewel
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Manne ek kan nou nie praat vir wat die standaarde vroeër jare was nie. Ek gee wel Wiskunde en Fisiese Wetenskap(Skeinat), hoërskool en laerskool, ekstra klasse na ure en kan met baie gemak sê ons standaarde is nie naastenby waar dit moet wees nie.
As jy gaan kyk na wat op universiteit vlak verwag word is die gaping astronomies groot wat die inhoud van die werk betref.
Sent from my SM-A750F using Tapatalk

'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 366
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Werk self by ‘n universiteit vanaf 2001, 22 jaar. Ek kan julle verseker ons standaard het geensins geval nie, inteendeel, die onnodige strooi is met behulp van die industrie uit die ciricula gehaal en vervang met industrie ware wêreld inhoud. Die kinders wat aansoek doen met hoë APS is vrek slim en vorder goed. Leertegnieke het 500% verbeter vandat ons kinders was in die 80”s. Antwoorde en oplossings is ook maklikker bekombaar en waar 1 Wetenskap onderwyser jou iets probeer verduidelik het wat jy nie verstaan het nie is daar nou duisende op YOUTUBE wat dieselfde probleem vir jou kan verduidelik totdat jy een kry wat dit verduidelik soos jy dit verstaan. Almal onthou vir William Smith (Seun van JLB Smith) wat Wiskunde so maklik verduidelik het op TV. Wel in die waarheid kan jy nou honderde sulke passievolle tutors kry op die Internet. Ons het onnodige tyd spandeer om te soek na een antwoord waar die kinders dieselfde tyd spandeer om 5 antwoorde te kry. Ek het in Augustus die ESKOM EXPO vir jong wetenskaplikes bygewoon. Die kinders moet self hulle projekte uiteensit en verduidelik. Daar is die wat jy die ouers se hand kan sien en dit is fantasties dat hulle ouers hulle help, net soos kollegas in die werkplek. Dan is daar die kinders wat jou mind blow!
Ja, ons het die kinders nodig van 30% om na die FET Colleges toe te gaan en eendag vir ons ‘n werk te kan lewer wat Google and APS nie vir ons kan doen nie. Dit help nie jy hou ‘n kind in matriek vir 3 jaar totdat hy 50% kry nie. Ek wens ek was een van daai mense wat verstaan hoe ‘n meganiese seël op ‘n pomp werk, of kon ordentelik sweis, maar ongelukkig het ek so hard Merchant of Venice, en Koning van Katoren geleer dat ek nooit daarby uitgekom het nie.
Ja, ons het die kinders nodig van 30% om na die FET Colleges toe te gaan en eendag vir ons ‘n werk te kan lewer wat Google and APS nie vir ons kan doen nie. Dit help nie jy hou ‘n kind in matriek vir 3 jaar totdat hy 50% kry nie. Ek wens ek was een van daai mense wat verstaan hoe ‘n meganiese seël op ‘n pomp werk, of kon ordentelik sweis, maar ongelukkig het ek so hard Merchant of Venice, en Koning van Katoren geleer dat ek nooit daarby uitgekom het nie.
-
Knewel
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Informasie is al om beskikbaar en om probleme op te los mbv verskeie bronne het dinge verbeter. Daar is kinders wat uitnemend presteer en goed doen op universiteit, maar daar is ook dié wat harder moet werk en keuring net haal.
As ek praat van standaarde praat ek van die inhoud van die werk op skoolvlak. Ek help hoeveel kinders wat AD Maths al op skool moet vat, net sodat hulle nie uit sak as hulle ingenieurswese gaan swot nie. Die Fisika is 'n druppel in die emmer van dit op tersiêre vlak is.
Ja, mens kan nie skool en universiteit vergelyk nie maar waarom nie die modules so skryf dat kinders vinniger blootgestel word aan die groter en gevorderde konsepte nie?
Dit word tog in baie ander lande so gedoen.
Intussen help ek maar elkeen 'n kans gee tot sukses op daai vlak. Groetnis
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
As ek praat van standaarde praat ek van die inhoud van die werk op skoolvlak. Ek help hoeveel kinders wat AD Maths al op skool moet vat, net sodat hulle nie uit sak as hulle ingenieurswese gaan swot nie. Die Fisika is 'n druppel in die emmer van dit op tersiêre vlak is.
Ja, mens kan nie skool en universiteit vergelyk nie maar waarom nie die modules so skryf dat kinders vinniger blootgestel word aan die groter en gevorderde konsepte nie?
Dit word tog in baie ander lande so gedoen.
Intussen help ek maar elkeen 'n kans gee tot sukses op daai vlak. Groetnis
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2958
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
@Knewel
“ons standaarde is nie naastenby waar dit moet wees nie.”
Met my eerste lees hiervan, moes ek weer lees vir beter begrip van jou punt. Dit is eintlik nie die OP vraag of bekommernis nie, maar vir my die belangrike 2de aspek van ons skool voorbereiding vir na-skools, hetsy tegniese of akademiese rigting. Dit daar gelaat.
Jou klem is op “WAAR dit moet wees nie”.
Dit verwys nie spesifiek na die moeilikheidsgraad nie, maar na toepaslike(relevant) opvoedkunde waarvan die moeilikheidsgraad/standaarde een aspek is. As ek jou reg verstaan.

@Toxicsox
“Ek wens ek was een van daai mense wat verstaan hoe ‘n meganiese seël op ‘n pomp werk, of kon ordentelik sweis, maar ongelukkig het ek so hard Merchant of Venice, en Koning van Katoren geleer dat ek nooit daarby uitgekom het nie.”
Hierdie is so ‘n belangrike aspek. Ek was gelukkig dat ek in een van die akademiese skole was waar jy die regte kombinasie hoërgraadvakke kon neem (sou jy wou) met as 4de keusevak houtwerk of huishoudkunde.
Soos mens groei en in gesprekke met vriende, veral medici, is vele kere verwys na houtwerk. Fyn motoriese ontwikkeling, gevoel in jou hande ens. Dit is opmerklik hoe baie ouens wat vroeër medies of tandheel gaan swot het, by baie skole houtwerk as 4de vak geneem het. Hoe etlikes van hierdie einste medici tegniese stokperdjies opneem, soos ons hier op Jaracal ook sien. Dink ook aan outydse motors restoureer!
My eie kinders het al telke male opgemerk dat hul pa handig is met sy hande! (Jakkals jakkels prys ….) Ek skryf dit grotendeels toe aan houtwerk op skool.
Dalk is bg. toeval, maar ons is ook ‘n produk van ons omstandighede tesame met die nodige talente. Hoe baie keer het ek al in my lewe mense Toxicsox se wens hoor spreek.
Natuurlik is hierdie veralgemenings en nie ‘n voorvereiste nie, maar daar is ook ‘n waarheid en “relevansie” hieromtrent wanneer ons praat van skoolstandaarde. Vandag het min skole nog hierdie vakkeuse kombinasies. Jammerlik.

Last edited by Lategan1 on Sun Oct 01, 2023 1:30 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Ek is in die onderwys vir 32 jaar en hoof vir 17 daarvan. Die akademiese deel van skool is in die nuwe Suid-Afrika aangepas om beter te presteer as in ons tyd. Daar word deesdae baie meer klem gelê op praktiese assesseringstake as destyds. Dit maak dit baie makliker vir kinders om punte te verdien... Dis in kort die antwoord op jou vraag.
Mooi naweek daar!
Mooi naweek daar!
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 960
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Ek sit met twee seuns in hulle finale jaar op Universiteit in die Ingenieurs/IT Fakulteit.
In hulle laaste jare van skool kon ek hulle glad nie meer help met wiskunde en wetenskap nie; hulle is my kennis vêr vooruit. Ek moet byvoeg ek het glad nie in so veld gaan werk nie en meer as 35 jaar se verroestheid help verseker nie. Desnieteenstaande het ek die indruk gekry dat hulle meer gevorderede aspekte behandel het as wat ons moes hanteer. Daarteenoor mag ons nie sakrekenaars gebruik het nie en die nuwe generasie kon alledaags tegnologie, sakrekenaars en selfs wetenskaplike sakrekenaars gebruik. Dit was vir my 'n baie sinvolle verwikkeling. Ons moes ook belê in bykomstige wiskunde klasse en AD Maths wat hierbo genoem is. Daarsonder is die sprong net te groot na Universiteitsvlak en is daar 'n groot risiko dat die kind met sleepvakke kan sit.
Dit is ook verstommend wat die nuwe generasie van rekenaars en tegnologie weet en hoe hulle dit kan toepas. Ek kon ook sien hoedat hulle vinnig kon opsom watter dosente waardevol was en wie hulle tyd gemors het. Hulle kon sonder huiwering al die inligting of lesse aanlyn kry om die effek van swak dosente uit te skakel.
Daarteenoor is my ervaring dat die nuwe generasie se taalkennis uiters gebrekkig is, veral wat spelling betref. Prokureurs sukkel deesdae om mense aan te stel wat behoorlik kan spel en dokumente is deurspek van spelfoute, ongeag van "Spell checker" sagteware.
Dit wil vir my ook voorkom asof daar 'n oormatige klem is op akademiese en rekenaar rigtings. Ek sê nie dis verkeerd nie, maar tegniese vaardighede skiet beslis tekort. Geen "app" gaan jou voertuig se waterpomp vervang of jou verstopte drein oopmaak nie.
As ek kyk na Savage se eerste plasing, is daar twee dinge wat uitstaan. Die eerste is dat daardie kinders waarna hy verwys nog op Laerskool is waar dit maklik is om te presteer. In die Hoërskool word die skape van die bokke geskei, spesifiek wat die vakke soos wiskunde betref. Sommige neem dan ook die moeilike wiskunde an ander neem wiskundige geletterdheid wat ons sommer wielietjie wiskunde noem. Die tweede aspek wat uitstaan is dat hy noem hulle is in 'n vooraanstaande skool. Gewoonlik plaas die ouers wat in hoër kringe beweeg hulle kinders in sulke skole en die portuurgroep van sulke kinders veroorsaak dikwels dat hulle meeding met mekaar op akademiese vlak. Dit is waarom sommige skole 100% slaagsyfers het en ander 0% slaagsyfers, totdat die Onderwysdepartement later laasgenoemde toemaak.
Ek dink dus die presteerders deesdae is baie slim, hoewel "common sense" soms ontbreek. Gaan stel egter mense aan om vir jou te werk en jy sal gou sien hoeveel dom mense daar buite is en watter dom dinge baie van hulle aanvang.

- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
So sê jy ek was dom toe jy vir my skool gegee het?HeinM wrote: Sat Sep 30, 2023 12:04 pm Ek is in die onderwys vir 32 jaar en hoof vir 17 daarvan. Die akademiese deel van skool is in die nuwe Suid-Afrika aangepas om beter te presteer as in ons tyd. Daar word deesdae baie meer klem gelê op praktiese assesseringstake as destyds. Dit maak dit baie makliker vir kinders om punte te verdien... Dis in kort die antwoord op jou vraag.
Mooi naweek daar!
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Wat ek wel kan sê is dat die nuwe dokters wat uit mediese skool kom, veral die “vooraf benaadeeldes” wie se pa’s tenderpereneurs is, geen, werklik niks praktiese vaardigheid of common sense het nie. 90% het deurgekom oor hulle ou vraestelle kon regurgitate, en hulle kleur en geslag reg is. Dit is vreeswekkend dat daai span my eendag gaan behandel as ek oud is.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 366
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Versigtig nou.Pappabeer wrote: Sun Oct 01, 2023 1:53 am Wat ek wel kan sê is dat die nuwe dokters wat uit mediese skool kom, veral die “vooraf benaadeeldes” wie se pa’s tenderpereneurs is, geen, werklik niks praktiese vaardigheid of common sense het nie. 90% het deurgekom oor hulle ou vraestelle kon regurgitate, en hulle kleur en geslag reg is. Dit is vreeswekkend dat daai span my eendag gaan behandel as ek oud is.
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
In 2019 toe bek en klou in ons omgewing uitgebreek het moes die staats veearts bloed trek by al die bees kuddes hier bo. Die twee staats veeartse wat hier by ons kom beeste bloei het kon nie een by n enkele bees bloed trek nie. So ek kan beaam wat Dewald probeer sê al is die pasiente diere.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Pappabeer wrote: Sun Oct 01, 2023 1:46 amSo sê jy ek was dom toe jy vir my skool gegee het?HeinM wrote: Sat Sep 30, 2023 12:04 pm Ek is in die onderwys vir 32 jaar en hoof vir 17 daarvan. Die akademiese deel van skool is in die nuwe Suid-Afrika aangepas om beter te presteer as in ons tyd. Daar word deesdae baie meer klem gelê op praktiese assesseringstake as destyds. Dit maak dit baie makliker vir kinders om punte te verdien... Dis in kort die antwoord op jou vraag.
Mooi naweek daar!![]()
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?
Ding is, en ek glo dit vas. Jou pa het jou geleer hoe on n stuk hout te saag, n plug te ruil, die grassnyer se lem te vervang, n mes of beitel te slyp etc etc. So van dat jy n kind was het jy motorvaardighede met jou hande geleer. Partykeer kom ek in n teater en ek is verstom om te sien hoe die chirurg tien duime het. Al die boeke en internet kennis , maar boggerol vaardigheid.savage(P Coetzer) wrote: Sun Oct 01, 2023 1:58 pm In 2019 toe bek en klou in ons omgewing uitgebreek het moes die staats veearts bloed trek by al die bees kuddes hier bo. Die twee staats veeartse wat hier by ons kom beeste bloei het kon nie een by n enkele bees bloed trek nie. So ek kan beaam wat Dewald probeer sê al is die pasiente diere.